"Genadendal" deur Francois Bloemhof

  • 0

Genadendal

Ek het alles gehad wat nodig is
Nie een besitting wat oorbodig is
My tekkies en tentjie en jy
Jy was al ’n jaar aan my sy
Op pad
Op pad na Genadendal
Ek ’n swerwer wat nêrens tot rus wou kom
Jy die meisie wat net wou vergeet van hóm
En my enigste rigting was jy
Jy, tot reg aan die einde by my
So saam
Op pad na Genadendal
Op soveel plekke was ons al

Koor:

Sonder goed en sonder sorge
Wie steur hom vandag aan môre
Maar wie weet waar die wind ons waai
My môre was net om die draai
Ek wou jou altyd by my hê
Te lank gewag om dit te sê
Ek wou wes en jy moes oos
Gelukkig en genadeloos
Geen vrae nie
En geen genade nie

Ek het iemand gevind wat my verstaan
Met duim en rugsak sou ons ver kon gaan
En my hele toekoms was jy
Dis hoe dit vir altyd sou bly
Op pad
Op pad na Genadendal
Toe, die oomblik waarin jy vir my vertel
By McGregor het jy weer vir hóm gebel
Ons het so ver gekom, ek en jy
Maar toe gaan jy terug sonder my
Net ek
Net ek op Genadendal
Gelyk die pad, maar swaar die val

Koor:

Sonder goed en sonder sorge
Wie steur hom vandag aan môre
Maar wie weet waar die wind ons waai
My môre was net om die draai
Ek wou jou altyd by my hê
Te lank gewag om dit te sê
Ek wou wes en jy moes oos
Gelukkig en genadeloos
Geen vrae nie
En geen genade nie

Daar is soveel wat ek graag vir jou sou sê
As ek net weer ’n uur saam met jou kon hê
Nou net mý sak, ek dra hom alleen
En die wêreld’s te wyd vir net een
En ek wonder waarheen hierdie pad my lei
Of ek iewers weer iemand soos jy sal kry
En ek wonder, is jy nou sy vrou
En onthou jy dié swerfmaat van jou?

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top