Kinderafknouery

  • 0

Ek het Rietha Zondach se brief gelees en toe spring my kinderjare terug in my geheue. Ek was bevoorreg om nooit geboelie te wees op die manier soos haar seun geslaan is nie. Daar was tye toe daar groter en sterker seuns my afgeknou het, maar was die insidente gelukkig maar van korte duur en geen bloed gevloei nie. Ek kan sê dat ek nooit iemand geboelie het nie.

My ouer, groter broer het my ook op 'n stadium wou boelie maar hy het sy veldtog laat vaar. Ek sal nooit vergeet nie, hy het een keer met 'n meisiekjind by die huis aangekom. Hulle was van die "grend" mense in die omgewing. Ek gaan sit toe langs die twee verliefdes en passeer een grote maar sagte wind. Dadelik toe die meisiekind onraad besnuif beskuldig ek toe vir broer. Na die tyd wou hy my vermoor. Ek het hom toe maar herinner aan die boelie/afknou insidente en het hy dit gelukkig onthou. Ons het later kompeteer wie kan wie die ergste poetse bak.

Die insident waarin Rietha se seun betrokke was klink vir my na boewery en grens aan krimineel. Ek kan ongelukkig nie oor hedendaagse insidente praat nie maar ek blameer die ouers vir die kinders se gedrag. Soos jy van die mense/ouers sien tekere gaan by sport byeenkomste en hul algemene gedrag in die openbaar, is dit nie snaaks dat sekere kinders hul met geweld laat geld nie. Ons seun het eendag by die huis aangekom en gekla dat iemand met hom sukkel. My woorde aan hom was, as hy groter en ouer is, sal ek aandag gee, maar andersins moet hy die geskil probeer besleg. Ek ken my kind. Hy is nie bakleierig nie, maar hy laat ook nie op hom trap nie. Die ander kind was seker gewoond daaraan om sy argumente met sy vuiste te probeer besleg.

Ek sal wragtag 'n saak teen die kind, skoolhoof, ouerbeheerraad en die Dept van Onderwys maak, indien my kind deur 'n ander kind aangerand word. As dit nie werk nie, daal ek af tot die vlak van die ander kind en sy ouers en tree dienooreenkomstig op. Iets wat vir my erger is as fisiese geweld is die emosionele aftakeling en bitsigheid waaraan die kinders hulle vandag skuldig maak. Byname is een van die maniere om 'n kind blywende skade te berokken. 'n Bynaam kleef aan jou, en loop saam met jou vir die res van jou lewe.

In my skoolloopbaan was daar twee latte, een kort klein mannetjie en sy maatjie wat groter was, wat met almal loop skoor soek het. Die kleintjie soek moeilikheid en wanneer jy hom wil roer, staan die groter een nader en slaan gewoonlik die slagoffer. Dit het vir lank aangehou totdat hulle een dag met so maer seningrige ou begin sukkel het. Al wat hy gedoen het was om albei van hulle 'n moerse pak slae te belowe en dit het dadelik opgehou.

Ek het regtig nie raad vir iemand wat deesdae kinders moet grootmaak nie. Ek is van die geslag dat 'n kind regte gehad het, en die regte wat ek gehad was, "you have the right to keep silent/quiet whatever you say will be held against you".

Sterkte mevrou Zondach.

Reusedwerg

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top