Die stand van Afrikaans II

  • 3

You will still have lots of geleenthede to bewys yourself.
Wonderful prof! This will begeester people to ewenaar prof's bydrae.
That was not very oorspronklik.
Tell me how to bestuur a restaurant.

Hoe klink dit? Sal enige Engelssprekende so laag daal om sy taal op dié manier te verkrag? Ek twyfel sterk maar dit is soos Afrikaanssprekendes praat. Die eienaar van Bakgat en die kort meisietjie praat so in Villa Rosa:

Jy sal nog baie opportunities hê om jouself te prove.
Wonderlik prof! Dit sal mense inspire om prof se contribution te match.
Dit was nie baie original nie.
Vertel my hoe om 'n restaurant te manage.

Wat sê Anelia van hierdie gemors? Gaan 'n Afrikaanse dokument in Australië hierdie verval stop? Natuurlik nie.

En dit word erger. Ek stel dit dat die bruines van die Kaap (ek sluit nie die mense van die Noord-Kaap hierby in nie) nie Afrikaans kan praat nie. Wanneer Lynette Francis gaste op haar program uit die Kaap het praat hulle lang stukke Engels en wanneer hulle wel Afrikaans praat is dit so'n gemors soos hierbo.

Hulle is geneig om as verskoning aan te voer dat dit makliker is, hulle gebruik 'sommer' die Engelse woord. Byvoorbeeld, as jy praat van 'onskuldig' sal hulle sê 'ons gebruik sommer innocent'. Praat jy van 'w w w' sê hulle 'ons gebruik sommer dabbeljoedabbeljoedabbeljoe', die soort van ding.

Ek hoor vandag stukkies op Loslip waar twee reklamemense vertel hoe moeilik dit is om in die reklamewêreld Afrikaans te gebruik; hulle moet sweet om die adverteerder te oortuig dit is nodig om Afrikaanse advertensies te skep. Ek haal my hoed vir daardie twee dames af maar hulle gaan vir ewig 'n opdraandestryd hê; hoe gaan jy 'n adverteerder oortuig om geld te spandeer wat hy glo geen rendement gaan lewer nie?

Die twee dames is besig om die simptome te behandel; die probleem lê in die Afrikaner se slapgatgeit. As Afrikaanssprekendes met hulle geld gepraat het sou niemand nodig gehad het om Afrikaans in die reklamewêreld te probeer bevorder nie want adverteerders sou oor hulle voete geval het om die Afrikaanse mark te betree waarvoor, natuurlik, reklame in Afrikaans nodig sou wees.

Daar is een troos, sou Afrikaans nou heeltemal verdwyn: Dis ons eie skuld. Die probleem is net, hoe sal ons ooit ons voorouers in die oë kan kyk?

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Johannes Comestor

    Beste Jan Rap

    Ek wil jou graag bedank vir die lansie wat jy periodiek vir my breek en veral vir die kruistog wat jy tot voordeel van Afrikaans voer. Weens my beperkte rekenaargeletterdheid het ek eers onlangs, danksy Naomi se hulp, geregistreer om op briewe te reageer. By my was daar al meermale twyfel of die baie tyd wat  die skryf van SeNet-briewe verg die moeite werd is. Verlede week het ek toe Google geraadpleeg en was verbaas oor wie kennis geneem het van wat ek geskryf het; mense wie se name nooit op die SeNet-werf opduik nie. Gaan dus asseblief voort met jou gereelde skrywes. 

    Groete!

    Johannes Comestor

  • Hallo Johannes

    Jou briewe is uiters waardevol.  Dit laat baie mense besef hulle het nog heeltyd met skille op die oë die wêreld betrag het.  Sommiges van hulle is verlig om verlos te wees en, ander weer, sal teen die prikkels skop maar al hoe meer mense, danksy jou briewe, vind die waarheid.  Meer mense as wat jy dink sien uit na (en verslind) jou bydraes.  Moenie ophou nie.

    Hallo Kabous
    Ek praat ook so.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top