Noem my ’n “joiner”, ’n meeloper of ’n slapgat, ek lees goedkoop klassieke Engelse boeke vanuit die hospice-boekwinkel met die wete my geld gaan vir ’n goeie doel. Die tipe enkele Afrikaanse boeke op die rakke, sal jy nie eens lees nie. Verder, dis lekker om Kipling of ’n Tolstoy vir R20 te koop of selfs ’n bundel van Shakespeare (nie dat ek regtig sal wil nie). Hoekom koop ek daar? Ek gaar nie meer op nie en dra dit terug as ’n donasie volgende keer. Alhoewel ek nie tiendes aan ’n kerk gee nie, gee ek tog terug aan die gemeenskap op ’n plek waar dit tel, net voor die houtkas. Glo my, die terminale kankerpasiënte in die tuin herinner my altyd aan hoeveel ek nog het om oor dankbaar te wees. Dan kla ek terselfdertyd minder, want ek het ’n bydrae in die “hemel” gemaak? Nie vir “mevrou dominee” se gemak voor die res nie. Dit het niks met my lojaliteit oor taal te make nie.
Hans Richardt

