Ek glo ...

  • 39

Heil die leser.

Ek glo dat onse almagtige en albeheersende God, alles geskape het.

Ek glo dat God, self geloof in elkeen se hart bewerk, asook die aard daarvan bepaal.

Ek glo dat elke Godsdiens, oor die hele diversiteit van die ganse mensheid heen, tot eer van onse God is.

Ek glo dat as ek myself gun om God in my moedertaal so aan te roep, ek my medemens se reg in absolute nederigheid moet ag om ook onse God in hul taal en kultuur as Allah, Jumala, Brahman, !Kagen, Hemelse Vader, ... aan te roep (lees hier vir nog vele ander name vir God in ander tale)

Ek glo dat elke enkele mens op aarde se beskouing van, en ervaring in God besonder, enig, merkwaardig en onvergelyklik is.

Ek glo dat ons almal steeds in God, gelowiges en ongelowiges, by verskillende bakens op ons lewensweg is.

Ek glo dat God alleen ons harte (binnewerke) ken; geen mens ken eens hul eie nie.

Ek glo dat Jesus Christus, onse almagtige en albeheersende God is.

Ek glo dat God, in Jesus Christus vir die ganse mensdom ten volle 'n mens geword het; gebore is uit die Heilige Maagd Maria, gekruisig is en gesterwe het, ter helle neergedaal en dit oorwin het, op die derde dag uit die dood opgestaan het, na die Hemel opgevaar het vanwaar Hy weer sal terugkom sodat ons almal in lewe, en die dode wat dan in die vlees opgewek sal word - God sigbaar oor alles sal sien heers.

Ek glo dat hierdie Evangelie belangriker as ek, my taal, en my kulturele erfenis is.

Ek glo dat God self, in liefde en genade met elke getroue hart en met die wete daarin sal handel; ja, ook met hulle, wat nooit met die Evangelie bedien is nie.

Ek glo dat ek kwaad teen jou, en teen God doen, waar ek die Evangelie en my blydskap daarin met selfingenomenheid, enige dogma en/of ideologiese beskouings raak.

Mag Jesus Christus onse God, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese en katolieke liefde,

Cornelius Henn

  • 39

Kommentaar

  • Broer Henn, assit by geloof kom en daars nie naasteliefde nie, dan issittie g?oof nie. Enige diskriminasie is onversoenbaar m´t Skepp´rliefde.

    Groete
    Kobus Faasen

  • Hello Cornelius, 

     
    Daar bevestig jy toe tog die 'Een God' idee. 
     
    Sonder om jou daarop te wys dit was my formulering van jou standpunt van die begin af. 
     
    Nou bevestig, met die een God met talle name: 
     
    Jy skryf: 
     
    Ek glo dat as ek myself gun om God in my moedertaal so aan te roep, ek my medemens se reg in absolute nederigheid moet ag om ook onse God in hul taal en kultuur as Allah, Jumala, Brahman, !Kagen, Hemelse Vader, ... aan te roep (lees hier vir nog vele ander name vir God in ander tale)Hoe kan dit dan anders wees. 
     
    Die aard van 'n God sal juis wees dat daar net een kan wees, elke geloof kan nie sy eie God verklaar nie, al hierdie 'Gode' sal in kontras tot mekaar staan. 
     
    Indien dit sou staan dan bevestig die menslike maaksel van religie, bogenoemde is die naaste wat daar gekom kan word om 'n God vir die hele bestaan te 'skep'. 

     
    Soos dit in die klas gestel kon word: 
     
    Bespreek. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Wouter

    Dis werklik jammer dat jy nog nooit voorheen kon agterkom, ek ook onder meer glo dat alle weë (geloof of ongeloof) teen die Berg op (in die lewe) na dieselfde Piek - ons almal se Almagtige Lewende Skepper - lei nie.

    Elke Godsdiens staan binne 'n eie taal, en kultuur.  

    Ek dank God dat ek die Evangelie daarby kan voeg (sinkreties), sonder om Godsdiens in hul orde onderling hoef te meng.  

    Die pluralisme is te verwelkom, alhoewel ek geen deelnemer daaraan is nie.  

    Soos ook menigmaal hier bely; ek in die liefde en genade van ons almal se Skepper die Moskee, Sinagoge, Tempel en Katedraal besoek - ek, enkele mens, in elke heilige plek met respek en in hul onderskeid saam met my naaste kniel.  

    Een God; menige Godsdiens ter ere ... en die Goeie Nuus daarby te voeg ...  

    God se wil, is al ter sprake in welke Godsdiens op aarde!  

    Wouter, ek is egter dankbaar dat jy wel tot hierdie insig kon kom.  

    Ek hoop jy besef na dese die waarde daarin om ander se bydraes na behore te lees, voor jy jou verdwaalde veronderstellinge maak.  

    Mag Jesus Christus onse God se wil, ook in jou hart plek vind.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Amen broer Faasen!... mag naast'liefde, onse lieflike Allah se wil geskied...  Assalamu 'Alaikum, Cornelius

  • Cornelius

    Ek is jammer ek moet dit só stel maar jou kop kap aan soos 'n listerenjin wat se “timing” uit is. Jy sê “Ek glo dat God, self geloof in elkeen se hart bewerk, asook die aard daarvan bepaal” en ook “ Soos ook menigmaal hier bely; ek in die liefde en genade van ons almal se Skepper die Moskee, Sinagoge, Tempel en Katedraal besoek - ek, enkele mens, in elke heilige plek met respek en in hul onderskeid saam met my naaste kniel” en verder “Een God; menige Godsdiens ter ere ... en die Goeie Nuus daarby te voeg ... "

    Dit is duidelik dat jy ‘n mengelmoes van verdraaide godsdienste huldig en dan nog die moedwilligheid het om die “Goeie Nuus” daaby te voeg. Het jou kettery geen perke nie? Jy sê eintlik dat God in die Boedis se hart Boedha plaas, in die Hindoe se hart Brahma en 11000 ander afgode, in die Moslem se hart Allah, en in die Christen se hart Jesus? Daardeur beweer jy dat God homself weerspreek ten gunste van die mensdom se kulturele, taal en godsdiens verskille – dus sê jy God maak foute – maar dat dit eintlik reg is want ons dien almal dieselfde God? Jy sê jy kniel saam met jou naaste? Dus kniel jy saam die Boedis wat Boeda huldig – huldig jy dan Christus? Of kniel jy saam met die Hindoe voor Brahma en sy 11000? afgode – huldig jy dan Christus?

    Hoekom dink jy was dit nodig dat God die Vader Sy enigste Seun, Jesus die Christus, moes stuur as versoening vir almal se sondes as die Hindoes, Boediste en Jode alreeds dan op die regte pad was en in hul taal en kultuur eintlik almal een en dieselfde God aanbid en dien het? Deur só te redeneer het Jesus Christus se verdienste aan die Kruis en Sy opstanding dan mos geen betekenis hoegenaamd vir die ander “godsdienste” (wat jy so mildelik saamvoeg) nie – en daardeur verloën en verraai jy Christus! Jou dwaas.

    Daar is net een aard van ware geloof wat van God af kom en dít is: Kyk na Jesus Christus en word gered . God red en Hy alleen red - deur Sy enigste Seun Jesus Christus se verdienste is daar dus redding vir elk soos bewerkstellig is deur God die Vader se genadeversoening. Lees gerus 1 Petrus 1:21 “Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.“ Dus deur Hom - Jesus Christus - en net deur Hom!

    Sterkte
    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Een van die grootste probleme waarmee Christendom teen te staan gekom het was om te verduidelik hoekom hulle godsdiens en geloof beter is, en 'n groter aanspraak op die waarheid het as ander gelowe. Soos met kultuur, het godsdiens van verskillende groepe baie in gemeen, maar seker net soveel wat hulle verskillend maak. Jou benadering ignoreer hierdie verskille. Jou geloofsbeleidenis hierbo, en dan spesifiek die volgende, pas moeilik in by enige ander geloof:

    "Ek glo dat God, in Jesus Christus vir die ganse mensdom ten volle 'n mens geword het; gebore is uit die Heilige Maagd Maria, gekruisig is en gesterwe het, ter helle neergedaal en dit oorwin het, op die derde dag uit die dood opgestaan het, na die Hemel opgevaar het vanwaar Hy weer sal terugkom sodat ons almal in lewe, en die dode wat dan in die vlees opgewek sal word - God sigbaar oor alles sal sien heers".

    Om te sê dat alle Gods-paaie besig is om teen dieselfde berg uit te klim is dalk eerder wensdenkery wat poog om die bestaan van ander gelowe en die aansprake van Christendom te vereenselwig; om die probleem van verskillende waarhede weg te wens. Dit is 'n beskrywing van diversiteit wat so vaag is dat dit amper geen waarde het nie. Dit is dalk niks meer as 'n apologetiese truuk om hierdie uitdaging aan Christendom te systap.

    Dit is ook 'n benadering wat nie noodwendig gaan lei tot beter verhoudings tussen verskillende gelowe nie (is dit nie 'n motivering vir hierdie benadering nie?). Veskillende kulture kan nooit in vrede leef langs mekaar deur net op ooreenkomste te fokus nie. Net so belangrik as dit is die erkenning van verskille en die aanvaarding daarvan. Verdraagsaamheid word getoets hieraan en dit is waar die groot uitdaging lê.

    Chris

  • CorneliusHenn

    Beste Chris,

    Baie dankie vir jou sinvolle kommentaar.

    Dis sekerlik baie duidelik uit "Dolf" se affronteerdery en onthutste nyd hierbo, dat jy reg is.

    Jy skryf ook: Dit is ook 'n benadering wat nie noodwendig gaan lei tot beter verhoudings tussen verskillende gelowe nie (is dit nie 'n motivering vir hierdie benadering nie?).

    Nee Chris, alhoewel ek my nie self beywer vir beter verhoudinge tussen Godsdienste nie, ek wel heelhartig ten gunste van doe pluralisme is.

    Ek dra die Evangelie, sinkreties uit na elke Godsdiens op aarde waar die harte daarin bely dat daar 'n Skepper is.

    Ek glo ook dat God elke mens met 'n heilige en algebraïese plekhouer en leemte in hul binnewerke geskape het, en wat deur God alleen geken en gevul kan word. Elke mens is egter hul eie wagter by die deur van daardie plekhouer.

    Daar is net een Skepper, daarom dat alle harte aan God alleen behoort.

    Oral is daar opreg toegewydes en in menige Godsdiens aan ons Skepper toegewy. Nie almal word met die Evangelie bedien nie. God is egter trou, en God alleen bewerk ons saligheid, ook vir diegene wat opreg hul harte aan God wy.

    Wie is enige mens om 'n ander in God te veroordeel?

    Ek beywer my ook glad nie vir die Christendom, of enige titel daarin nie.

    My vreugde is die Goeie Nuus!

    Chris, jy is van die min hier wat die sinkretiese uitdra van die Evangelie, en die vermenging van menige Godsdiens buite die Joodse en Rabbinisme kan verduidelik.

    Kyk 'n mens selfs na die Protestante se kerkgeboue, dan is die Egiptiese obelisk en driehoekige piramide as sinnebeelde sigbaar.

    Selfs die Vatikaanse staf, hooftooisels en grafkelders dateer duisende jare terug na die Egiptiese priesters in Rome.

    Dan is daar nog al die gebruike en heilige dae...

    Chris, ek fokus ook nie op die ooreenkomste tussen Godsdienste nie. Die verskille pla my ook nie. Ek ervaar God daarin. God ken elkeen se hart en die bedoeling daarin.

    Ek is 'n Afrikaner, 'n Boer. My taal, kultuur en erfenis bepaal my identiteit op aarde, nie my geloof en my hart in God nie - dit behoort aan God alleen!

    In my hart is kniel ek saam met my Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese en katolieke naastes voor ons almal se Almagtige Lewende Skepper.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Hello Cornelius, 

     
    Daar is geen sprake van 'insigte' wat ek sou kwansuis sou bereik het. Die oplossing van die probleem waarmee jy kom is nie 'n antwoord nie, ek weet nie wat is nie. 
     
    Pluralisme is die naaste wat ek daaraan gekom het maar na ek 'n opstel van Rowan Williams uit sy Faith in the Public Square gelees het bevestig dit hoe 'n harde neut die verskillende aansprake tot die waarheid is.
     
    Ek sal sodra ek tyd het die opstel se temas plaas. 
     
    Dit is 'n tameletjie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Dolf,

    As ek moes, dan sou ek in die liefde en genade van onse HERE seg dat die Evangelie, my diens aan God is.

    Dis wel waar dat ek die Evangelie, sinkreties en afsonderlik met elke ander Godsdiens deel.

    Die HERE, het alles geskape; ja, selfs Al die mense.

    Die HERE het self sy Gees, in elke babatjie op aarde wat ooit gebore is en sal word, se binneste geblaas.

    So behoort ons, elke mens op aarde, se harte dan ook van kleins af aan ons Skepper.

    Jeens slimmigheid (spirituele intelligensie), het die mens, die dood oor hulself gebring.

    Die HERE het toe self 'n plan vir die hele mensheid se redding en saligheid bewerk.

    Eers was daar die Wet.

    Hierdie Wet, in elke variasie daarvan, is in elke Godsdiens op aarde bekend.

    Die Wet bewerk saligheid, deur met 'n opregte hart tot eer van God daarin, dit na te kom.

    Spiritueel intelligentes, Fariseërs en skrifgeleerdes, gebruik egter die Wet om ander, nes Satan, voor God te verkla, harte te onderdruk, en tot hul eie aansien te minag.

    Geen mens slaag egter daarin om die Wet genoegsaam voor onse HERE, te gehoorsaam nie.

    Daarom het die HERE, ten volle mens geword, gesterf en opgestaan, en so die Wet namens ons ALMAL en ten spyte van al ons gebreke, vervul.

    Hierdie Goeie Nuus is eers deur 'n handjie vol dissipels getuig, en so van hart tot hart oorgedra tot die vele in die HERE se genade wat dit vandag ken.

    Intussen leef daar en het daar menige getroue hart in elke ander Godsdiens op aarde gekom en geggaan, sonder om ooit die Boodskap te hoor.

    Omdat die HERE self elke hart geskape het en dit ken, glo ek dat God trou en alleen, in liefde en genade daarmee sal handel.

    Geen mens kan 'n ander se binnewerke ken nie, al dring jul Kobus de Klerk ook hoe hard daarop aan.

    Ken jy die Evangelie, dan is dit jou dankbaarheid om dit met ander, sonder persoon des aansien, te deel.

    Laat jy dit na deur jouself van ander voor die HERE te onderskei, dan doen jy die HERE en jou medemens kwaad.

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en self die Evangelie in elke hart wat dit hoor, werklik maak.

    Cornelius

    (en o ja Dolf, die Boeddhisme is 'n lewenswyse, dis nie 'n Godsdiens nie... ja, selfs ateïste kan Boeddhiste wees... en ek voeg wel die Evangelie, in die liefde en genade van onse HERE, ook tot die Boeddhisme by)
     

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Hoeveel makliker en meer sinvol sal dit nie wees as jy Dolf nie kon antwoord as volg:

    1. Ek glo dat Jesus as mens gesterf het vir my sonde en dat geloof in hierdie daad die enigste weg is na saligheid.

    2. Die Jood, die Moslem, die Boeddhis, die Hindu en duisende ander gelowe het glad nie so 'n geloof nie. Ek moet glo dat hulle verkeerd is, want as hulle dieselfde God aanbid as ek, sal dit beteken dat die grootste daad wat God gedoen het, die offer van sy seun, onnodig was.

    3. Ek as vredeliewende Christen sien dit egter nie as my plig om aan ander voor te skryf waarin hulle mag glo nie. Dit is nie my taak om te oordeel nie.

    Die enigste punt waarmee Dolf dalk sal verskil is die laaste gedeelte van hierdie laaste een, maar hy sal tog sekerlik besef, uit ondervinding, dat die afdwing van een ou se geloof op 'n ander baie ellende kan veroorsaak.

    Dit maak nie saak hoeveel keer jy belei dat Jesus die enigste weg is, jy weerspreek jouself oor en oor op ander plekke, en ek dink dit is wat Dolf grief. Hoekom sien jy nie eerder hierdie forum as 'n geleentheid om iemand soos Dolf se punt in te sien en te respekteer, selfs al stem jy nie saam met alles wat hy sê nie. Ek dink nie Dolf sal dit as 'n belediging beskou as hy 'n konserwatiewe, of selfs 'n fundamentele, Christen genoem word nie. Ek, as ongelowige, vind baie van sy argumente en standpunte onredelik, maar ek sien hom nie in dieselfde klas as KdK nie. Ek en hy kan sal kan sit op dieselfde tuinbank en gesels (ek sal hom vertel dat Jesus 'n mitologiese karakter is en hy sal my vertel dat ek reguit hel toe gaan) sonder om mekaar se kele te probeer afsny. Hoekom is dit so moeilik vir jou? Besef jy nie die positiewe rol wat jy kan speel nie?

    Chris

  • Cornelius

    Ek moet jou toegee dat dit ‘n vernuftige, bykans ongesiene, “side-step” van jou kant af was om die direkte vrae van my aan jou te vermy. Jou terloopse verwysing daarna haal ook nie die paal nie. Ek hoor die “Kings” is sterk op soek na ‘n senter na hul drag slae by die Bulle – miskien moet jy met jou wafferse “side-step” aansoek doen ...

    Ek sal maar weer vra dat jy tog aandag aan my vrae skenk, want op die stadium blyk dit duidelik dat jy geen antwoorde het anders as jou geteemry van die gebou ontwerpe en dies meer nie ..ek sien jy trek al by die egiptenare en hul Ra priesters.

    Terloops, met verwysing na jou “Kyk 'n mens selfs na die Protestante se kerkgeboue, dan is die Egiptiese obelisk en driehoekige piramide as sinnebeelde sigbaar.” Jy maak ‘n fout om die klok torings as obelisk’s en/of piramide sinnebeelde te eien. Gaan lees gerus op oor die ontwerp tegnieke en ook redes vir die ontwep van die Protestandse kerk en hul torings. Maar ek dink dit is maar net weereens ‘n patetiese poging van jou om jou valshede te probeer “waar-verdraai” deur met sulke nonsense vorendag te kom.

    Spreek asb. my direkte vrae met die nodige (werklike) bewyse aan.

    Sterkte
    Dolf

  • CorneliusHenn

    Wouter,

    Ek poog geen "oplossing vir die probleem" te bied nie.

    Ek leef my hart in die vrede, vreugde en geloof wat ek daarin ontvang.

    Ek het absolute agting vir enige ander se geloof en/of ongeloof.

    My protes is egter dat waar jy jouself vryheid gun om die korpokrasie se inligting as soetkoek op te eet, jy ander se reg om te glo waarin hulle wil, ook moet respekteer.

    Miskien dra jy swaar aan 'n wete omtrent verskuilde agendas in die Godsdiens.

    Wel, ek is baie oortuig omtrent verskuilde agendas in die korpokrasie wie se propaganda jy hier as die waarheid probeer voorhou.

    Namaste!
    Cornelius
     

  • CorneliusHenn

    Dolf, net omdat jy dit veronderstel, beteken glad nie dat dit waar is nie - allermins ... jy het duidelik geen respek vir ander se geloof, of oortuigings nie ... jy is erg vyandig; ook nes Satan enige hart onder sy aanklag sal kruisvra ... hoekom moet ek my daaraan steur? ... ek is vry in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE ...  Cornelius

  • CorneliusHenn

    Chris,

    As geloof intellektualisme was, dan sou 'n mens seker sulke ooreenstemming kon bereik.

    Ek het vrede met Dolf, Kobus de Klerk, of enige ander se vyandigheid teenoor die Evangelie.

    Jy tik ook: Dit maak nie saak hoeveel keer jy [Cornelius] bely dat Jesus die enigste weg is, jy weerspreek jouself oor en oor op ander plekke, en ek dink dit is wat Dolf grief.

    Chris, ek sal dit werklik waardeer indien jy vir my kan verduidelik hoekom jy dit veronderstel?

    Ek glo dat GOD die enigste weg is (in alle Godsdiens), en dat Jesus Christus, GOD is.

    Hoe en waar weerspreek ek dit oor en oor op ander plekke?

    Ek sal dit hoog op prys stel indien jy my kan aanhaal sodat ek myself kan verantwoord daarop.

    Cornelius

  • Cornelius,

    Jy is reg … jy is vry in Jesus Christus … hoekom? Omdat jy (wel ek hoop so) Hom as die Christus erken en bely. God se genadeversoening is juis die feit dat Hy Sy enigste Seun gestuur het, Sy verdienste aan die kruis aanvaar het én Hom uit die dood opgewek het. Dus is dit deur Christus se verdienste, wat deur God die Vader aanvaar is as versoening vir elkeen se sondes op aarde, dat ons vrygespreek is – want Hy was die volmaakte offer in ons plek….dít indien ons in opregtheid (onthou God toets die harte) Jesus as die Christus erkenén bely en asit’ware dan ín Christus is, Hy wat dan ook die Hoof van die kerk is. Hý is die Weg, Waarheid en Lewe…..en dít is my punt.

    Die godsdienste wat jy so heelhartig bymekaar meng met “Jesus is God” en daarom aanbid alle godsdienste wat in opregtheid geskied eintlik dieselfde God, erken Nie Jesus as die Christus Nie – nie die Jode, nie die Islam, nie die Boediste, nie die Hindoes, en dies meer, Nie - en daarom het hulle nie deel aan Christus se verdienste nie. Ja-ja dit is so dat die Islam, Jesus Christus erken as ‘n groot profeet, MAAR hulle erken en bely Hom nie as die Christus (die een wat God van die begin af bestem het om verlossing vir elk te bring) nie. Só, hoe verkry hulle (die genoemde godsdienste) vryheid, verlossing en redding in Christus as hulle nie God se genadeversoening ín en deur Hom, Sy enigste Seun, aanvaar en bely nie?

    Dit is dus daarom dat ons Jesus se opdrag moet uitvoer. Hoe weet jou boedhis vriend die Goeie Nuus (volgens die Woord van God, die Bybel) as jy dit nie vir hom gaan vertel nie? Ja-ja dit is so dat die Heilige Gees geloof in ons harte plaas – maar onthou Jesus klop, maar die hoorder van die evangelie besluit of hy gaan oopmaak al dan nie. Dus kan jou boedhis vriend óf die Goeie Nuus aanvaar en tot bekering kom óf dit verwerp en nie deel aan Christus se verdienste hê nie. En verder, hoekom is dit dan dat baie Moslems, Jode, Hindoes, ens. dan al in opregtheid bekeer het tot die ware Christelike geloof? Het God dan ‘n fout gemaak om ‘n ander geloof in hul harte te bewerk wat teenstrydig is met hul oorspronklike godsdiens oortuigings?

    Ek weet jy is onder die indruk dat ek skynbaar alle ander godsdienste en die be-oefenaars daarvan, haat….dit is nie die geval nie. Wat ek wel ‘n afguns in het is wanneer die enigste ware evangelie van Christus, verdraai, afgewater en gemaak-pas word om ander godsdienste te akkommodeer - en daardeur word Christus se verdienste verloën en het dit geen betekenis vir dié wat hulle aan sulke valshede en kettery skuldig maak nie.

    Terloops, Chris, as jy hier lees, jy is amper reg. Maar God red en Hy alleen red. Volgens Sy woord doen Hy dit dan deur Sy Seun, Jesus Christus - dus, deur Sy genade is ons gered. Maar God kan red wie Hy wil - ek kan nie oordeel en namens Hom besluit nie (ek wil ook nie want ek is 'n mens en ook ‘n sondaar) - ek kan net sy genadeversoening aannneem, my kruis opneem en Jesus volg…elke dag. Wat ek wel weet is dat as jy nie ín Christus is nie, staan jy onder die wet (of jy dit nou wil weet of nie) en sal dan daarvolgens geoordeel word….en wie van ons kan die wet onderhou? Daarvandaan dus die dankbare aanvaarding van God se genadeversoening in en deur Sy enigste Seun, Jesus Christus.

    Sterkte
    Dolf

  • Liewe leser,

    Ons almal weet dat hierdie debat weereens stompaf sal eindig. Na jare het Dolf nog nie Cornelius oortuig of Cornelius Wouter tot ander insig of siening gebring. Iemand moet dit geniet, anders sou hulle nie soveel kosbare tyd daaraan afstaan. Is dit moontlik dat sommige floreer op konflik of grens dit aan verslawing? Dit is om ‘n regsgeding dop te hou vir jare wat nooit ‘n finale uitslag vaspen. Tog, interessant!

    Cornelius,

    Hou vas jou mooi liefdeshart. Dis jou sterkste Jesus-eienskap. Kyk wat bring Faasen hierbo in. Want waaraan word die egtheid van ons geloof getoets? Liefde. As dit ontbreek, is daardie geloof nie eg nie. Jy (Cornelius) leef vanuit die wete dat die Skepper ALMAL gemaak het. Dis goed. Want vanuit hierdie oë wil jy na mense kyk. Ek respekteer hierdie gesindheids-siening van jou.

    Ek mag miskien glo soos Dolf, saamstem met die “feite” soos weergegee in sy skrywe aan jou, asook saamstem met KdK se suiwer sieninge omtrent die Woord, maar as hul nie die liefde (soos deur Faasen voorgehou) by hul resep voeg nie, is hul bloot klinkende en luidende simbale. En ek sluit myself hierby in. Mag ons waaksaam bly.

    Cornelius, as jy glo dat Allah, Jumala, Brahman ens. ens. in jou hart net ‘n ander “noemnaam” vir God is – het ek nie probleem daarmee. My lyfhare staan egter orent as jy 11 000 ander afgode (soos Dolf dit stel) saam  in jou geloof wil inbring. Dan kan jy net sowel demone en satansengele byvoeg. Ek glo egter jy leef die skrifgedeelte uit van: “Jy mag voor geen ander afgod buig” of “ voor My (God se) aangesig bring...”  As jy hierdie skrifgedeeltes suiwer uitleef, is ek tevrede.

    Tenminste het jy ‘n listerenjin (soos Dolf dit stel) al is die “timing” volgens hom bietjie uit. Almal van ons se enjins kort soms ‘n “service”. Wat erg is, is om geen enjin as wegspringplek te besit. Of om te dink dat joune alleen reg is. Hou dus vas aan jou enjin, jou omgeehart is vir my V8 sterk. In elkgeval is ‘n positiewe “leerbare gees” vir my die mooiste eienskap. As ons dit verloor - rooilig. Ek, Trienie, leer nog elke dag in my praktiese godsdiensbeoefening buite, iets nuuts ... 

    Dolf se brief bevat versteekte waarhede. Dit moet net positief gelees word. Skip dus maar die gedeeltes waar sy natuurlike-vlees uitspring. Dit laat die brief affronteerlik of aanvallend voorkom, soos jy dit noem.

    Ek hou van jou stelling: Ek glo dat God elke mens met ‘n heilige plekhouer en leemte geskape het, wat net deur God alleen geken en gevul kan word. Dis mooi! Want dit maak plek vir die kosbare inwoning van God se Heilige Gees, binne in jou eie gees. Ek glo natuurlik as jy hierdie “Parakletos” Bystand, Hulp, Onderwyser en Openbaarder binne in jou gees dra, sal Hy jou in alle waarheid lei. Koester dus jou hart, en jou gees. Die eerbaarste dimensie van die mens. Buite in die harde koue w?reld, kan ek nie sonder die influisteringe en oortuiginge van Gods Gees opereer nie. Dit is Hy alleen wat vir jou sal s?: Gaan hier links of gaan hier regs. Ek wag juis nou vir ‘n dametjie wat in benoudheid my laasnag gebel het. Wat radeloos is met haar omstandighede. Ek kan nie vir haar oplossings bied, alhoewel ek afspraak gemaak het. Ek GLO egter dat die Heilige Gees haar probleem aan ons sal openbaar, sodat ons ‘saam’ deur die Woord van wysheid en kennis, kan besluit wat haar pad vorentoe inhou.

    Cornelius,

    Ek respekteer jou sieninge, alhoewel ek nie met alles saamstem. Ek is egter bereid om sekere dinge vanuit jou skrywes te leer. Bv jou skrywes aan Wouter waar jy hom probeer oortuig omtrent die kognitiewe intellektualisme. (Glimlag) Hierdie dinge se dieptes word in elke geval net ten volle begryp deur ‘n wedergebore gees. Anders bly dit woorde op papier. Dit maak die verskil. Maar, ek geniet die redenasie soos dit voor my oë ontvou. So leer ken ek die gelowige en die ongelowige se denkrigtings.

    Tenminste glo jy dat God ons harte ken. Dis waar. Nie net ‘n mitologiese storie nie. Bewaar dus jou hart, al spot ander daarmee. Hou vas daaraan. Dankie vir hierdie voorbeeld.

    God is in elk geval opsoek na ons volle hart ons volle verstand en al die krag van ons liggaam.

    Trienie

    (Dolf, ek het geglimlag vir jou 2de brief. Glo jy het dit met ‘n glimlag ook geskryf?) 

  • Chris Dippenaar

    Hello Cornelius

    Jy begin 'n reaksie aan Wouter hierbo met die volgende: "Dis werklik jammer dat jy nog nooit voorheen kon agterkom, ek ook onder meer glo dat alle weë (geloof of ongeloof) teen die Berg op (in die lewe) na dieselfde Piek - ons almal se Almagtige Lewende Skepper - lei nie"

    Ek het meer simpatie vir hierdie benadering van jou as wat jy dalk mag dink, maar ek dink ook dat dit baie van jou argumente onsamehangend maak. Deur na intellektualisme as 'n 'vloekwoord' te verwys maak dinge nie beter nie, en al wat jy dalk regkry is dat niemand jou ernstig kan opneem nie.

    Die punt wat ek seker probeer maak is dat jy minder sensitief moet wees vir kritiek. Jou benadering tot geloof is uniek en dalk nie so maklik om oor te dra aan ander nie. Jy gaan baie verder kom as jy ophou om mense te assosieer met KdK of hulle toe te snou, "jy het duidelik geen respek vir ander se geloof, of oortuigings nie ... jy is erg vyandig; ook nes Satan enige hart onder sy aanklag sal kruisvra ... hoekom moet ek my daaraan steur?", soos aan Dolf hierbo.

    Ek is seker nou maar 'n pot wat die ketel swart noem, en ek hoop jy neem my kritiek teen jou as die van 'n vriend teenoor 'n vriend.

    Chris
     

  • CorneliusHenn

    Dolf,

    Dankie vir jou kommentaar hierbo.

    Hierdie keer laat dit my genadiglik toe om in gehoorsaamheid trou te handel in ooreenstemming met my hart.

    Jy tik: Die godsdienste wat jy [Cornelius] so heelhartig bymekaar meng met “Jesus is God” en daarom aanbid alle godsdienste wat in opregtheid geskied eintlik dieselfde God.

    Dolf, ek meng nie Godsdienste bymekaar nie. Ek soek lank reeds woorde om die punt dat ek Godsdiens onderskei, duidelik oor te dra.

    Alhoewel ek die pluralisme hoogag, deel ek ook nie eens daarin nie.

    My oortuiging dat ons almal se Skepper (onse een en enigste God), ons ook ALMAL geskape het, laat my nederig teenoor elke mens op aarde se hart - ongeag hul geloof of ongeloof - selfs joune ook.

    Die mensheid bestaan uit verskillende tale en kulture.

    Daarom dat hierdie harte wat almal so aan ons Skepper behoort, se diens aan God ook so verskillend klink.

    In werklikheid is daar groter verskil in die vertolking van hul eie dogma op die ouderlingbank in jou kerk, as wat daar tussen Jood, Moslem, Hindoe,... of enige ander is wat ons voorstelling van ons Almagtige Lewende Skepper raak.

    Die Evangelie is geleidelik, en oor millennia heen, die wêreld deur heiliges ingedra.

    Voor en na die Goeie Nuus die wêreld ingekom het, was daar menige hart wat nie die openbaring van ons almal se Skepper in Jesus Christus ken nie.

    Tog is daar baie saliges oor die ganse mensdom heen in die genade van God.

    Hoe dan?

    Indien jy die Bybel sou nalees hieroor, dan sou jy weldra leer dat selfs ten spyte van toegewyde harte se tekortkominge onder die Wet, en selfs sonder en voor die Wet, God se liefde en genade oor hulle was wat nederig in hul afhanklikheid en sonde voor God kom kniel, en op God vertrou het. Selfs die boorlinge van Nineve, het hierdie liefde tot Jona se ergernis ervaar.

    Na my struikel uit die Protestante, het God my weer deur ander Godsdienste na die Evangelie gebring.

    Ek was ook aanvanklik verbaas om menseharte in Moskees, Sinagoges, Hindoe Tempels, Katedrale ... en menige ander heilige plek se absolute vertroue en nederig in toewyding tot ons almal se Skepper, te vind.

    Dit het my diep in my hart getref; veral gereken my ervaring in hoe 'n groot mate Jacobus Faasen hierbo, reg is.

    Daarom dat my enigste Godsdiens vandag, die Evangelie is.

    Ek ag en deel in elke Godsdiens op aarde ten diepste, en nes dit is.

    Ek meng nie Godsdienste nie.

    Waar ek Nagmaal saam met my Protestante broers en susters gebruik, doen ek dit soos hulle daarin voorgaan. Dieselfde met my gebruik van die Genadebeker saam met die katolieke en ander.

    Die offerhande tot God wat ek saam met my Hindoe broers en susters bring, verskil min in hart en gees van die tiendes en ander ywer wat my Protestante broers en susters in hul kerk bring.

    Hindoes het geen stryd om God se openbaring in Jesus Christus, te heilig nie.

    As die oudste Godsdiens op aarde is die Hindoe lering dat ons een en enigste God in menige gesig, en aan elkeen besonder openbaar, sinkreties oorgedra na die Jode, Moslems en katolieke. Hierdie vermenging het veral gedurende Israel se ballingskap in die Ooste plaasgevind. Enige ernstige Bybelkunde student sal met jou kan deel byvoorbeeld hoe die begrip aan engele aanvanklik uit die Zoroastrisme, sinkreties in die Israeliete se Godsdiens oorgedra is.

    So is daar menige voorbeeld wat ek nie in hierdie beperkte ruimte kan deel nie.

    Dolf, ek dink jy moet jouself eers gaan vergewis oor die Boeddhisme voor jy vir jouself verder verleentheid skep. Ek kan ook onmoontlik op al jou dwalinge reageer.

    Jy is egter welkom om ter wille van billikheid, enkele vrae aan my te stel wat jy eerlik dink ek jou in kan toelig.

    Geen kruisverhoor met my in aanklag gaan jou iewers bring nie.

    Namaste!

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Beste Trienie,

    Dankie vir jou belangstelling en bemoediging.

    Jy skryf onder meer: Cornelius, as jy glo dat Allah, Jumala, Brahman ens. ens. in jou hart net ‘n ander “noemnaam” vir God is – het ek nie probleem daarmee. My lyfhare staan egter orent as jy 11 000 ander afgode (soos Dolf dit stel) saam in jou geloof wil inbring. Dan kan jy net sowel demone en satansengele byvoeg. Ek glo egter jy leef die skrifgedeelte uit van: “Jy mag voor geen ander afgod buig” of “ voor My (God se) aangesig bring...” As jy hierdie skrifgedeeltes suiwer uitleef, is ek tevrede.

    Trienie, ek voel verlig oor jou vertolking dat Allah, Jumala, Brahman ... en al die baie ander name vir onse Skepper, net ‘n ander “noemnaam” vir God in my hart is.

    Derhalwe wil ek jou verseker dat die ander sogenaamde 11000 afgode in my geloof, bloot net uit Dolf se onkunde gebore is.

    Deur die jare het ek menige gesaghebbende bron hier aangehaal waarin die Hindoes, as 'n monoteïstiese Godsdiens beskrywe word - ook so in my persoonlike ervaring.

    Taalgesproke is die aanbidding van 'n "Drie-eenheid", veel eerder politeïsties.

    In die Heidelbergse Kategismus leer katkisante van onse Drie-enige God.

    Nietemin, ek respekteer ook nederig my Protestante broers en susters se aanroep tot onse Drie-eenheid, aangesien God wel ook hul harte ken en weet wat die bedoeling daarin is.

    Trienie, die word "mite" beteken ook nie leun of fiksie soos dit altoos deur die korporatiewe media deur intellektualisme gebreinspoel word nie. Die etimologie van die woord dui inderdaad op 'n baie heilige betekenis.

    Weereens hoop ek dat jy ook sal begryp waar ek bid; mag Jesus Christus onse God, self die mite van Sy menswording in onse harte waar maak.

    Namaste!

    Jou broer in Jesus Christus onse HERE,
    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Beste Chris

    Ek neem jou kritiek weldeeglik ter harte.

    Ek hoop dat my laaste antwoorde hierbo aan Dolf en Trienie, my bedoeling duideliker maak.

    Wat die intellektualisme betref, steun ek op die letterlike betekenis daarvan.

    Intellektualisme. 1. Oorskatting v.d. funksie v.d. intellek ten koste van ander geestelike funksies. 2. Die leer dat kennis hoofsaaklik op verstandelike begrip berus en nie op ervaring nie.

    Hierdie verklaring staan egter direk teenoor die volgende:

    intellektualiteit. Intellektuele krag en bekwaamheid; die geestelike in die mens.
    intellektueel 1, (s), ..tuele. Iem. wat hom veral met die dinge v.d. gees besig hou.
    intellektueel2, (b), ..tuele. Verstandelik, geestelik skrander; hoogs ontwikkeld.
    intelligensie. Verstand; vermoë van 'n mens om te verstaan; intellektuele vermoë; skranderheid. intelligensiemeting; intelligensiepeil.

    (Ek hoop die onsinnige samestelling "spirituele intelligensie", soos uit die verklaringe hierbo geneem, ook duideliker is).

    Chris, nogmaals dankie vir jou belangstelling en vermaninge.

    Ek leer beslis daaruit.

    Vra gerus indien ek steeds vaag oordra.

    Namaste!
    Cornelius

  • Cornelius,

    Ek lees met aandagtigheid jou skrywe, en ek hoop nie jy sien dit in ‘n slegte lig of as aanvallend nie, maar jy maak ‘n fout om te dink dat ek myself nie al vergewis het van ander godsdienste nie. Jy skryf: “Dolf, ek dink jy moet jouself eers gaan vergewis oor die Boeddhisme voor jy vir jouself verder verleentheid skep. Ek kan ook onmoontlik op al jou dwalinge reageer.” Ek is nie bewus daarvan dat ek dwaal nie, dus, sonder om te “dwaal”, wys ek jou graag (in kort) op, onder andere, die Boeddhistiese godsdiens. OK-OK, ek moet ook erken dat ek darem net myself wil verdedig teen enige iemand wat dalk mag dink dat ek myself in “verleentheid” stel.

    Boeddhisme erken Nie die idee van ‘n godheid of God Nie, maar dat alles deel is van ‘n ewigdurende onpersoonlike realiteit. Dus, geen God, geen Christus, geen redding ... Jy behoort ook verder te weet dat een van die Boeddhisme se belangrikste simbole die “wiel met agt speke” is wat juis hul ewigdurende realiteit (hergeboorte – 'n soort van gedurige reïnkernasie) uitbeeld waarvan ‘n mens slegs vry kom deur die Boeddha se leringe te volg. Boeddhisme is dus eerder ‘n “in-jouself-gerigte” etiese en filosofiese sisteem as die geloof in en aanbidding van ‘n god of (af)gode. Indien die Boeddhis dan nie Boedha se lering volg nie word hy dan by afsterwe gereïnkarneer tot ‘n ander lewensvorm, en so voorts en dies meer, todat hy uiteindelik Boedha se lering begin volg. Jy kan gerus vir my uitwys waar jy die ooreenkomste tussen God se verlossingsplan in Sy enigste Seun, Jesus Christus, sien en hoe jy die die Boeddhistiese godsdiens daardeur regverdig.

    As jy graag wil, kan ek jou ook uitwys wat onder ander godsdienste soos Judaïsme, Hindoeïsme en Islam verstaan word en ek kan ook redelik vining die verskille teenoor die Christelike geloof aan jou uitwys. Een van die mees uitstaande verskille is dat die Christelike geloof erken en bely dat God uit genade red en Hy alleen red. Dit is dus God wat ons uit genade gered het in en deur Sy enigste Seun, Jesus die Christus. AL die ander bogenoemde godsdienste maak op die mens (hulself) self staat vir hul redding. Dus glo hulle, onder andere, dat jy jouself red deur goeie dade/werke, meditasie, joga, bediening, gee van tiendes, ens. Vir interessantheid, die Islam glo dat daar 2 engele aan elk toegeken is wat alles wat jy doen (goed of sleg) opskryf! Só, in die godsdienste klim jy asit’ware ‘n moralistiese en sermonieële leer op hemel? toe soos wat jy jou eie verdienste gedurigdeur regverdig.

    Ek herken helaas dat ek verkeerd was met die 11,000 afgode van die Hindoes, terwyl daar in werklikheid 330 miljoen ander (af)godefigure is! Dit is nou vanuit die manefistasie van hul godheid “Ishvara” wat bestaan uit drie vorme van Brahma, Vishnu en Shiva. Een van my kollegas is 'n Hindoe en hy het nou die dag 'n nuwe BMW aangeskaf. Ons het gaan kyk na die nuwe motor en wat sal ek sien pruik agter die stuurwiel?.... 'n afgodsbeeljie bestaande uit 'n vroulike figuur met 8 of 10 arms, 'n olifant slurp vir 'n neus, ek verbeel my daar was 'n stert ook en ek weet nie wat nog nie. Toe ek hom vra wat dit is het hy gesê dat dit sy beskerm figuur/beeld is wat die motor beskerm en hom bewaar op die pad - hy ry in elk geval baie vinnerger as die normale bestuurder.

    Jy sien Cornelius, hierdie is die feite en so kan ek aan-en-aan gaan. Ek besef dat jy ‘n diep gevoel van medelye? asook respek teenoor hierdie godsdienste beoefen. Miskien is die vraag dan eerder HOE ek as Christen teenoor ander godsdienste se gelowiges behoort op te tree. Jesus se gesindheid en optrede is ‘n sprekende voorbeeld van iemand wat in ware liefde, genade en barmhartigheid brûe na mense toe gebou het, en hieruit kan én behoort ons almal iets leer. Hy steek Sy hand uit na ons almal.

    Ek sluit af deur Udo Karsten aan te haal: “Hoe Christene teenoor mense optree, bepaal grootliks of daardie mense geaffronteer gaan word deur die eksklusiwiteit van die Christelike pad, of aangetrek gaan word deur die inklusiwiteit van die uitnodiging om saam op daardie pad te kom stap.”

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf,  

    In die eerste plek kan ek myself glad nie voorstel hoe 'n mens hoegenaamd die reg het om aan 'n voor te skryf om suiwer Joods, Hindoe, Moslem, Rooms, Oosterse, Protestant,... of wat ookal te moet wees nie.  

    Chris het my dalk heel tereg op 'n keer as 'n "cherry picker" beskryf.  

    Dis wel so dat ek dit wat troos en vreugde in my hart  bring, ek in my eie persoonlike lewe koester en waardeer.  

    Ek skep egter nie 'n nuwe Godsdiens daarmee nie; ek deel in elke Godsdiens en meng die Evangelie in Jesus Christus onse HERE se genade, met elkeen afsonderlik.  

    Met respek; nie eens die Protestante dra eintlik die Evangelie na my mening soos dit hoort nie. Hulle het hulself weldeeglik as ideologiese (politieke) organisasies ten koste van die Evangelie, en in die Afrikanerdom bewys. Vandag was hulle voete met ander burgers se onskuldige bloed, gestort in hierdie hel van vergelding; dit, na hul geslagte lange anderhaat verkondiging van die preekstoel af!  

    Jy is waarskynlik ook heel gelukkig om in Suid-Afrika se sogenaamde demokratiese hutspot, as 'n reënboog Suid-Afrikaner gestook te word; dit, wyl jy radikale onderskeid met ander se harte in hul diens aan ons almal se Skepper, so vir jouself probeer skep!  

    Ek is 'n direkte teenoorgesteld hierin; ek ag my identiteit as 'n Afrikaner in onderskeid met andere se taal, en my kulturele erfenis besonder; dit, wyl ek sonder onderskeid in God se genade saam met my medemens kniel.  

    Dolf, ek bevraag nie jou geloof nie.  

    Ek aanvaar enigiets wat jy as jou geloof, of ongeloof, deel.  

    Wat jy ookal glo, of nie glo nie, is okei wat my betref - solank jy jou naaste nie daarmee probeer onderdruk nie.  

    Ek het jou al voorheen gevra om te antwoord: JA, Jesus Christus is GOD; of NEE, Jesus Christus is nie GOD nie. 

    'n Eenvoudige JA, of NEE, sou my help om jou herhaalde affronteerdery jeens ander se Godsdiens, beter te kon begryp.  

    Jou opgehoopte farisese klem dat jy oor "ware geloof", "ware Bybel", "ware kerk",... ensovoorts beskik, dui inderdaad op eksklusiwiteit; ook direk in teenstelling tot jou eie aanhaling van Udo Karsten: "Hoe Christene teenoor mense optree, bepaal grootliks of daardie mense geaffronteer gaan word deur die eksklusiwiteit van die Christelike pad, of aangetrek gaan word deur die inklusiwiteit van die uitnodiging om saam op daardie pad te kom stap.”  

    Ek is egter tog op 'n manier hoopvol dat jy minstens, en dalk nie meer die Boeddhisme, as die een of ander Godsdiens beskou nie.  

    Tog vra jy heel paradoksaal aan die einde van jou eie verligting daarin: Jy [Cornelius] kan gerus vir my uitwys waar jy die ooreenkomste tussen God se verlossingsplan in Sy enigste Seun, Jesus Christus, sien en hoe jy die Boeddhistiese godsdiens daardeur regverdig. 

    Nee Dolf, weereens; die idee "Boeddhistiese godsdiens", is 'n dwaal - lees asseblief net weer jou eie verklaring daaroor.  

    Jy tik dan self: Boeddhisme erken Nie die idee van ‘n godheid of God Nie, maar dat alles deel is van ‘n ewigdurende onpersoonlike realiteit ... Dus, geen God, geen Christus, geen redding ... Boeddhisme is dus eerder ‘n “in-jouself-gerigte” etiese en filosofiese sisteem as die geloof in en aanbidding van ‘n god of (af)gode.  

    Dolf, jy het duidelik nog geweldig baie te Google voor jy hoegenaamd jou nuutgevonde kennis in lyn met ervaring kan bring.  

    Boeddhisme beskou byvoorbeeld nie realiteit, as iets "onpersoonlik" nie - juis nie; al gehoor van karma?... dis slegs een enkele begrip in die Boeddhisme wat direk op die persoon betrekking het, of op die persoon gerig is.  

    Ewigdurende waarheid (realiteit), is Bybels. Weet jy dan nie ook van die Alfa en die Omega nie?  

    En dan is daar nog Siddhartha se lering dat GOD self, die perde se hoewe stil gemaak het toe hy in die nag uit sy oorbeskermende pa se kasteel gevlug het. 

    Alhoewel nie Godsdienstig nie; helaas, hoe kan jy Siddhartha se leringe dan as ateïsties beskou?  

    Ja, die Boeddhisme se vele vertakkinge is 'n lewenswyse (etiese en filosofiese sisteem), waarin enige Godsdiens op aarde beoefen kan word. Om jou na bes te antwoord; dis soos Salomo se wysheid, die boek Prediker in die Bybel, of enige kultuur se besonderse waardes wat jy vir jouself aanneem. Die Evangelie pas die Boeddhisme, nes dit die wysheid in Prediker pas...

    Dolf, jou onthutstheid jeens ander se Godsdiens, ken gewis geen perke nie.  

    Jou vervelige "humor" omtrent ander se geloof, is ook nes spotters wat die katolieke se Nagmaal, as 'n ritus in kannibalisme aflag.  

    Jy het tog soveel tyd in God se genade, dat sou dit nodig wees, jy jouself beter in ander se belewenis en Godsdiens kan onderrig.   

    Waag miskien om "Kali Ma" te Google as jy wil, en begeef jouself 'n bietjie dieper in die Hindoe.  

    Daar is menige sinkretiese voorstellinge van Haar in verskeie Godsdienste op aarde, ja, tot in die BYBEL!

    http://www.youtube.com/watch?v=b3pBrnTujPQ  

    http://www.youtube.com/watch?v=VnDB31O7-fg 

    Dolf, wyl jy mag glo, of nie glo nie nes jy dit in jou eie hart vind, ag asseblief ook ander se belewenis daarin.  

    Namaste!  

    Cornelius

  • Cornelius,

    Dit is nogal opvallend hoe jou gevoel/emosie/geloof wissel van die een end van haat na die ander van sogenaamde gevoelvolle liefde en so gaan dit heen-en-weer. Maar helaas, soos ek al voorheen vir jou uitgewys het, ek lees deur jou gebabbel. Dit is vir my duidelik dat jy so rigtingloos soos ‘n skip sonder roer is. Dán is jy hier, dán is jy daar, dán is jy oral……

    Jy verwys na Chris beskrywing van jou as “cherry picker” en bevestig dat hy dalk reg is. Jy erken (in só mate) dus dat jy die beste (wel, dit wat jou pas) van elke godsdiens kies en dit dan meng met ‘n “Jesus is God” en dus dien en aanbid almal God (volgens jou). Jy sien, jy self gebruik die term “meng” in jou skrywe hierbo en ek haal aan: “….ek deel in elke Godsdiens en meng die Evangelie in Jesus Christus onse HERE se genade, met elkeen afsonderlik.” Soos ek al voorheen ook vir jou uitgewys het, deur Jesus Christus te “meng” met ander godsdienste wat Hom nie erken en bely nie, in so mate dat jou “Jesus is God” jou eie ideologie ondersteun, is blatante en dwase kettery – niks meer nie. Jy kan nie Jesus Christus se verdienste afwater en verdraai (die betekenis daarvan) om bloot ander godsdienste afsonderlik te akkommodeer ter ondersteuning van jou eie misleidende mengelmoes godsdiens nie.

    Daar is ‘n spreekwoord wat lui: “waar die hart van vol is loop die mond van oor” – dít blyk duidelik waar jou hart lê met jou skrywe: “Jy is waarskynlik ook heel gelukkig om in Suid-Afrika se sogenaamde demokratiese hutspot, as 'n reënboog Suid-Afrikaner gestook te word; dit, wyl jy radikale onderskeid met ander se harte in hul diens aan ons almal se Skepper, so vir jouself probeer skep!” Dít is wat jy voel én doen. Jy probeer die “beste ooreenkomste” uit alle godsdienste afsonderlik neem en dit dan te meng met Jesus Christus, om sodoende asit’ware Christus en Sy verdienste aantepas (te maak pas) by alle ander godsdienste afsonderlik eerder dat ander godsdienste by Christus moet aanpas! Terloops jou aaname van my is ook nie in die kol nie.

    Volgens my weet jy presies wat jy besig is om te doen en jy weet ook dat jy met ernstige kettery besig is – jou sogenaamde “liefde” is wan-gerig en haal ook nie die paal nie. Jy het ‘n defnitiewe en besliste haat teenoor die ware christelike geloof en dus ware christen gelowiges, en dit grief jou – dié dat jy ook nie kan saamstem met my aanhaling van Udo Karstens nie. Jy wil nie ander godsdiens be-oefenaars saam nooi op die ware pad na Christus toe nie. Nee-nee, jy hou jouself moedwillig blind vir hul duidelike wanbegrip van en oor die ware evangelie en “cherry-pick” eerder wat jy van hulle godsdiens kan neem en meng met jou “Jesus is God” en daardeur Sy verdienste kan maakpas sodat jy hande met alle godsdienste kan vashou en “Kumba-Ja” saam hulle om die vuur kan sing. Hoe jammerlik dat die Waarheid jou só verbygaan.

    Ek het jou al menigmaal duidelik uitgewys Wie Jesus die Christus is direk uit die Woord van God, sonder enige verdraaiings en volgens dit wat die apostels en die refamotore verkondig het. Indien jy nie met my saamstem nie, wys my asseblief uit die Bybel waar ek dwaal. Maar jy kan nie, die dat jy weereens in ‘n patetiese wanhopige poging probeer om die lesers se aandag weer van jou kettery af te lei en weer dieselfde vraag oor-en-oor te stel. My antwoord aan jou is – lees my vorige skrywes weer en vergelyk dit gerus met die Bybel.

    Terloops, ek stel glad nie belang om boeddhisme, hindoe-isme en dies meer, te bestudeer, te meng en daaruit te probeer leer nie. God se genade in Christus is vir my genoeg en van Hóm wil ek meer-en-meer leer. God stel dit duidelik in Sy Woord, die Bybel – As jy nie Jesus as die Christus erken én bely nie, staan jy onder die wet en sal daarvolgens geoordeel word….kant en klaar! Ek stel voor jy begin by die begin – rig jou geloof, liefde en verlange op Christus én Hom alleen – neem jou kruis op en volg Hom én Hom alleen - dan eers kan jy ander in liefde en nederigheid saam nooi op die pad agter Hom, Christus, aan.

    Sterkte

    Dolf

  • CorneliusHenn

    Dolf, in jou onthutstheid dog blatant, blyk jy duidelik nie 'n lid van enige kerk, of Godsdiens te wees nie. Indien jy was, sou jy minstens katkisasie iewers ontvang het, en daar geleer het in welke mate die Evangelie met die dogma waarin jy sou dien, gemeng is. Nie een Protestante organisasie dateer 2000 jaar terug nie. Ook nie een Protestante organisasie se ritusse en liturgie, kom 100% met 'n ander ooreen nie. ALLE protestante organisasies, is met die Roomses gemeng - die Roomses, met Egiptiese liturgie gemeng, ensovoorts... Ek is van mening dat veral die NG Kerk, waar ek ook onder meer saam met my Calvinistiese broers en susters dien, by uitstek, en al hoe meer hul diens met die Roomses se heiligheid meng. En dan is daar Paulus se meng van die Evangelie, met die Grieke se Agnostos Theos... Dolf, synde jy dit nie eens weet nie, jy ongetwyfeld net deel van Kobus de Klerk se selfverhewe  en afgesonderde huiskerkstelsel kan wees. Cornelius

  • Cornelius,

    Hoe lank gaan jy nog gebuk gaan onder jou minderwaardigheidsgevoel teenoor Kobus de Klerk? Hoe lank gaan jou haat teenoor hom en ware christelike gelowiges voortduur, wat nie jou sentiment deel deur Jesus Christus in te meng met ander godsdienste nie? Hoe lank gaan jy nog wag voordat jy vir Kobus de Klerk vergewe? Hoe lank gaan dit nog neem vir jou om tot die besef te kom dat dat alles gaan oor ‘n persoonlike en liefdesverhouding met Jesus Christus as enigste verlosser en saligmaker en dat jy Hom en Sy verdienste aan die kruis en Sy opstanding uit die dood as God se genadeversoening wat Hy vir elke mens wat dit aanvaar én bely, bewerkstellig het? Dat dít nie afgewater, gereduseer en verdraai kan word om te maak pas by ander godsdienste nie en nie daarmee vermeng kan word nie?

    Hoe lank nog Cornelius, hoe lank…….voordat dit te laat is?

    Sterkte

    Dolf

  • Hello, 

     
    Lankal hier ek al geskryf die Henn is te handig met 'n klitser en 'n mengbak en is Dolf korrek om te wys hoe die Henn orals oor is. 
     
    Die sinkretisme links en regs maar ook apart volgens Hennen dan die nuutste, 
     
    ALLE protestante organisasies, is met die Roomses gemeng - die Roomses, met Egiptiese liturgie gemeng, ensovoorts.. 

     
    Hy het nie 'n idee nie. 
     
    En dan kan Henn nie eers somme doen nie. 
     
    Red die Afrikaners van Henn is my gebed. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Heil die leser.  

     

    Na des is dit tog duidelik dat "Dolf" ,enige ordentlikheid teenoor hom in sy verbysterde anderhaat, sal uitbuit as swakheid.  

     

    Ek hoop Chris en Trienie, of enige ander lees sy verwaande miskenning na al my verduideliking aan hom.

     

    Dis seker nie reg om te seg dat ek dit voorsien het nie, want dit laat my bedoeling hierbo skynheilig.

     

    Tog wil ek dit duidelik stel dat beide Trienie en Chris se vermaninge hierbo, my laat twyfel het aan my intuïsie omtrent die boosheid aan die sogenaamde "Dolf".  

     

    Die gebreinspoelde slimjannie "Wouter Ferns", het ook nie op hom laat wag om sy belediginge te laat spat nie.  

    Na "Wouter Ferns" se slaafse intellektualisme aan die korpokrasie se media ongelukkig deur my  uitgewys is, sit ek nou met 'n duiwel op my rug solank ek hier deel.  

     

    Maar ek is nie alleen nie.  

     

    Behalwe die Vrede in my hart, sal hierdie boewe gewis hul eiewaan en kritiek teen enige ander gelowige buite hul farisese haatbende  voer, maak nie saak hoeveel kennis die wyses daarin met die boewe probeer deel nie.  

     

    Dis ook nie dat ek die karikature "Wouter", of "Dolf" se geloof, of ongeloof bevraag nie.  

     

    Hierdie boewe gun gewoon geen ander die vrede in hul harte nie!  

     

    Mag Jesus Christus, onse Almagtige Lewende Skepper, self die Tuinier in enige se hart wees wat hier lees.  

     

    Namaste!

     

    Cornelius

  • Hello Cornelius, 

     
    Poog om 'n houvas op die werklikheid te kry waar almal wat nie saam met jou stem as 'gebreinspoel' brandmerk nie. 
     
    Net soos jy 'gebreinspoel' gebruik, gebruik De Klerk  'spirituele intelligensie', die doelwit en oogmerk van beide is dieselfde, die ander se argumente word gediskwalifiseer, op grond van maatstawwe wat geen gronde in die werklikheid het nie. 
     
    Daarom dan is daar geen 'duiwel' wat jou ry nie, dit is slegs dat jy bevraagteken word en niks daarvan hou nie. 
     
    Hoekom is alles so dramaties met jou? 
     
    Begin om die tradisies se verskille te erken en te respekteer. 
     
    Dit is die minste wat jy as 'n buitestaander kan doen en poog om reg te laat geskied aan die verskillende tradisies. 
     
    Al sit ek nie voet in 'n Moskee of 'n Kerk nie, is daar meer as genoeg boeke wat poog om die verskille te verwoord en die lees ek wel en bevestig jou mees onlangse stelling hoe jy die storielyn heeltemal verloor het: ALLE protestante organisasies, is met die Roomses gemeng - die Roomses, met Egiptiese liturgie gemeng, ensovoorts... 

     
    Is daar 'n manier hoe jy hoegenaamd daardie stelling kan uiteensit? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Cornelius, 
     

    Terwyl jy nou op dreef is verduidelik sommer hierdie: 

     
    In werklikheid is daar groter verskil in die vertolking van hul eie dogma op die ouderlingbank in jou kerk, as wat daar tussen Jood, Moslem, Hindoe,... of enige ander is wat ons voorstelling van ons Almagtige Lewende Skepper raak.
     
    Hierdie ook: 
     
    As die oudste Godsdiens op aarde is die Hindoe lering dat ons een en enigste God in menige gesig, en aan elkeen besonder openbaar, sinkreties oorgedra na die Jode, Moslems en katolieke. Hierdie vermenging het veral gedurende Israel se ballingskap in die Ooste plaasgevind.
     
    Hierdie is maar net twee van jou wilde stellings. 
     
    Wil jy werklik nie poog om 'n houvas op die werklikheid te kry nie, soos die tradisies in die praktyk funksioneer. 
     
    Jy verdedig hierdie hutspot van jou asof dit 'n bestaande, werklike, entiteit daar buite is. 
     
    Dit terwyl dit net die deurmekaar van Cornelius in sy hart is. 
     
    Pluralisme, die skiet jy af, omdat jy dit nie verstaan nie, maar dit laat my toe om die verskille in tradisies te respekteer en elkeen op sy eie terme te ontmoet.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Chris Dippenaar

    Cornelius, jou aanval op Dolf en Wouter is onredelik en ek is seker as jy terugkom later dat jy dit sal kan erken. Gee jouself 'n breek. Ek stel voor, met of sonder die hulp van jou "Tuinier", dat ons knoffel plant oor hierdie brief van jou, elkeen 'n lekker dik boek nader trek, en hierdie onderwerp los vir 'n ander dag, week of maand.

  • CorneliusHenn

    Chris,

     

    As enigeen 'n vraag vra, en ek die moeite doen en antwoord, my antwoord dan blatant geïgnoreer word en daar op eentonige en vervelige reëlmaat voortgegaan word met allerlei spot en belediging deur die sogenaamde belangstellende en vraer, hoe is dit onredelik as ek hul hoon bestry?

     

    Derhalwe is dit nie ek wat met hul oortuiging spot, maar "Wouter" en "Dolf" wat my oortuiginge hier bespot.

     

    Chris, dankie dat jy so hard probeer om te bemiddel.

     

    Dis egter ongevraagd van my kant af en daarby, twyfel ek of jy werklik so objektief en onpartydig is as wat jy hier voorgee.

     

    Nederige groete,

     

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    "Wouter",  

     

    Soos reeds aangedui is jou sogenaamde werklikheid 'n klakkelose napraat, selfs van die ewe verskuilde "Dolf".  

     

    Derhalwe moes ek jou ongelukkig reeds uitwys as 'n gebreinspoelde lakei vir die korpokrasie.  

     

    Om te probeer spot met die werklikheid, gaan niks aan jou werklike onthutsheid verander nie.  

     

    As jy hoegenaamd enige van my vorige antwoorde op jou vrae geag het, dan sou ek met graagte meer met jou deel.  

     

    Jy is egter daarop uit om my ter helle te versoek.  

     

    Hierdie bydrae was juis in antwoord op jou aanvanklike versoeking dat ek my geloof hier moet bely.  

     

    Jou uiteindelike reaksie op my belydenis, het toe jou verskuilde boosheid verraai.  

     

    Nietemin, ek glo "Dolf" is ook heel in sy skik met jou boewe ondersteuning daarin.  

     

    Nie te danke,  

     

    Cornelius

  • Hello Cornelius, 

     
    Wouter is my naam, my werklike aanspreek en noemnaam, by daardie naam roep my vriende my, my ouers my, my kollegas. Dit verg dus nie dat jy dit moet skryf as "Wouter"  nie. Jou bedoelings daarvoor is redelik duister, maar jou beskuldigings van boewery onsmaaklik en platvloers. 
     
    Die toets is doodeenvoudig, is dit wat jy beskryf, 'n entiteit 'daar buite' wat as sodanig erken kan word en bespreek kan word in die lig daarvan. 
     
    Na alles wat jy hier geskryf het, kan daardie entiteit nie waargeneem word, soos jy dit beskryf nie, net soos met Kobus de Klerk se 'ware geloof' en Judaisme as afvallig. 
     
    Beskryf daarom wat daar is, en waaroor daar 'n konsensus is dat dit bestaan en so aanvaar word en die debatte in daardie onderwerp. Te midde van konsensus is daar nog steeds baie wat oop is vir gesprek, maar dit waarmee jy hier vorendag kom is net te dik vir 'n daalder.  
     
    Jy ag jouself soms 'n profeet te wees en hoe waarhede aan jou openbaar word. 
     
    Dit aanvaar ek glad nie en weet sonder twyfel dat jy nie 'n nuwe waarheid gaan bring nie, maar tog verdedig jy dit asof dit iets is wat bestaan en dat dit net 'n klein minderheid is wat nie kan sien wat jy sien nie. 
     
    Die teendeel is egter waar, die tradisies staan apart elkeen in sy eie rigting, dialoog tussen die tradisies is nie te versmaai nie. 
     
    Daardie dialoog ondersteun ek met my volle hart. 
     
    Ek stap van hierdie gesprek af  en laat die laaste skel van jou aan my, aan jou oor. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Cornelius, ek probeer niks bemiddel nie, en ek is ook glad nie onpartydig nie. Ek stem saam met Dolf en Wouter dat jou idees 'n mengelmoes is wat op geen samehangende of sinvolle manier bespreek kan word nie. Niemand kan vir jou voorskryf wat jy moet glo nie, maar as jy dit wat jy in glo hier kom sit op 'n forum en dink dat jy dit kan doen sonder om jouself te regverdig, deur te verwys na die waarheid van jou hart as voldoende, maak jy 'n groot fout.

    Ek het nog altyd baie tyd gehad vir jou omdat ek dink dat jy 'n goeie mens is. Ek sien jou 'n yslike knater van jouself maak en geniet dit nie.

    Jou briewe teen almal wat nie met jou saamstem nie volg 'n patroon: KdK, Wouter of Dolf word goed "pakslae" gegee en dan word daar afgesluit met "Mag Jesus Christus, onse Almagtige Lewende Skepper, self die Tuinier in enige se hart wees wat hier lees", of iets in daai lyn. Miskien verstaan jy dit hierin wat my pla as ek jou 'n bietjie van hierdie medisyne teruggee:

    'n Pragtige sonskyndag vir jou

    Chris

  • CorneliusHenn

    Chris,

    Dankie vir jou eerlikheid.

    Ek stel dit egter duidelik aan jou dat ek myself nog altyd verantwoordelik gevoel het en met die grootse moontlike omvang, enige vrae omtrent my aansprake geantwoord het.

    My antwoorde is egter beslis nie dit wat die kritikasters wou lees nie!

    Ek verantwoord weereens aan jou omtrent dit wat ek glo:

    Geen geloof is aan die intellek verklaarbaar nie. Daarom is geloof nie te beredeneer, of te spog en te dweep teenoor ander nie.

    Geloof, is empirie.

    Waar ek my geloof in hierdie spesifieke bydrae bely het, het ek dit op Wouter se aandrang gedoen. Ek kon sekerlik nie sonder enige identiteit hier opdaag, en met Kobus de Klerk, Dolf, of Wouter redevoer nie. 'n Mens stel jouself voor en stel dan jou punt, aangesien dit vir enigeen belangrik is om te kan vasstel wie jy werklik is, voor hulle jou kan vertrou.

    En dis die gronde waarop ek my belydenis hierbo gegee het. Ek het dit hoegenaamd nie gedoen om enigeen te oortuig nie. Ek het ook nie my geloof op grond van enige intellektuele regverdiging hier gedeel nie. Geloof en verliefdheid is na my mening, naby aan dieselfde irrasionele euforie. Daarom respekteer ek enige ander se geloof, of ongeloof, dieselfde as wat ek jou verliefdheid op iemand sou respekteer.

    Hoe kan ek my eie liefde vir my vrou, intelektualisties bepaal en dit dan as die enigste liefde op aarde dweep?

    Hoe kan ek dan ook dit wat ek met blydskap en vreugde in my hart omtrent ons Skepper ervaar en glo, intelektualisties bepaal en dit as die enigste geloof op aarde dweep?

    Wat wel vervelig raak is waar daar kamstig vrae gevra word, en dan niks geweet wil word, of geken wil word aan my antwoorde of verduidelikings daarop nie.

    Dolf en Wouter het gewoon hul agterkant daarop gedraai en voortgaan asof ek hulle nooit geantwoord het nie. Omdat ek hul hoon ignoreer, word hul spot later as die waarheid geag. Selfs jy praat hul geykte clichés na Chris!

    Chris, ek hoop egter jy lees wel hierbo en besef hoe geoptimeer ek jou ook weereens geantwoord het.

    Die grootste kwessie uit my belydenis, blyk my sinkretiese uitdra van die Evangelie en my sogenaamde "cherry pick" uit ander se Godsdiens te wees.

    Ek maak geen geheim daarvan nie; hoekom sou ek?

    My persoonlike meelewing in enige Godsdiens op aarde, is egter 'n enorme steen des aanstoots vir menige oorlogshond wat hul haat en verdagmakery op die verskille tussen mense voer.

    Chris, aangesien ek hierdie bydrae ook uit my hart en op grond van my geloof stel, laat ek die vervulling daarvan in die hande van die Outeur daarvan.

    Ons Skepper het niemand, gelowige of ongelowige, se erkenning nodig nie.

    Daarom bid ek nederig dat Jesus Christus ons almal se Skepper, se wil sal geskied en self die Tuinier in elkeen se hart wees wat hier lees.

    Namaste!

    Cornelius

  • As ek op hou om in 'n god te glo,  hou hy op om te bestaan.  As ek op hou om realisties te wees, bly die realiteit voortbestaan. 

  • Het so tydjie gelede hierdie stukkie raak gelees:

    And when you die? 06 January 2012, 08:10 - Sokobl I have read and listened to people argue about religion regarding this lifetime. It also know that a people believe that souls go to a particular place after each person dies. Considering that in this lifetime, some religions claim that some are wrong about what they believe, I don’t want to die and find out I was wrong about what I believed and end up in a place I don’t want to be in forever!. So I took time to learn about what each religion offers its believers and non-believers. Buddhism:
     Buddhists believe in reincarnation, take the Dalai Lama, he is the reincarnation of the previous Lamas. So here when you die, you are either reincarnated and can be in another form e.g. an donkey when you are reborn or you reach nirvana, where your spirit is rejoined with god.

     Hinduism:

     this is similar to Buddhism. You remain in the cycle of reincarnation until you are free from bad karma. If you attained the correct standards in your lifetime then Moksha is reached where the worshiper’s spirit becomes one with god. Islam: if your good outweighs your bad, you go paradise. If you just missed paradise because of some bad you did, you are punished for a while in hell then cross over a bridge to paradise. If you were just too bad, well you go to hell for eternal punishment. You can’t be sure whether you’ll go to paradise, you find out when you die.

     Atheism:

     whether you believe in God or a god or not, when you die that’s the end for you. There is no level of self awareness at all. African culture: whether good or bad, a believer or not, you become an ancestor and can watch over people, bringing them good or bad luck depending on how much they are making you happy, limited to your family and relatives. Christianity: whether you are good or bad, accept Christ while you are still alive and He will give you the Holy Spirit that will enable and transform you everyday to be Christ like, if you fail, He’ll forgive you. When you die, you are guaranteed to go to heaven. No matter how good you are, if you don’t accept Christ as your Lord and Savoir, you are going to hell. If you think you are good, it’s according to your standards, no one can be good enough according to God’s standards, to see this, check how many of the 10 commandments you have broken just this week! Get my point?

    Roman Catholicism:

     if you are not too bad, you will be cleansed in purgatory when you die and you have a second chance to make it into heaven, otherwise eternal damnation in hell. Even though Christ died for your sins, if you are from other religions and are steadfast in worshiping God, you will make it into heaven. Judaism: if you follow the law you will go to heaven, if not, whoever you are, you are going to hell forever.   I know this is a very general summary but I think it captures the main ideas as to what happens when you die. I am a Christian and that is because Christ loves me and He died for me. Otherwise I would rather believe in Christ now and find out in the afterlife that there's actually more options, I could be reincarnated, dissolved to atoms or some form of energy, be joined with my spirit family clan or get a second chance in purgatory, than to believe in any of that, then die and find that alas, the Bible has been right all along, CHRIST - IS- THE - ONLY - WAY!

  • CorneliusHenn

    Baie waar Andrè... maar om in God, die almagtige lewende Skepper van al die realiteit om ons te wees, is genadiglik anders... mag God self hierdie werklikheid in jou hart bring... Namaste!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top