Gilgamesh, 'n blinde sien met sy stok nes die res van ons ...

  • 1

Hallo Gilgamesh,

Dankie vir jou gesels die afgelope ruk.

'n Gedagte wat daaruit vir my ontstaan het, is veral ons hunkering na sekerheid in die lewe. Dit het min te doen met geloof of ongeloof want op die ou end hang elkeen maar aan die sekerheid wat daaruit ge-"cherry-pick" word.

Alhoewel ons intellek gedurig verlang na sekerheid, word ons harte bekoor deur onsekerheid.

'n Oortuigde skeptiese beskouing is in werklikheid die mees onseker een.

Daar kom 'n tyd in die lewe wat elke kinderhart 'n terugblik op die lewe ervaar. Miskien is dit die drumpel van volwassenheid.

'n Jong seun wandel deur die strate van sy jeug en wonder oor die toekoms en die merk wat hy daarop wil laat. Ambisie en afkeur ontwaak gelyk in sy kinderhart. Heel onverwags oorval nuwe gedagtes die seun. Hy steek vas onder 'n boom en wag 'n oomblik asof daar 'n stem gaan wees wat sy naam uitroep. Spoke van herinnering kruip op in sy bewussyn. Stemme buite homself fluister 'n boodskap om sy beperkinge daarin oor te dra. Sy sekerheid verander meteens in onsekerheid. Net daar swaai 'n deur in die lewe vir hom oop. Vir die eerste keer sien hy hoe ontelbare figure van manne in 'n prosessie voor hom uit marsjeer wat nes hy uit niks ontwaak het, hul lewe gelewe het, en toe weer in die niet verdwyn het. Die hartseer van ons gesofistikeerdheid oorval die jong seun. Met 'n snak sien hy homself meteens soos 'n droë blaar in die straat af dartel in die wind. Net daar besef hy vir die eerste keer dat ten spyte van al die sekerheid wat sy leermeesters aan hom wou oordra, hy in onsekerheid sal lewe en sterwe soos iets wat op die wind weggevoer sal word; iets wat soos gras sal verwelk ...

Om skuiling in wette te soek (natuur of regte), skep uiteindelik 'n meerderwaardige waan waarin jy op ander kan neersien. Mense mislei hulself daarin dat hulle dalk beter kan wees as die wat hulle daarmee kan veroordeel.

Om jou lewe met wette te orden is blote skyn om sekerheid uit onsekerheid te probeer skep. Wette maak nie vry nie; dit gee net die mag om ander daarmee te kan beskuldig en aankla.

Anders as wat jy sou dink, is ek afhanklik aan die onsekerheid wat godsdiens aan ons verstand kan bring.

Dis soos Bertrand Russel geseg het:

“Some care is needed in using Descartes' argument. "I think, therefore I am" says rather more than is strictly certain. It might seem as though we are quite sure of being the same person to-day as we were yesterday, and this is no doubt true in some sense. But the real Self is as hard to arrive at as the real table, and does not seem to have that absolute, convincing certainty that belongs to particular experiences.”

Daar is geen waarborg in die lewe nie. As ons nie kanse in ons onsekerheid vat nie, dan is ons steeds op die eerste vlak van evolusie toe ons nog sterte en baie hare gehad het. Niks na waarde word inderdaad uit sekerheid gebore nie.

Gilgamesh, ek nooi jou om onsekerheid in jou verhouding met iemand te omarm, dis romanse; geestelike onsekerheid, dis misterie; onsekerheid in jou arbeid, dis bestemming; emosionele onsekerheid, dis vreugde; intellektuele onsekerheid, dis 'n openbaring ...

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Ekke

  • 1

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jy het heelwat meer moed as ek om Bertrand Russell aan te haal. Ek gaan egter ook probeer en hoop nie ek verdraai sy filosofie te erg nie. In hoofstuk 2 (The Existence of Matter) van The Problems of Philosophy verduidelik Russell dat Cogito, ergo sum kan lei tot solipsisme:

    "In one sense it must be admitted that we can never prove the existence of things other than ourselves and our experiences. No logical absurdity results from the hypothsis that the world consists of myself and my thoughts and feelings and sensations, and that everything else is mere fancy."

    Ons is aan die einde van die dag afhanklik van wat hy noem instinctive beliefs. "[B]y organizing our instinctive beliefs and their consequences, by considering which among them is most possible, if necessary, to modify or abandon, we can arrive, on the basis of accepting as our sole data what we instinctively believe, at an orderly systematic organization of our knowledge, in which, though the possibility of error remains, its likelihood is diminished by the interrelation of the parts and by the critical scrutiny which has preceded acquiescence."

    Descartes aan die ander kant neem homself voor om net te aanvaar wat hy beskryf as "clear and distinct ideas". Om solipsisme te vermy bied hy 'n ontologiese argument/bewys aan vir God wat hom nie sal bedrieg oor die bestaan van 'n materiële wêreld buite sy sintuie. Die oorgrote meerderheid van filosowe is van mening dat Descartes se ontologiese argument nie doen wat hy wil hê dit moet. 'n Aandrang op absolute sekerheid wanneer afhanklik aan die bestaan van God kan lei tot radikale solipsisme indien bewyse vir God onsuksesvol is.

    Alhoewel die ontologiese argument van Descartes nie deel vorm van Russell se argument, dink ek nie dis onredelik om te aanvaar dat d?e wel in die agtergrond daarvan is nie. Mens moet seker ook in gedagte hou dat waarna ons albei verwys slegs deel is van 'n breër argument/ondersoek oor die vermoë van filosofie om epistemologiese antwoorde te verskaf. Tog dink ek dat die slot paragraaf van die boek min of meer die antwoord verskaf:

    "Thus, to sum up our discussion of the value of philosophy; Philosophy is to be studied, not for the sake of any definite answers to its questions since no definite answers can, as a rule, be known to be true, but rather for the sake of the questions themselves; because these questions enlarge our conception of what is possible, enrich our intellectual imagination and diminish the dogmatic assurance which closes the mind against speculation; but above all because, through the greatness of the universe which philosophy contemplates, the mind also is rendered great, and becomes capable of that union with the universe which constitutes its highest good."

    In die lig hiervan kan ek nie met jou saamstem dat ek iets aanvaar of omarm waarvoor en slegs vrae het, maar geen antwoorde nie. Ek beskou die onsekerheid van die lewe nie as bedreiging nie, maar eerder gepas in ag geneem die immensiteit van die heelal. Ek stem heeltemal saam met jou dat die wat natuurwette gebruik om vanaf 'n posisie van meerderwaardigheid neer te kyk op ander berispe moet word. 'n Dosis van Bertrand Russell word sterk aanbeveel. Dankie vir jou brief. Chris.

    NS. Wouter en veral Johannes het maande terug die werk van Bertrand Russell bespreek. Ek is seker jy sal dit ook waardeer as hulle insae gee oor waar ek Russell dalk verkeerd verstaan.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top