50 blertse blou is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Johan Bakkes het met Blouwillem gesels. Hier is 'n paar foto's van die geleentheid.


Francois Lötter gesels met Johan Bakkes.

Johan Bakkes en Blouwillem aan die woord.






Jan Odendaal en Dawie van Velden staan nader om hulle boeke te laat teken.
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485308607
Genre: Rubrieke
Prys: R180
50 blertse blou is ’n keur uit Willem Theron, alias Blouwillem se tong-in-die-kies-rubrieke in Beeld, Die Burger en Volksblad. Dié rubrieke het van hom ’n berugte openbare persoonlikheid gemaak. Hy spot met onder andere aktuele sake in Suid-Afrika.

