Khoisan Seënwens
So dra die joggem – lang – asem hier op die R27
vanaf die Kaap verby Blouberg se strand in sy
môrerooi met ’n klontjie suiker my na ’n Weskustuis.
Sewe – en – twintig maande met klippies teen die vensterglas
’n morsekode in tyd aan jou – wag vir my – is jy nog myne?
Deur ogiesdraad sif ons, onse liefde in ’n aangeflansde mosaïekpatroon maar soos die sterrespan se tas
vir die oomblik nog ver verwyderd.
Jy, ’n seepêrel om my nek gesnoer binne deurwinterde kabouterliefde bevind ons ons in ’n onvoltooide laatnag feëverhaal my kindergebedsoond – waar ek glo jy is nog myne.
Die hemel gooi sy sterre en drapeer dit in ’n engelekleed
oor die Hantam – Bokkeveld se nag my eva – voet se spore trap sag, dit dra in elke tree ’n gedagte net van jou.
My liefde ’n dorsplek binne die Jahweh van die
Gannasbos en so versier ek aan jou innie lappie
van my stilte ons tuiste met tapyte vol geel daisies.
Tussen boek en sagteblad droë ’n Kaapse – vergeet – my – nie
en in antennetaal word my geskryfde woord deur ’n
bergpatrys op ’n kabelgram na jou gedra.
![]() |




Kommentaar
Wat is 'n Joggem-lang-asem?