Is jy in graad 7 en moet jy jou Afrikaans nou blitsig onder die knie kry voor die eindeksamen? LitNet kan jou help met hierdie gratis oefenvraestelle en memorandums vir vraestel 1, 2 en 3.
Is jy in graad 7 en moet jy jou Afrikaans nou blitsig onder die knie kry voor die eindeksamen? LitNet kan jou help met hierdie gratis oefenvraestelle en memorandums vir vraestel 1, 2 en 3.
Kommentaar
Goeie dag, ek is Desiree Bloem. Ek is ’n graad 7 onderwyseres aan Beacon Primêre Skool in Kimberley Noord-Kaap. Ons skool se leerders het ’n baie groot sosio-ekonomiese agterstand en 90% van hulle is afhanklik van n SASSA-toelaag. Ek sal dit baie waardeer as ek vir hulle ekstra oefeninge kan aflaai van LitNet af. Ek is ook ’n ouer van n graad 12 leerder aan Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley.
Desiree. Al die oefeninge en vraestelle op ons ruimte is gratis. Laai hulle af en gebruik hulle soos nodig. Ons dateer gereeld ons databank op, soos die vraestelle inkom.
Aan wie dit mag gaan, my naam is Johan Dexter van George my seun is in graad 7 en het Afrikaans gepluk die kwartaal as dit moontlik is as iemand my net kan riglyne gee waar ek dalk laas kwartaal se vraestelle kan aflaai groot asb.
Goeiedag! Hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Klik op 'n skakel om die vraestel of memo gratis in PDF-formaat af te laai. Groete, die LitNet-redaksie
Goeie naand
Ek is n onderwyser by 'n multi-graad skool in 'n landelike gebied in die Noord-Kaap.Het talle ander administratiewe verpligtinge en kom nie by alles uit nie. Ek het dringend Afrikaans Huistaal Vraestelle nodig.
https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Loer gerus onder elke graad. Ons plaas ook getrou nuwe inhoud.
Goeie dag
Baie dankie vir die ekstra oefenvraestelle in Afrikaans wat ek kon aflaai en in my graad 7-klas kan gebruik. Dit verlig my taak grootliks
https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Klik gerus op Graad 7!
Hi, ek soek asb al die vraestelle vir termyn 1 en 2, graad 7.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat vir graad 7's op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/#graad7. Dit is ingedeel volgens vakgebied. Blaai gerus daardeur om te sien of jy kry waarna jy op soek is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Hello, my naam is Owen in graad 7, ek soek asb die eienskappe van die 7 soorte kortverhale. Kan iemand my asb help.
Goeiedag en dankie vir jou navraag. Om navorsing te doen vir jou literêre-navorsingstaak, het ons onlangs 'n artikel geplaas: https://www.litnet.co.za/die-literere-navorsingstaak-vir-afrikaans-huistaal-graad-4-9/. Volg hierdie wenke en vra vir jou onderwyser of sy/hy raad het ten opsigte van bronne waar jy die navorsing kan naslaan. Hier is ook 'n indeks van vraestelle wat jou kan help om ander hersiening vir die res van jou vakke te doen: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Voorspoed met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Kan iemand vir my sê waar kry ek dit.
Hallo! Dankie vir die navraag. As jy op soek is na oefenvraestelle om met eksamenvoorbereiding te help, is hier raad. Hier is 'n skakel na die indeks op LitNet waar al die vraestelle op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Dit word spesiaal deur vakkundiges vir LitNet opgestel. Ons brei dit voortdurend uit en voeg so gereeld moontlik nuwe vraestelle by as dit nog nie daar is nie. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Gebruik dus gerus die vraestelle om met voorbereiding te help. Voorspoed daarmee! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek is 'n graad 7 Afrikaans Huistaal-onderwyser. Het julle visuele tekste wat spesifiek met rigting te doen het, asseblief.
Hallo, en ek wens ons kon help, maar ons bied oefenvraestelle wat meer in die algemeen kan help met voorbereiding. Jy kan die vraestelle hier aflaai: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is die indeks waar al LitNet se vraestelle op een plek bymekaar is. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Rol deur die lys om te sien wat alles daar beskikbaar is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereidings en met die eksamen, hoop dit kan help! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder