Die tandekry-pyn krul jou agteroor van
Stuipende woede. Nes die moedelose kwaad
As jou ruggie knak en die kruip
Maar net nie wil kom nie.
Maar in jou kort bestaan groet jy seerkry
Lig geweeg met die laggies op jou bekkie
Wat jy van dag een, skoon verspot uitdeel
Waar jy vreesloos en wilderig grootoog in jou kot speel; tot
Die lag wat jy het as dominee die boodskap
Gee en druppels op jou voorkop vee.
Die stadiums, soos die kruip sal kom,
En soos die eerste tande, gaan.
Mag die glimlagge van jou selfs na die kot
Deur Gods genade bly bestaan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.