Die afrikaanse konnotasies is lagwekkend. Fok is 'n vloekwoord in afrikaans, maar die nederlandse korrek woord neuken, is 'n mooi werkwoord in algemene gebruik? 'ek sal jou neuk' beteken in engels 'I will fuck you/ I will have sex with you'? In afrikaans is dit 'n dreigement met slae, ek sal jou neuk! Hy het kar opgeneuk, is fisies onmoontlik, in uitlaatpyp???
Dalk lees 'n WAT werker hier en maak regstelling volgens daktaal nederlands in sy woordeboek! Jan Rap, die afrikaanse taalkundiges gebruik engels as daktaal of maatstaf, al is dit appels en pere met afrikaans!
So, kry hierdie reg, voordat jy ons arme donners beledig oor ons anglisismes.
Hans


Kommentaar
Beste Hans,
Ek was jare gelede op 'n staptoer saam met ons dominee en gemeentelede toe ons 2 Hollanders langs die pad kry. Iewers waarsku ek my seun dat ek hom gaan 'neuk' as hy weer voor ons grootmense die bosse invaar. Die Nederlandse paartjie is toe erg geskok dat iemand tussen 'n kerkgroep so 'n vieslike woord kan gebruik. Vir hulle beteken NEUK wat FOK in Afrikaans meen. 'n Fokker is vir hulle doodeenvoudig 'n TELER van beeste, skape of dalk selfs net hoenders. Saam met my was daar immigrant kinders op skool met die van Fokkema en Fokker - wat vir ons horribooslik geklink het.
Iets uit my nagskof-era mymeringe wat weer lewe kry...
Nederlands is dier op eie taalgebruik en woordeskat, net soos Afrikaans. In Afrikaans werk mens deesdae op naaldwerkmasjien, want om te "naai met jou naaimasjien" is darem te Kaaps en platvloers...
Net soos jy nie kind voor Nederlanders kan "neuk" nie.
Ek dink dat Neder-duits na mengelmoes van tale aan Kaap verwys het, wat kontrakwerkers van VOC gebruik het om te gesels, want hul was van vele kante van die Rijnrivier gewerf op die eiland Texel.