Alle belangstellendes word uitgenooi na die Geskiedeniskommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium op Vrydag 29 Januarie 2021 om 09:00 tot 12:30 wat virtueel aangebied gaan word. Vanjaar se tema is: "Kommunisme in Suid-Afrika: Verlede, verloop, vandag, 1921–2021". Bywoning is gratis.
Skakel hier in om vir die simposium te registreer: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_A4iPkqxIRqu7ifa0A9EpDw
Na registrasie sal jy ’n unieke skakel per e-pos ontvang wat jy op 29 Januarie om 09:00 kan gebruik om by die simposium aan te sluit. Die skakel is uniek en kan dus nie aangestuur word nie.
Die sprekers is:
- Wessel Visser, Dept Geskiedenis, Universiteit Stellenbosch
- Irina Filatowa, National Research University, Higher School of Economics, Moskou
- Dirk Kotzé, Dept Politieke Wetenskap, Unisa
- Ruhan Fourie, Internasionale Studies Groep, Universteit van die Vrystaat
- Andries Bezuidenhout, Dept Ontwikkelingstudies, Universiteit Fort Hare
- Leopold Scholtz, Buitengewone Hoogleraar, Fokusgroep Sosiale Transformasie, Noordwes-Universiteit
Kommentaar
Ek stel geweldig belang in die ontwikkeling van Marx en Engels se idees deur eers Lenin, toe Stalin, toe Mao dwarsdeur na die Duitse Demokratiese Republiek en die gevolge daarvan. Interessant is ook die offensief van Sjina in die verband.