
Die Breytenbach Sentrum bied op 14 September 2013 die tweede Tuin van Digters op Wellington, waartydens ’n verskeidenheid digters sal kom gesels en van hul nuutste werke voorlees. In een van die sessies word alle digters genooi om te reageer op ’n gedig van Marlene van Niekerk.
Vroeër vanjaar het Van Niekerk die gedig “Mud School” aan die basiese minister van onderwys, Angie Motshekga, geskryf wat in die Mail & Guardian gepubliseer is. Dié gedig volg nadat afgevaardiges - waaronder die skrywer Njabulo Ndebele en die aartsbiskop van die Anglikaanse Kerk, Thabo Makgoba – die haglike omstandighede van die sogenaamde modderskole in die Oos-Kaap beleef het. In die Sunday Independent van 12 Mei 2013 nooi Makgoba die publiek uit om druk te plaas op Motshekga en die regering om dringend aandag te skenk aan die verwaarlosing van ons skole.
Die Breytenbach Sentrum nooi nou alle digters uit om op Van Niekerk se onderstaande gedig te reageer en om dan hul gedigte van saam-protesteer, of dan teenkanting, te kom voorlees. Belangstellendes moet teen 2 September 2013 ’n gedig e-pos na Theo Kemp by theo@breytenbachsentrum.co.za om te kan deelneem.
Die Tuin van Digters sluit nie net voorlesings in van digters soos Wilma Stockenström, Clinton V du Plessis en Tom Gouws nie, maar ook optredes deur Hemelbesem, ’n woordkunsprogram, Die 100 gewildste Afrikaanse gedigte met Stian Bam, Tinarie van Wyk Loots, Nicole Holm, Waldemar Schultz en Kyle Seconna. Die dag sluit af met musiek deur Gert Vlok Nel, Laurinda Hofmeyr, Albert Frost, Schalk Joubert, Nicole Holm en Vernon Swart.
Die volledige program is beskikbaar by 021-8732786 of per e-pos info@breytenbachsentrum.co.za.
|
Mud school (For the children of the Eastern Cape, twenty years after Freedom) Minister Motshekga, your name is mud. Let’s see
|
Besoek in die LitNet-argief: Tuin van Digters 2012


Kommentaar
Ontroerend ... Ek voel nou ontsteld en hartseer ... Dankie