Ek kyk nou die dag die laaste stukkie raak van ’n onderhoud wat Johnré voer met ’n vroulike atletiekafrigter (mooi meisie). Sy slotvraag aan haar was of sy nie jammer is dat sy destyds, weens apartheid, nie aan internasionale atletiek kon deelneem nie.
Wat kon die arme meisie nou sê? Dis nasionale TV en natuurlik sê sy ja sy’s spyt sy was daarvan weerhou om internasionaal te kompeteer.
Onregverdige en simpel vraag; wat sou Johnré gedoen het as die meisie anders geantwoord het? As sy byvoorbeeld gesê het: “Ja wel daardie tyd was ek teleurgesteld, wie sou nie wees nie maar as mens die koste vir deelname aan internasionale sport in aanmerking neem – die wegholmisdaad, die slaggate in die paaie, die agteruitgang van die dorpe, die daaglikse opstande, die rou riool in die riviere, die val van die rand, die chaos in hospitale, die munisipaliteite en die staatsdiens, die emigreer van honderdduisende van ons beste mense, die verdwyning, eintlik vernietiging, van ons Afrikaanse universiteite, die agteruitgang van onderwys en die heksejag en agteruitgang van Afrikaans besef ek daardie destydse teleurstelling is niks in vergelyking met die teleurstelling in wat ons vandag beleef nie.”
Hè? Wat sou hy gesê het?
Jan Rap


Kommentaar
ʼn Mens kon dié Johnré geteer en geveer het, maar in die hele RSA is daar nie iemand met so ʼn naam nie.
Hy sou aan die "huff and puff" gegaan het met 'n goed-geoefende vals vertoning van skok, wel wetende dat die spyker se kop tuit.
Duitswester
'n Mens is nooit te oud om te leer nie. Ek is elke keer tot stomheid geslaan. Die stelsel van Apartheid is in 1994 met 'n moerse gejuig dood en begrawe. Ek verwonder my elke keer aan mense wat apartheid onthou. Dit laat my dink aan die Zimbabwiese oorlogveterane wat na 1980 gebore is. Lyk my ons het nou dieselfde situasie van vryheidsvegters wat na 1994 gebore is.