Klusief; eks- of in-

  • 3

Ek kom Sondag op die stertkant van die program ‘Die Tale Wat Ons Praat’ af en die gas is besig om te kla oor die name Jan en Sannie in kinderleesboekies; dit sou nou nie inklusief genoeg wees nie. Hy noem vreemde name soos Sipho, Donovan en Mohammed; name soos hierdie sou meer inklusief wees.

Is die gas nie bietjie oorsensitief nie?  Per slot van rekening is die leesboekie geskryf deur Jan of Sannie se ma of pa of oom of tannie en hoe dan anders as tipies Afrikaanse name sal hulle nou gebruik?  Ek kan my byvoorbeeld kwalik voorstel dat, sê ’n Tswana-leesboekie vol Zoeloename vir die karaktertjies sou wees.

Buitendien, die name wat die gas in gedagte het is ietwat eksklusief; vreemd vir Afrikaanssprekende kindertjies.  In die Kaap is Mohammed miskien bekend maar dan is daar nog die Vrystaat, voormalige Transvaal, Natal en Namibië.  Indien die gas voel die kindertjies in die Kaap moet ’n eksklusiewe leesboekie kry moet hy maar een skryf maar hy gaan teenkanting kry; die mense is deesdae vreeslik anti-eksklusief.

Jan Rap

 

  • 3

Kommentaar

  • My huishulp se naam is Elsie (dit staan so in haar ID-boek), en haar broer wat my tuin behartig, is Johannes. Hulle het nog 'n ouer broer, Lukas.

    • Nou ja daar het jy dit. Hoekom dan gebelgd voel as Sipho of Donovan nie in die stories verskyn nie?

  • Ek voel g'n gebelgd nie. Een van die mooiste verhale met die mooiste naam in vir my is "Werkstaking by die kleigat", deur Toon van den Heever. Ek dink die boekie waarin dit verskyn, "Gerwe uit die erfgpag van Skoppensboer", sal sekerlik verban wees, en daarom wil ek nie daaruit aanhaal nie. Big Brother met sy Newspeak-wet sal my beslis geelkamertjie toe stuur.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top