Fors staan jy daar
uniek uitgekap-en-gebeitel ...
kunstig deur beeldhouer gebaar,
Gevorm-berei as beeltnis van 'n aandeel , gelewer , deur anaal- gange gebaan- gebreidel.
Jou geboorte se doel,
Jou vlees-beeld
uit te lig
uit 'n donker herinneringspoel
van die gestorwe-lewend,
met vrat of eelt
vir hul wat sweef of swig ...
Onwankelbaar ...
'n Lewend’ aandeel
deur jou versinnebeeld ...
Maar
in die verewiging
vir geslagte
rus en bly die reeds geplase
heil van jou seël ...
Vir diegene onaangeraak of bewend,
voor jou geskiedenis of
die eens lewend
is daar steeds die wat was , sal wees en is.
Jy sal as baken dien
en in jou sal hul 'n baken sien
in annale van gister en met nuwe lig
op môre se plig ...
Eindelik
as monument
die unieke om te gedenk
vir toekomsgeslagte bewaar...
of geskend?
Met trotse bors
steeds ge-eik op jou respek-voetstuk swaar
Staan jy fors ...
bewaar.

