Job 1, Kaapse Vetaling
1 Daa was ’n man in die land van Us, sy naam was Job. Daai man was sonne fout en opreg, hy was bang vi Got en was tien alles is wat godeloos is. 2 Job was die pa van siewe seuns en drie dogtes. 3 Sy skape was oek siewe duisend, en hy’t drie duisend kamele gehad, en ’n duisend bieste, en vyf honnerd donkies en baie slawe in sy huishouding gehad. Hy was die rykste man van al die mense in die Ooste.
4 Job se seuns het gehou van party hou, en elkeen het ’n dag gekry wat hy op geparty het, en dan het hulle drie sustes invites gestuu om saam met hulle te kô drink en te iet en party te hou.
5 Wanner die party verby was dan het Job vi sy kinners lat wiet dat hulle moet hulle self skoon maak. Hy het vroeg opgestan en hy’t vi elke kind ’n brand-offe gevat, van hy het dit soe gevat, Miskien het my kinnes sonde gedoen en vi Got vevloek. Job het dit altyd gedoen wanne daa ’n party was.
Satan praat met die Jirrie
6 Nou eendag het die seuns van Got voo die Jirre kô staan, en Satan was oek daa. 7 En die Jirre vra vi Satan, “Van waa af kô djy nou?”
Satan sê toe vi die Jirre ek het op die aarde in die ronte gegan.”
8 Toe sê die Jirre vi Satan, “Wat dink djy van my dienaar, Job? Daa is niemand in die wêreld soes hy nie. Hy’s ’n man sonne foute, ’n opregte man, ’n man wat bang is vi Got, en wat tien alles staan wat godeloos is?”
9 Toe antwoort Satan die JIrre en sê, “Is Job rêrig bangerig vi Got oo niks?
10 Het U nie ’n heining om Job, om sy huishouding en om alles wat hy het gesittie?
U het mos lat dinge goed met hom gegan het met alles wat hy gedoen het,
hy het ryk gewôt. 11 Maa as iets nou moet gebee met dit wat hy het dan gat hy
U vevloek in U se gesig in.”
12 En die Jirre sê toe vi Satan, “Djy kan maa ienige iets doen met die goed wat Job het,
maa djy mag niks an hom doenie.”
En soe het Satan toe weg van die Jirre af gegan.
Job Veloo Sy Besittings en Kinnes
13 Eendag het die kinnes van Job wee geparty by die oudste broe se huis.
14 ’n Slaaf het by Job gekô en gesê, “Die slawe en die bieste het geploeg,
en die donkies het daa naby gewei, 15 toe kô die Sabeërs skielik daa’an
en roof allie donkies en die bieste en vat hulle daa weg.
Hulle het die slawe met die sward doodgemaak,
dis net ek wat weg gekommit om vi jou te kô sê wat daa angegan het.”
16 Toe die slaaf nog biesag was om te praat toe kô daa nog ’n slaaf by Job an en hy sê toe,
“Die vuu van Got het uittie hiemel uitgeval en het allie skape
en die slawe wat by hulle was doodgeslat,
dis net ek wat wegekommit om dit vi jou te kô vetel.”
17 Tewyl die slaaf nog gepraat het, het daa nog ’n slaaf by Job angekô en vi hom gesê,
“Die Galdeërs het in drie groepe daa angekô,
hulle het die kamele geroof en hulle daa weg gevat,
ja en hulle het oek die slawe wat daa was met die swaard doodgemaak.
Dis net ek wat weg gekommit om dit vi jou te vetel.”
18 Tewyl die slaaf nog gepraat het, het daa nog ’n slaaf by Job angekô en vi hom gesê,
“Jou seuns en dogtes het geparty by hulle oudste broe se huis,
19 daa het ieweskielik ’n groot en stêk wind uit die woestyn uit gekô en die huis omgewaai.
Die vie mure van die huis het op die kinnes geval,
en amal van hulle is dood, dis net ek wat weg gekommit om vi jou te kô sê.”
20 Job het daa opgestan, sy klere afgeskeu en sy hare alles afgeskee.
Hy’t nee geval en sy gesig tien die grond gedruk, 21 en hy’t gesê,
“Kaal het ek uit my ma se baar uitgekô, en kaal sal ek trug gan.
Die Jirre het gegie, en die Jirre het weg gevat.
Ek prys die naam van die Jirre.”
22 Tewyl dit alles gebeerit het Job nie gesondigie, en hy’t oekie gesê dat Got iets vekeet gedoen hettie.