Jonglesersindruk: Karre en kroeks deur David Walliams (vertaal deur Kobus Geldenhuys)

  • 0

“Pa se kar tref die grond weer met ’n harde slag. BAA … en breek in stukke. Nee, Pa, nee, skree Frank, vanwaar hy op die berg wrakke sit. Onder op die resiesbaan is daar ’n groot kettingbotsing, want die karre kan nie betyds uitswenk of stop nie. Bots, boem, dwa! Jy hoor net metaal tref en glas wat breek.”

Hierdie is ’n aanhaling uit Karre en kroeks, 'n vertaling van David Walliams se Bad dad wat ek die vakansie gelees het. Ek het al baie van David Walliams se boeke gelees, in Engels en in Afrikaans. Ek het die meeste van The demon dentist se vertaling, Die tandeterroris gehou. 

Karre en kroeks se storie

Die storie van Karre en kroeks gaan oor Frank se pa wat ’n kampioenstampkarrenjaer was. Hy het bekend gestaan as Gilbert die Grote. Eendag was daar ’n ongeluk. Waar hy voorheen ’n toprenjaer was, is hy nou ’n floprenjaer. Hy het seergekry en kon nie wettige werk kry nie. En toe doen hy die verkeerde ding … Dit het ook Frank se lewe beïnvloed.

Oor die skrywer, David Walliams: het ek hier gaan lees:

Oor David

“As you’re here, taking a peek into The World of David Walliams, chances are you already know what a brilliant author he is. In fact we’re willing to bet that he might even have written one of your most favourite books ever. But did you know that he’s the biggest selling children’s author to have started writing since the year 2000? Not only that, you can also read his books in over fifty-three languages, and he’s sold over twenty-six million worldwide! That’s a whole lot of kids, just like you, laughing their pants off around the world.”

Die vertaler en die vertaling

Ek het Bad dad gelees voordat ek Karre en kroeks gelees het. Die boek is vir my goed vertaal. Hier en daar het ek gedink hoe moeilik  dit is om sekere goed met die regte woorde te vertaal. Frank se pa noem hom byvoorbeeld “mate” en in Afrikaans vertaal Kobus Geldenhuys dit met “mater”. Maar ’n meer gepaste vertaling, dink ek, sou wees “ou pêl” of so iets. Sekere goed wat in die boek gebeur, herinner mens daaraan dat die boek nie in Suid-Afrika afspeel nie. Frank en sy pa gaan eet “pastei en kapokaartappel”, wat mens gewoonlik in Engeland sal eet. Maar dit maak dit amper nog interessanter om dit in Afrikaans te lees. Dis vir my lekker om die boek in Afrikaans te kon lees. Ek het ook ander boeke in tale wat ek nie kan praat nie, soos Die klein kaptein wat in Nederlands geskryf is, in Afrikaans geniet.

  • Johannes Meyer is twaalf jaar oud en in Laerskool Stellenbosch.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top