
Digby God rus ek,
veilig opgekrul in
die stil skulp van sy oor.
Blink-silwer plotseling
die grys lood van die baai:
alchemie van God.
Op die sinkdak ruis die reën.
in my dors hart
drup-drup sy seën.
Die son breek die water
in duisend skerwe –
kaleidoskoop van God.
Vraagtekenende fyn varing
krul oop, vingerpunt
wat wenk na God.
Noordewind bring reën,
koud stoot die suidewind.
Die Gees waai waar hy wil.
Hoog in die droë boom
Sit die langstert-suikerbek.
God sien hom raak.


