Jy
Jy was volmaak in jou gebrek,
draai die sleutel, gaan oop die hek.
Jou glimlag is breed, my hart oornag in joune vergeet.
Jou asem verdiep, jou vriendskap verniet,
dis die laaste keer wat ons konneksie sal biep.
Dorre droë land, galbraak suurklip sand,
en ek vra haar onverskrokke vir die reg op haar hand.
Met stip skrefies oë staar sy my aan,
en dis die dat ek besef: “man, gaan gly op ’n baan”,
want wat ek hier doen gaan ek nie eendag kan raam.
Nou maar ja, dit gesê, sy’t nie weer saam my lepel gelê.
Olyfboer gevang; dis seker wat sy nog altyd wou hê.
“Baie bly vir jou”, dis al wat ek kan sê.
En die hartseer van die eiesoortige gedagte,
is dat nie ek of jy is opreg by magte,
om iemand te kry om anders te dink,
oor ’n troudag saam en ’n huwelik wat wink.
So wat is die essensie van die klinkende storie,
gee haar ’n love potion, sal dit haar’ie toor’ie?
Nee my broer, nee my suster,
kom ons almal wees rustig, kom ons almal dink nugter.
Jy’t onverskrokke in die lewe gekom,
met ’n gejubel en gejuig, en bene wat staat krom.
Jy’s gemaak vir soveel meer, God seën jou, dit het jy geleer.
Wie kan jou keer?
Tog net jy met die ongenaakbare seer.
Niemand kry die blaam … dis uiteraard tyd om te laat gaan ...
![]() |



