Ek plak hier ene F Marx (Willie) se kommentaar onderaan Angus se brief van 9 April. Ek het dit gou in Engels vertaal in dieselfde gees, met ander woorde Afrikaanse woorde min of meer waar Engelse woorde in die Afrikaanse teks voorkom:
Hi Angus
Ek wil maar net sê ek is 100% in agreement met jou. Ek kop nie wat die outoppies se problem met Afrikaans is nie. Soos hulle anyway dit op skool leer is 'n complete joke. Niemand praat meer so nie en ek's nie eers so sure of hulle ooit so gepraat het nie. Nobody kan in 'suiwer' Afrikaans 'n ding sê soos wat jy genuine meen nie. Daar is nie genoeg vocabulary in Afrikaans nie of dis sulke opgemaakte woorde. Try om 'n rugby game of enige sport in 'suiwer' Afrikaans te explain. Dis plain en simple impossible Check maar self op die sport channels. Perhaps is dit omdat 'suiwer' Afrikaans eintlik net 'n religious taal is en beste werk in die kerke. For sure sal dit ook nice wees as LitNet en Die Burger in gewone Afrikaans wil skryf soos hulle klaar in baie magazines maak en soos announcers en actors in tv2 se 7e Laan en Kyknet praat. Afrikaans werk even less as dit by enige iets met emotional content kom. After all, soos jy self scheme, om die Taal te kan praat en properly te communicate is al wat important is. As die script writers van 7e Laan kan skryf soos mense praat kan ander skrywers van boeke en poetry dit ook doen.
Willie
In Engels vertaal:
Dagsê Angus
I just want to tell you dat ek stem saam met jou, een honderd persent. I just can't fathom what the geezers se probleem met Engels is nie. How they learn it in school is buitendien 'n totale grap. Nobody talks like that anymore en ek is nie so seker that they ever talked like that in elk geval. Niemand kan in 'pure' English waarlik hulle gedagtes uitdruk nie. There is just not the woordeskat so, instead, they use fabricated words. Just probeer to verduidelik rugby or any sport in 'pure' English. It is eenvoudig onmoontlik. Kyk but self the sportkanale. Miskien this is because 'pure' English actually is only 'n godsdienstaal and can work only in churches. Vir seker will it be lekker if LitNet and The Star use common English as many tydskrifte already do and like aankondigers and akteurs talk in TV2 and 7de Laan and KykNet. Buitendien, as you yourself beweer, to talk The Language and to kommunikeer behoorlik are the only things van belang. Indien the draaiboekskrywers of 7de Laan can write the way people talk then other writers of books en digkuns can do the same.
Nou is daar enige van julle by julle volle verstand wat dink 'n Engelsman sal ooit sy taal so verkrag? Soos ek vir Angus gesê het, 'n taal se krag is gesetel in sy sprekers; taal self is abstrak en kan nie 'krag' hê nie. As die sprekers swak is gaan die taal verdwyn.
F Marx (of Willie) kan dalk 'n kragman wees, hy kan dalk die 100 meter in 9 sekondes hardloop en oor 'n 5 meter muur spring met gemak maar wat sy houding teenoor sy taal betref is hy 'n patetiese gedienstige slapgat. Hy maak miskien baie Afrikaanssprekendes die moer in, dis miskien sy doel maar hy maak 'n fout as hy dink dit maak hom bemind by die Engelse want hulle lag vir hom in die mou. Good lad, now there's an Afrikaner the way I'd like them all to be, submissive and cooperative kan ek hulle al hoor sê.
Indien Willie se storie maar tong in die kies is vir so 'n bietjie spaas dan is wat ek sê ook maar tong in die kies.
Jan Rap


Kommentaar
Jan, jy is al halfpad met ? interessante oefening. Jy moet nou die stuk oorskryf in AB-Afrikaans en dan in Queen’s English. Kyk dan watter een die beste waar kommunikeer en wie die moontlike spreker sal wees. Hou darem in gedagte dat F. Marx se stukkie baie oordrewe is, so ook jou “vertaling” om die eenvoudige rede dat geen taal absolute sinonimie toelaat nie. ( ? Voorbeeld: ? Afrikaanssprekende sal nie sommer “vocabulary” gebruik as “woordeskat” goed ingeburger is nie; daarenteen sal geen Engelsman “draaiboekskrywers” bo “script writers” verkies nie.)
F Marx se voorbeeld kon deur ? Afrikaanssprekende orals in Suid-Afrika (verkieslik in die Kaap) gebruik word. Joune is miskien deur ? Engelssprekende gepraat wat so bietjie Afrikaans ken, en hom tussen ? meerderheid Afrikaanssprekendes bevind (dalk êrens in die Vrystaat, of dalk Natal. Ek het al iets soortgelyks hier gehoor.) Jou AB-vertaling hoort in die skool, Universiteit, oor die radio en van die kansel af tuis, êrens in Suid-Afrika. Die Queen’s English vertaling hoort in Engeland tuis. Watter een kommunikeer die beste? Dit hang van omstandighede af. Wie is die spreker,? Wie is die hoorder? Waar vind die kommunikasie plaas (in die huis, buite in die tuin, in die kerk, oor die radio, oor die televisie, in Suid-Afrika, in Kanada, in die Kaap, in die Vrystaat.)
Taal is mos ? lewende organisme wat hom by sy omgewing moet aanpas, anders sterf hy. Om F Marx uit te skel as slapgat, is futiel. Hy is ? mens, en sy ingebore taalvermoë het hier taal gegenereer wat 100% kommunikeer. En dit is presies wat taal is: spraakklanke wat so georganiseer word om informasie oor te dra. Jou siening van Afrikaans is dat dit ? swak taal is en so wankelrig dat dit nie staande kan bly voor die invloed van Engels nie. Dit sal dus verdwyn. My siening is dat Afrikaans ? kragtige taal is, wat net deur ander tale verryk kan word, en daardeur sal bly voortbestaan.
Ag nee, Willie
Ek wil nie Afrikaans so praat nie. Al het jy grap gemaak. Dit is werklik verkragting van 'n taal. Ouers speel ook groot rol en moet sorg dat hul kinders nie so Arikaans praat nie.
Ek gee nou nie om of Angus of Jan Rap reg is met hul kragtige of swak taal nie, maar moet se dat ek kan doen met meer Afrikaanse gevoelswoorde as dit by die beskrywing van geestesonderwerpe kom.
Dankie,
Trienie
Hi Angus