skuins uit die halfuur
strompel ’n soldaat
met ’n been in die mond
op die straathoek staan en kou
kon die minister nie maar net
brode bak en grou
met die hand wuif waar hy wou
en die miserabelheid weg kon jou
soos in bybelstories nou
in ’n ou geweeklaag
’n ge-arme ek ge-arme jy
gemene deler gemene gene
gemeenskapsaaldaknatmaak
uniforms en vlae
party-t-hemde gespan oor party-mae
in ’n party-straat met ’n party-naam
word die partytjie geteken in ink
op die stippellyne gelaat
deur die strompelende soldaat
se stomp bloedvoete
getatoe tot die donker
met die eensame gefluit
deur die holte van die been
skoongeblaas van murg
witgesuig van wit
Besoek gerus Buckfever Underground op Facebook

