Elim

  • 1

Gedurende die eerste week van Januarie het ek Elim besoek. Dit was om myself te gaan vergewis oor die plek waar ek van my kinderjare deurgebring het.

Die emosie en afwagting het het plek gemaak vir angstigheid toe ons met die N2 oor Botrivier en Hawston die pad Elim toe vat oor Baardskeerdrrsbos. En skielik, daar in die vlak lê die sendingstasie. Die dorp van my verlede. En daar was ’n tikkie telleurstelling in my gemoed toe ek van ver oplet dat die grasdakke vir sinkdakke plek gemaak het. En ek het geweet: hier kom ’n teleurstelling.

Elim het op die voogrond getree as ’n toeriste-aantrekking in die Wes-Kaap. En vooruitgang kon nie gekeer word nie – teerstrate, beligting en spoeltoilette is van die geriewe wat aangebring is.

Vir my was dit ’n pyn – dat ek so vinnig kon sien dat die paradys van my kinderdae geen paradys meer is nie. Lowergroen groentetuine en boorde het plek gemaak vir landerye. Die fynbos wat ons destyds kon pluk is nou taboe. Die grootsheid van die plek is nie meer daar nie – net ’n klein ou dorpie wat probeer pas hou met die moderne wêreld. Winkeltjies. DST-skottels. ’n OTM masjien. Sjebiens ...

Die onskuld en ongekunsteldheid van die verlede is nie meer daar nie.

Yuri

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top