Dirk, nee man, nee …

  • 5

… jy's is al weer besig om uiters kreatief gevolgtrekkings te maak en dan net so kreatief daarop voort te bou.

Byvoorbeeld, in jou kommentaar onderaan my brief van 16 deser aan jou, na aanleiding van my stelling dat niks van iemand weggeneem kan word wat hy nog nooit gehad het nie, sê jy my " ... argument is dus: 1) Die feit dat mense oor jare nie in hul geboorteland kon stem nie, regverdig hierdie onreg in die oneindigheid in."

Verkeerd, ek het dit nooit gesê nie; ek het bloot gesê jy kan nie iets by iemand vat wat hy nie het nie.  Buitendien, van watter onreg praat jy?  Het almal deur al die eeue wat hulle nie gestem het nie met hierdie onreg waarvan jy praat gelewe (en toe vererger dit toe Jan van Riebeeck hier land want hy het nagelaat om hulle te leer stem)?  Bog man; praat van 'n bankrot argument, dít is nou een.

Nog is dit het einde van jou goëlery niet want jy vervolg:

"2.  Swart, Bruin en Indiërs is inherent nie bekwaam om te stem nie, want so 'n regeringsvorm het ..."deur die eeue net nie vir hulle gewerk nie.." (Hoe rasneerhalend is jou stelling nie. Ten minste is jy eerlik oor wat jy van hierdie mense se vermoëns dink)."

Dit is jou gevolgtrekking baseer op 'n gefabriseerde aanname; ek het so iets nooit gesê of impliseer nie.  Jy kan wel aanvoer dat ek myself swak uitgedruk het; dat mens nie kan sê dat iets wat nie bestaan nie, nie 'werk' nie.  Die feit bly egter bestaan dat Van Riebeeck-hulle nie hier opgedaag het en stemreg van mense hier weggeneem het nie want daardie mense het nie demokrasieë bedryf nie.

Jou opmerking dat ek "rasneerhalend" sou wees is dus 'n foefie, jy soek geallieerdes.  Jou argument is so bankrot dat jy goed wat jy voel jy maklik kan afskiet, aan my toedig.  Jy gaan voort met hierdie transformasietaktiek en beweer ek verlang 'terug na Apartheid' omdat ek nie nou nie sou kon verdra dat almal gelyk behandel word nie.  Watse bog is dit?  Dis nou regtig die bodem skraap uit jou arsenaal – wys net hoe leeg daardie arsenaal is.

Ek het wel 'n versugting – wat ek deel met veral die swart landsburgers as mens na hulle daaglikse protesaksies kyk – na goeie administrasie.  Dus geen korrupsie, geen plaasmoorde, geen wegholmisdaad, geen slaggate in die paaie, skoon en veilige parke, polisie waarop mens kan staatmaak ens ens.  As jy reken hierdie toestand het geheers gedurende 'Apartheid', wel, dis jý wat dit sê. 

Wat my bring by jou vraag oor hoe naïef ek nou sou wees om te dink daar is diegene (alle kleure) wat die huidige toestand verkies omdat hulle nou mag stem.  Kyk om jou heen Dirk; daar is daaglikse opstande juis omdat hulle ontevrede met die huidige administrasie is, stemgeregtig of nie.  Om die waarheid te sê, die algemene burger se stem (of 'demokrasie' alhier soos jy dit sou noem), WERK nie want lewensgehalte het gedaal tot op 'n onhoudbare vlak soos die protesaksies getuig.

Wat die Unilever-verslag betref; hoe naïef is jý?  Dink bietjie oor die tydwaarde van geld, en hoeveel van hierdie skielike nuwe middelklas is werklik, ekonomies gesproke, middelklas?  Dit is 'n kwessie van die Tsaar se geld en die goue gans, die een raak op en die ander is besig om dood te gaan.  Kyk maar na die vele staatsdepartemente en munisipaliteite waar reuse-salarisse aan werkers betaal word vir byna geen uitsette nie.  Dit is 'n inflasionistiese toestand en gaan (is trouens reeds besig) plat te val soos 'n soufflé.   

Kom ons ontleed jóú argument:  Die huidige gemors is regverdigbaar omdat mense mag stem.  Hoe naïef kan jy wees? Die ironie van dat 'n stem juis daar is om lewensgehalte te waarborg gaan by jou verby en dat dit juis nie 'n demokrasie is nie; daar is nie sprake van regering deur die volk vir die volk nie.  Jy besef ook nie dat 'geboorteland' hier 'n totaal arbitrêre begrip is nie; voor 1910 byvoorbeeld sou geen Venda dit in Zoeloeland gewaag het nie en na 1910 is dit skielik sy geboorteland.  Jy skyn ook die idee in jou kop te hê dat enigiets wat chronologies verder op die skaal is, beter moet wees as enigiets voorafgaande. 

Jy het jou beywer vir 'n bestel waarin Engels die amptelike taal is, die infrastruktuur met rasse skrede agteruitgaan, werkloosheid, korrupsie en misdaad hoogty vier, protesopstande – baiekeer gewelddadig – byna elke dag, plaasaanvalle so gereeld gebeur dat die regering dit verdoesel, mense (selfs Afrikaners ook) die land in hordes verlaat en die ekonomie so te sê poer in sy glorie is (dis maar onder andere; spasie en tyd is te min om uit te brei).   

Sodra mens jou op die bankrotskap van jou rede wys word jy met modder gegooi; jy sou nou met 'n ossewa agteruit die verlede in wil trek, jy is naïef, jy wil nie hê ander mense moet jou gelyke wees nie, die soort van ding.  En jou coup de grace:  Die stelling 'Punt' wat seker veronderstel is om te beteken "Ek wat Dirk Rigter is het gepraat!"  Waar in jou lewe ...

Praat van bankrot argumente, dís nou bankrotskap par excellence.

Jan Rap

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Jan Rap,  

    Elders dig Dirk Rigter ook die volgende aan my en jou toe: "Toe ek [Dirk Rigter]  my teenstand teen die onmenswaardige behandeling van mede landgenote uitgespreek het, het Jan Rap én Cornelius Henn in verskeie skrywes en kommentare die totale skuld vir apartheid eensklaps op die Engelse geplaas, so asof die Afrikaners geen aandadigheid daarin gehad het nie"  

    Die vetdruk in die aanhaling hierbo is die skaduwee boksertjie Dirk Rigter se klem daarop.  

    Jan, wyl jy saggies daarna as 'kreatiewe gevolgtrekkings', goëlery,' gefabriseerde aanname', ... ensovoorts verwys, antwoord ek dat dit gewoon kwaadwillige en lafhartige verdagmakery gegrond op hul eie laakbare veronderstellings is met die doel om my en jou waardigheid hier te verkrag.  

    Dirk Rigter is nie die enigste kruiper wat sulke aksionabele taktiek volg om hul neo-liberale en minderwaardige skuldgevoelens jeens apartheid op ander te probeer dwing nie, karikature soos Wouter Ferns word ook ingespan onder allerlei gesplete persoonlikhede soos ene "Lilly White" en "Elizabeth op 'n bootreis" om die werf met 'n tsunami stront te tref.  

    Ek beaam jou standpunt omtrent die onwaar kwaadsprekery en opsetlike skending van ons standpunte deur hierdie lafhartige neo-liberales sonder dat hulle ooit enige bewyse vir hul twak kan aanvoer.  

    Ek ag hulle as boewe daarby!  

    Boeregroete,  

    Cornelius Henn

  • Ou Boeregroete, met hierdie aanhaling uit jou kommentaar hierbo "...om die werf met 'n tsunami stront te tref..."  verkrag jy sommer self jou eie waardigheid. Niemand anders hoef dit te doen nie...

     

    Jan Rap, jy het jou vlag van rasverhewendheid hoog aan die mas gespyker. Niks wat jy nou sê of ontken gaan dit verander nie. Almal wat kan lees wéét hoe jy sake sien. Ek haal direk aan uit 'n onlangse brief van jou: "...maar omdat stem inherent is aan 'n regeringsvorm wat bloot, "deur die eeue", net nie vir hulle gewerk het nie..."  Almal weet die "hulle" is na wie jy verwys.  Swart, Bruin en Indiër inwoners van Suid-Afrika. Wat impliseer jy met hierdie aanhaling van jou? Hierdie mense is té onnosel / onbekwaam / om demokrasie te verstaan en deel daarvan te wees? Sê hardop wat jy bedoel.

     

    Hoekom antwoord jy nie op die twee kernvrae wat ek aan jou gerig het nie:

    • 1. Waar moes die Swart, Bruin en Indiër inwoners van stedelike Suid-Afrika hul burgerregte uitoefen?
    • 2. Bring voorbeelde van Swart, Bruin en Indiërs wat hul stemreg sal opsê om terug te keer na die "Ou Suid-Afrika". Ons wag in spanning.

       

       

       

       

         

  • Dirk, net eers jou vrae beantwoord:
    1 Die swartes sou meestal hulle burgerregte uitoefen in die republieke/koningkryke van Swaziland, Basoetoeland, Zoeloeland, Xhosaland, Vendaland, Pediland, Tsongaland en Tswanaland en ook, hier en daar, in die Republiek van Suid-Afrika.
    Die bruines en Indiërs sou meestal, soos die wittes, hulle burgerregte uitoefen in die Republiek van Suid-Afrika en, hier en daar, soos sommige wittes ook, in die republieke/koningkryke van Swaziland, Basoetoeland, Zoeloeland, Xhosaland, Vendaland, Pediland, Tsongaland en Tswanaland.
    2 Al diegene wat vandag in protesopstande betrokke is, en gister en eergister en die dag daarvoor ens ens in protesopstande betrokke was en more en oormore en die dag daarna ens in protesopstande gaan wees.  Jy kan maar 'n notaboekie vat en so deur die aksie heen hulle een-een voorkeer en name neerskryf.

    Dis egter nie die punt nie; die punt is jy vergoeilik 'n gemors en probeer jou aandeel in die daarstel daarvan regverdig deur die pateties-flou verskoning dat jy (en jou medebreingespoeldes) dit eenvoudig moes doen omdat daar mense was wat nie in hulle geboorteland kon stem nie.  Ek sê jou weer, 'geboorteland' is arbitrêr en die 'stem' wat ons almal nou het het WERK nie - dag vir dag is daar manifestasies van die onvermoë van die regeerders om te regeer maar, na die volgende verkiesing, is hulle weer ingestem, ek kan jou 'n briefie gee.

    Jou kreatiwiteit ten opsigte van verdraaiing kan maar net nie bedwing word nie:  Hoekom openbaar ek nou rasverhewendheid as ek sê vir eeue het niemand gestem nie?  Dis mos die waarheid of hoe?  Ongelukkig het ek nou Jan van Riebeeck genoem wat jou verstek-argument van wit-swart weer gevoer het maar op 'n punt van orde:  Wie het gestem voor die Grieke met die begrip 'demokrasie' vorendag gekom het.  Trouens, ek twyfel sterk of Jan van Riebeeck self ooit 'n stem gehad het en as hy gehad het, was daar baie in Europa, en die Amerikas, en Asië ens wat ook nie 'n stem gehad het nie.

    Stemreg is bedoel om lewensgehalte te verseker.  Met die feit dat dit hier die teenoorgestelde effek gehad het sê ek glad nie mense mag nie stem nie; ek sê die huidige bestel is nie 'n demokrasie nie en hier haal ek jou graag aan: "Punt."

  • CorneliusHenn

    Herman Giliomee se gebreinspoelde student Dirk Rigter kan nie sy lafhartige verdagmakery en gelieg  bedwing nie ...  derhalwe, die absurde vragies waarmee hy gedurig die pale probeer skuif moet beantwoord word wyl hy nie die moed het om sy kwaadwillige veronderstellinge te verantwoord nie ... siestog ... soveel vir die leuenagtige befaamde student en kruiper ou Dirkie en sy komposstampbende- wharghahahahahah!!!!!!!

  • CorneliusHenn

    Derhalwe Dirk Rigter, laat my toe om dit baie duidelik aan jou te stel; had jy maar die ordentlikheid om die wat van jou verskil behoorlik op hul naam te noem en eerlik aan te haal, dan kon 'n mens jou dalk gelyk gee dat stront ietwat kras is om na jou stront te verwys... maar, gegewe jou laakbare gelieg en ydele bynaampies vir diegene wat met jou verskil asook die mate wat jou stront by die res van die komposstampbende smaak vind, sal enige ander verwysing na jou stront as stront pretensieus wees ... Boeregroete, Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top