"Geslote gedagtes" deur André Terblanche

  • 0

Geslote gedagtes

Die lewe is ’n sprokie
’n gedagte sonder wysheid
’n Droom van harmonie
wat skadu soek by leë gedagtes
Omvou my met liefde soos ’n kind
Berus my siel met dade sonder woord

REFREIN:
Jy is die lig
my sonskyn in die duisternis
Die een, ja, die een gemaak vir my
My diamant, ongeslyp
My hart is reeds uitgebuit
van lewe sonder jou aan my sy

Elke dag is ’n ilusie van die werklikheid
’n Visioen van vrede sonder ’n drang na onsekerheid
Ek wonder soms waarheen moet ek vlug
Weg van die duisternis of nader aan die lig?

REFREIN

Daar is ’n tyd van waarheid, regeer deur ’n woord van eerlikheid
maar soos gewoonlik is dit net te moeilik om te tree tot die besluit
Want sonder jou is liefde net ’n lied
’n dowwe swanesang wat jou hand in myne verbied

BRUG:
Maar soos siel sonder vlees
verswak jy my gees
Jou liefde my geheim onthul
die L-woord, my bitterpil

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top