As ek ’n aggressiewe histeriese bipolêre vrou wat my slaan, ’n klap gee, is ek gemors en toegesluit. Of ek nou onskuldig bevind was, ek bly n “vroueslaner”. Sy kry nooit diè etiket van manslaner of gesinsgeweldenaar nie, alhoewel sy ’n buite-egtelike kind gehad het. Toe sy sê sy wil die pa huis toe bring, het ek haar ’n tas gegee, ’n vloermoer gegooi en gesê om te fokkof. Suid-Afrika is ’n onbillike samelewing met vroue wat aan die top van die “voedselketting” is. In my hart is ek bevry van ’n skisofreen, wie na 11jaar se egskeiding, nog op my fikseer, as oorsaak van alles wat verkeerd is in haar lewe. Ek dink dis blatante kak dat daar elke jaar tyd en politiek aan vroue afgestaan word en politieke aktiviste munt slaan uit ’n moerse skewe sosiale politieke wetlike situasie. Die saak met alle SA-vroue is, hul ry gemaklik saam op hierdie orkeswa en skreeu almal hoera saam. Almal preek hoe groot christene hul is, maar daar is nie enige christelike vergifnis vir my wat ’n klap gegee vir ’n mal histeriese vrou nie. Ek dink niks van geloof of SA-vroue nie. Ek het nie empatie of simpatie nie en doen my werk meganies, as dit by vroue kom. ’n SA-vrou is soos ’n troetel-mamba. My budgies wat nie wil broei nie, hierdie jaar, gee my baie meer plesier om na hul sosiale lewe te kyk deur my slaapkamervenster. Al die “toetsies” van SA-vroue is ongevraagd en blatante kak en ek dink niks van slaag of nie. Ek het ’n besluit gemaak, sluit ek my lewe af as ’n ou man op my eie eiland, ten minste is dit my eie eiland sonder bipolêre skisofrenie van ’n vrou. Ek dink hier is ’n ander man wat van tyd-tot-tyd sy hartseer verbloem in skewe emosie op LitNet. Ek hoef nie meer my trane trots te sluk nie, want ek het nie meer onderdrukte hartseer nie. Ek ken egter die bekende tekens gou uit en kan ’n sagte uitgang maak. Vir my is daar nie hoop van ’n maat nie, ek is te lui om deur kak van “soek” te gaan. Ek sal nie meer “jagter” speel of geld mors op ’n vrou nie. Ek is nie bitter nie, ek is gatvol. My stokperdjies gee my konstruktiewe plesier. Liefde is ’n glimmering op ’n warm dag in die woestyn, meeste dink dat geykte gewoontes en gebruike “liefde” is. Ek dink almal jaag die mirage in die woestyn en dink hul is verlief, terwyl hul eintlik net horribaal jags is. Te oneerlik om hul eie fisiese behoeftes te erken. Baie is net blatant oneerlik. Wel, ek dink dis beter om met integriteit te leef en in die houtkas gebêre te word, as om met “respek” van “samelewing” te leef. Dinge loop altyd skeef sodra man eerlik is met ’n vrou. Ek dink geen SA-vrou verdien meer koloniale etiket nie net bloot op grond van voorkoms nie, synde hul nou my wetlike politiek-sosiale meerdere in SA is.
Hans Richardt

