Gebroke
As die son nie skyn nie
en my pyn nie kwyn nie
is daar niks wat help soos ‘n poëtiese refrein nie
woorde wat my opsom in ‘n kwinkslag-metafoor
woorde wat ek hoor, wat suutjies met my toor
Dae wat die son en die wolke kompeteer
en die wind ruk en pluk om die dag te beheer
En op die ou end van die dag is dit ek wat verstar
want die droewig dowwe dae krap my denke deurmekaar
Dalk as die son weer soos ‘n straatlig op my skyn
sal die muf in my brein soos doudruppels verdwyn
en sal ek weer kan asemhaal soos normale mense doen
en nie aan lug verstik met die gewete van versoen nie
Brug
Nou groet ek maar die wêreld, ek speel met jul gevoel
ek drentel deur die drade, maar al wat ek bedoel
is dat ek skynbaar gebroke blyk te wees
in die sin van die norm deur samelewing voortgelees.
Koor
(Ek dink nie ek is oud nie
ek dink net ek is leeg
met elke dag op skool so vol
is ná skool maar vervelig
en al waaroor ek dink
is die dinge van vir ewig
soos die kennis van die appel
my doodmaak en bevredig.)
![]() |



