Ek is ‘n onderwyseres en het die volgende in 'n brief van 'n bekommerde ouer ontvang. Sy hou vol dat dit nie korrek is om "juffrou" as onderwyseres te gebruik nie. Tog is dit die manier waarop onderwyseresse by skole aangespreek word. Die kinders sê nie: "Onderwyseres help my asseblief nie." Hulle sal sê: "Juffrou ..." Die ouer het beslis 'n probleem aangesien sy alles as seksisties beskou. Die skoolhoof (ek is by 'n Engelse skool) wil graag saam met hierdie ouer stem. Ek sal graag van die polities-korrektes en taalkundiges wil weet of ek verkeerd is of nie.
"I have raised the issue of sexist language in teaching at MGPS before in the odd hand-written note to the teacher concerned. I recall once meeting a grade 4 teacher about the translation of “juffrou” as teacher, and not as “miss/ unmarried woman”, equating teachers with young women. Although a dictionary entry did give the juffrou-teacher translation, I would argue that the dictionary is not correct and perhaps an alternate dictionary should be used."
Taalgroete
Loraine Meyer


Kommentaar
Beste Teacher,
Ek kwalifiseer nie as 'n "polities-korrekte" of taalkundige nie.
Maar, ek dink tog as jy rustig agteroor gaan sit en logies daaroor nadink, jy hierdie ouer se punt sal insien.
Dis gewis verwarrend om die woord "teacher", met 'n bepaalde seksualiteit te klee (...derhalwe is die Ingelse deurmekaar genoeg, nes dit is).
My pa was sy lewe lank 'n "teacher", my broer 'n skoolhoof; hoe op aarde kan/kon hulle, of enige hul van manlike kollegas, hulself ooit as 'n "juffrou" in die spieël kyk?
In Ingels is 'n manlike teacher, 'n "Sir", wyl 'n vroulike teacher, 'n "Miss" is (near or far - it doesn't matter).
In gewone Afrikaans is 'n "teacher", 'n onderwyser; manlik, 'n Meneer - vroulik, 'n Juffrou... al is sy getroud.
Die woordeboek ter sprake is dus nie verkeerd nie - net onvolledig.
Juffrou Meyer, ek dink tog jou jy kan skoolhoof Maandag met jou volle ondersteuning, dog sonder enige oorgawe, gaan verras!
Boeregroete,
Cornelius
Nee, jy's heeltemal van koers af, Loraine, en dit is nie kinders nie, maar "leerders." En jy is 'n opvoeder, nie 'n onderwyseres of juffrou nie.
In die konteks waarin "Juffrou" gebruik is - het dit na 'n vroulike opvoeder (Bianvds) verwys.
Ja, ek was bloot besig om sarkasties te wees - en nie teenoor jou nie. 🙂