Nou toe nou! Die NG Kerk het uiteindelik besluit dat gays in die kerk volwaardig aanvaar moet word. Het hulle God oornag van mening laat verander, vanaf steniging tot boesemliefde vir gays? Aangesien die wederkoms nog nie plaasgevind het nie, gaan Hy gays wat in Sy naam in die voorafgaande eeue vir hulle dade tereggestel was, nou ’n geëerde plek in sy hemel beklee? Gaan Hy nou die godsdienstige fanatici wat sy vorige Wil uitgevoer het, nou straf deur hulle in die hel te werp?
Net soos ander sosiale wetenskappe, waarvan godsdiens een is, het hulle almal oor millenniums heen geëwolueer om aan die huidige vereistes te wil voldoen, en sal verder in die toekoms na ander sieninge oor dieselfde onderwerp verder ewolueer.
Hierdie is ’n enkele bewys dat enige en alle godsdienste deur mense, en nie deur enige god bepaal word nie. Godsdiens bly ’n menslike versinsel.


Kommentaar
Die verknorsing van dogma.
Die Pous 'fire' en jaag die gay uit die Holy See uit. Die NG-Kerk (my tuiste) sê die getroude gay herder mag in die pastorie bly en vir my preek!
Jy self het hier geskryf die gay-leefwyse en die Bybel is nie versoenbaar nie.
Ek gaan trek!
Raed-na-Gael.
Raed
Dankie vir jou respons.
Die Bybel word al hoe minder as God se goddelike openbaring aan die mensdom deur Christene beskou, die dat wat daarin staan tersyde gestel word ten gunste van die moderne openbaringe van die sosiale wetenskappe.
Die primêre bron van goddelike openbaring (die Bybel) word nietig verklaar. Watter redes het die Christen steeds om Christen te wil wees, sonder sodanige BRON?
Die besluit van die NG Kerk om gay dominees te aanvaar, en die vereistes om selibasie by gay dominees te laat vaar, moet gesien word as n refleksie van die besef dat wat daar wel in Levitikus geskryf staan nie die Woord van God is nie maar wel die woorde van nDie besluit van die NG Kerk om gay dominees te aanvaar, en die vereistes om selibasie by gay dominees te laat vaar, moet gesien word as ’n refleksie van die besef dat wat daar wel in Levitikus geskryf staan nie die Woord van God is nie maar wel die woorde van ’n Hebreeuse stamgod soos vertolk deur ’n volksraad.
Die gedagte dat hierdie stamgod in sy graf omdraai, en die ritteltits kry oor hierdie historiese besluit is ’n bron van groot genot.
Pieter
Dankie vir jou respons.
Soos jy tereg skryf dat die Bybel: "die woorde van ’n Hebreeuse stamgod" is.
Nie net 'n stamgod nie, maar 'n nasionalistiese stamgod deur Jode ontwerp. Saligheid in die Ou Testament was alleenlik vir die uitverkore volk van Israel (Jode) beskore. In die Nuwe Testament, weens die verwerping deur die Jode vir Jesus as God, is hierdie konsep aangepas om non-Jode te akkommodeer, deur die verwerping van die fisiese Jode ten gunste van die geestelike uitverkore Israeliete (Christene) vir saligheid beskore.
Die feit dat mense oor die eeue heen aanpassings tot hulle godsdiens bewerkstellig het, sonder enige bewyse dat 'n god sodanige wysigings geïnspireer het, is 'n toonbeeld in sigself dat daar geen God is nie, maar dat dit 'n versinsel van die mensdom is.
Die uitbundigheid waarmee die nuus aangekondig is verbaas my geensins nie. Soos die Ingelsman sal sê "so what?" Die NG Kerk het ook groot askies gevra vir apartheid. "So what?" Het die mense gekry wat hulle gedink het hulle sou kry? Ek gaan jul balonne pop. Die "afgevaardigdes" wat gestem het verteenwoordig net sowat 29% van die sinodes. Dit is nie die einde van die sage nie. Ons sien nog net die ore van die seekoei. Wat my verstom het is die Katolieke Kerk se reaksie. Dit is net die mense wat dit op betrekking het wat uitbundig is. Ek glo nie die ware gelowige sal hom nie deur sulke netelige kwessies van stryk laat bring nie.
Reusedwerg
Jy skryf; "Ek glo nie die ware gelowige sal hom nie deur sulke netelige kwessies van stryk laat bring nie."
Nou wat is jou definisie van "'n ware gelowige"? Het jy hierdie stelling vir jouself gekaap? Weereens die ONS (die ware Christene) en die JULLE sindroom onder Christene! 'n Nietige stryd onderling, 'n stryd oor 'n konsep oor hoe 'n mensgemaakte omtrent die saak daaroor sou uitsien!
Jaco, ek lees jou reaksie. Gelukkig het ek nie 'n gemoedsbekakking oor die twee onderwerpe nie. Daar is vir my belangriker prioriteite in die kort lewe hier op aarde. Hoop en bid vir jou. Ek het dit al voorheen laat plaas wat iewers as grafitti op 'n muur geskryf is " If you do not believe in Jesus Christ as your Saviour, don not even think of dying." Sterkte vir jou. "You get born wet and cold and it gets worse."
"Ek glo nie die ware gelowige sal hom nie deur sulke netelige kwessies van stryk laat bring nie."
Dit beteken Reusedwerg glo dat die gelowige deur netelige kwessies van stryk gebring sal word.
Jaco,
Jy, as deel van die luidrugtige minderheid, maak wilde maar ongegronde aannames en stellings wat daarby pas ... geïnspireer, gedomineer en aangevuur deur die luidrugtige lawaai van die nietige minderheid waarvan jy deel is.
Wat is die NG Kerk? 'n Verdeelde klompie verwardes wat vandag sus en more so en met ware geloof en Godsdiens min of niks te make het wanneer hul so skarrel en dwaal nie. Hulle is massief in die minderheid, en ook maar op 'n manier lawaaimakers wat net hulself verder en verder vervreem van die res van die geloofskorps.
Maar weet dit, die ware gelowige, omdat hy weet hy word nie deur die ongelowige se rumoer bedreig nie, is meestal stil, en jy (julle) vergis die stilte met nie-bestaan.
Julle leef werklik in 'n droomwêreld van jul eie, wat straks ineen sal tuimel as jul dit nie met holle luidrugtigheid oor die sake Gods aan die gang probeer hou nie. Kyk maar die ongelowiges se pogings hierbo.
Die Woord is vas en sal altyd vasstaan. Die Woord word nie deur jul luidrugtigheid enigsins geaffekteer of bedreig of geïntimideer nie en kom daarom vir jul 'stil' voor. Die Woord het die oorhand, altyd gehad en sal altyd hê en jul rumoer is juis deel van die bewys daarvan, want die Woord het jul optrede en rumoer al eeue gelede geopenbaar (jy sal beter verstaan as ek sê, voorspel ... )
Maar op die ou end sal die Woord skielik vir jul Realiteit word en dan sal jul besef dat julle net arme luidrugtige rumoermakers was.
Kobus de Klerk
Goed verwoord Kobus. Dit slaan my dronk dat "gelowige Christine" die Bybel so kan verdraai. Ons moet nie dat die wêreld ons van die spoor af probeer gooi nie. Al is die pad nou op sy einde daarvan wag Jesus vir ons. Aan die ware God alleen die eer.
Kobus
Welkom terug na ’n lang afwesigheid. Ek het regtig begin dink dat jy vir ons SêNet-skrywers gatvol en moedeloos geraak het, en soos die geval van menigte ander, maar net eenvoudig in die niet verdwyn het.
Ek is derhalwe teleurgesteld in die opstel van jou respons hierbo, vergeleke met voriges, waar jy ten minste jou argumente op logiese beginsels probeer struktureer het. Hierbo neem dit ongelukkig die vorm aan van ’n emosionele tirade met ’n enkele argument gebaseer uitsluitlik op die grootte van die Christendom in teenstelling met die minderheid van beide homo’s asook ateïste, wat in werklikheid geen logiese argument is nie, en ek weet jy weet dit. Die Amerikaanse kerk wat jy aan behoort, is ook ’n minderheid denke binne die raamwerk van die breër Christendom waarvan die NG Kerk ook deel is. Inteendeel, ’n absolute minderheid Kerk in teenstelling met die NG Kerk hier in SA! Volgens jou argument hierbo, behoort die NG Kerk dus reg te wees.
Jy het my brief of te vining gelees, of misgelees. Ek is en was nog nooit ’n voorstander van gay sake binne die raamwerk van enige kerk wat beweer dat die Bybel hulle goddelike BRON van openbaring is nie, want maak nie saak hoe dit vertolk wil word nie, bly die Bybel anti-gay dade, met noodlottige gevolge vir die betrokke persoon wat sodanige dade pleeg.
My brief hierbo is sarkasties opgestel deur te sê dit is nie die Bybel wat skielik besluit het dat gay sake in die kerk aanvaar moet word nie, maar die besluit van mense, wat besluit het dat God (welke besluit wat van Hom ’n menslike versinsel maak) oornag van mening verander het, met my vraag of vorige veroordeelde gays wat tereggestel was, skielik ’n plek in die hemel het, en hulle vervolgers wat God se Wil uitgevoer het, hulself nou skielik in die hel bevind, asook, dat indien God na willekeur van plan kan verander, dit dien as bewys dat God ’n menslike versinsel is, want die hele konsep van ’n God is dat Hy nie teenstrydig, weens sy goddelikheid kan optree nie.
Jy is ’n fundamentele Christen; ek beide ’n ateïs en homo. Binne die raamwerk van die Bybel, wat ek nie as godgegewe beskou nie, verstaan en aanvaar ek jou Christenskap vir wat dit is. Jy het vir jouself ‘n “Spesifieke” goddelike bron van openbaring, wat FC Boot nie het nie, dus die dat ek nie kan verstaan hoekom hy aanspraak op Christenskap kan maak nie.
Jaco,
Nee, ek is nie geneig tot tirades nie, hoewel dit vir jou wat oppervlakkig lees wat ek skrywe, so voorkom. Wat ek sê, is feit.
Eintlik het ek nie 'n saak met wat jy oor homoseksuele sê nie. Hulle is mense soos ek wat deur God geskape is, maar sommige van hulle (homoseksualiste) volg 'n lewensfilosofie wat hulle van die Woord vervreem - jy sal presies weet - terwyl instansies soos die NG Kerk so verval het dat hul dit nie eers meer agterkom nie.
Geen mens het die bevoegdheid om homoseksuele te veroordeel of verdoem nie. Wat sommige van hulle doen - die praktyk daarvan - is definitief verkeerd, maar dit is 'n saak tussen hulle en God en om God en SY Woord te probeer wegwens en te verdraai, soos wat Jean Oosthuizen se uitgesoekte ketters byvoorbeeld doen, help niks en maak dit net eventueel erger vir hulle want verantwoording sal daar gedoen word ...
Geen mens kan Gods Woord verander nie. Sommige probeer wel en sal eventueel die gevolge daarvan dra - op God se tyd want dit is teen Hom wat hulle so rebelleer. Dit is hierdie futiele pogings van diesulkes wat onkundiges soos jy die dinge laat kwytraak wat jy kwytraak, en daarom sê ek dat dit blote rumoer is.
Dus, jou argument oor wat ek sou wou sê en jou aanname (waar kom jy daaraan - ek behoort aan geen kerkdenominasie nie want ek laat my nie deur denominale dogmatiek lei nie, maar deur die Woord en die Heilige Gees Wie dit openbaar) dat ek aan 'n Amerikaanse kerkdenominasie behoort, is ewe ongegrond.
Jy kan ook nie met enige geloofwaardigheid sê dat die Woord soos dit in die Bybel opgeteken staan, nie Godgegewe is nie - jy weet dan nie eens Wie God is nie. Tewens, jy dink nie dat God bestaan nie, want jou persoonlike lewenswyse het jou oor die jare heen so van God vervreem, dat jy die vermoë om God te ervaar, heeltemal verleer en selfs dalk verloor het (hopelik nie ...)
Wat my verbaas van julle, die ongelowiges, is dat julle deur wat julle kwytraak, duidelik erken dat julle God hoegenaamd nie ken nie, tog sal julle karakterontleding van Hom probeer doen asof julle iets weet. Dit is tog belaglik maar verwaand daarby – vandaar dat gelowige mense (mense wie God ken) hul eenvoudig nie steur aan julle rumoer nie en dikwels onvleiend kommentaar lewer daarop.
Jy kan jou dus nie oor die Woord as Goddelike openbaring uitspreek behalwe dat dit wat jy sê, geklassifiseer kan word as die persoonlike opinie van 'n persoon wat nog nie eens begin het om in sy lewe, die dinamika betrokke, te verstaan nie.
Nee, my reaksie is gerig op jou aanmerkings dat Godsdiens 'n blote sosiale wetenskap is en as sulks kwansuis 'evolueer ' om aan te pas. Dit is nonsens ... Die Woord het al meer as 2000 jaar gelede bekend gemaak dat dit so sou wees as deel van die toets tot verval, maar ook wat die uiteinde daarvan sal wees (dit kom nog) en ook jou bewering dat Godsdiens ’n menslike versinsel is.
Dit is die rumoer wat die ongelowige minderheid - natuurlik is homoseksuele en ateïste in die absolute minderheid - maak omdat hulle nie betrokke is nie, die dinamika van Godsdiens nie begryp en verstaan nie, geen deel werklik daarin het nie maar tog iewers op die kantlyn staan en nuttelose kommentaar skreeu. Dit is waarvan ek praat - dit is 'n feit en jy kan met my nie met gesag daaroor redeneer nie want jy self weet en verstaan nie.
Jy sien, julle probeer God, julle Skepper, die Skepper van alles wat jy om jou heen sien, met julle verstand uitredeneer en faal, natuurlik, want watter mens kan God, die met sy karige menslike verstand omvang en uitredeneer? as jy sou kon, sou HY dan net nog 'n mens wees, maar hy is God en daar is te veel van Hom wat jy met jou menslike beperkte kennis, verstand en insig net eenvoudig nie onder die knie kan kry nie.
Kobus de Klerk
Hi Kobus,
Ek wil nie graag sê wat ek nou gaan sê nie maar ek gaan: Jou groot bohaai hierbo is in verband met 'n god wie se bestaan niemand nog bewys het nie. En jy praat neer op hierdie forum asof jy beter weet. As jy werklik beter weet en dit wat jy kwyt raak FEIT is, bewys eers die bestaan van jou spesifieke god, en dat dit die god der gode is. Anders beteken dit regtig nie veel nie. Dis 'n boek wat deur mense geskryf is en telke male "aangepas" word - om die moderne samelewing te akkommodeer. Jy moet met beter as dit vorendag kom om ernstig opgeneem te word.
Skarrelkind,
Jy besef seker darem dat jou reaksie baie tipies die van 'n ongelowige is? Hoe sal jy dan weet waarvan ek praat?
Meeste mense op aarde twyfel hoegenaamd nie oor die bestaan van God nie, hoewel dit nie vir hulle maklik is om God te tipeer en definieer nie - hoe anders, God is so absoluut kompleks en dit word bevestig deur SY komplekse skepping. Maar jou aanspraak op bewys vir God is so belaglik as om aan te dring op bewys dat vars lug ingeasem kan word - dit is so voor die hand liggend. Net so met God. God is net so oral en onmiskenbaar. Maar net soos jy longe nodig het om die lug wat jy inasem te ervaar, te kan assimileer, net so het jy Spiritualiteit nodig om God te ervaar en SY teenwoordigheid te assimileer. Maar soos iemand wat fatale longskade opgedoen het en nie die lug kan inasem nie (dit beteken nie die lug bestaan nie ... ), so is die ateïs sonder die nodige Spiritualiteit om God te kan ervaar.
Daarom kry mens julle werklik so innig jammer. Hoe belaglik om bewys van die voor die hand liggende te wil soek.
Dit is eerder maar 'n kwessie van selfdesepsie wat die ateïs daartoe bring om die bestaan en belang van God te probeer ontken en kwansuis vir bewyse soek. Ons weet waarom ateïste God ontken - hulle wil nie hê HY moet daar wees en in beheer wees nie, want hulle wil dit vir hulself en hul tipe 'wetenskap' - hoe gebrekkig dit ook al is, toe-eien. Al gehoor van prof Thomas Nagel? 'n selferkende ateïs wat eerlik genoeg was om dit vir ons te verduidelik vanuit die perspektief van die ateïs.
Hierdie selfdesepsie het selfs tot die Darwinistiese evolusieleer aanleiding gegee - as deel van die religie van naturalisme.
Kobus de Klerk.
Ai wat 'n deurmekaar spul. Dit gaan in die Bybel nooit oor jou genetiese erfenis nie, maar wel oor wat jy met dit doen, nie net in dade (Joodse beskouing) maar ook in gedagtes (Christelike beskouing).
Jy kan dus albei of net een van die twee wees en netso skuldig wees. Sou jy dus as 'n heteroseksuele man of vrou enigsins gedagtes in die rigting ontwikkel of koester is jy net so skuldig soos die doener.
Dit gaan dus oor hoe ek oor my seksualiteit dink en hoe ek dit beoefen en nie of ek homoseksueel of heteroseksueel is nie.
Daar is baie oor die onderwerp geskryf soos bv Genetiese Predisposisie en Homoseksualiteit soos dit gevind word onder http://www.bybelkennis.co.za/genetiese-predisposisie-en-homoseksualiteit/ en op dieselfde webblad. Wat gebeur in die debat oor dieselfde geslagverhoudings? – Jan van der Watt
Die vraag is moet die Bybel spesifiek oor die onderwerp handel en die betrokke 7 tekste tot op die been ontleed word of moet daar gekyk word na die algemene vermaning aan die volk Israel om nie die gewoontes van die Egiptiese en ander volke aan te neem nie, omdat dit as onnatuurlik en teen die wet van God indruis.
Dit is volke waarin homoseksualiteit en ander gebruike hoogty gevier het.
Beskou 'n mens die praktyke wat deur homoseksuele en ander gebruik gebruik word
dan is dit onnatuurlike gebruike en kan 'n mens nie die voorbeelde daarvan in die natuur gebruik as 'n norm vir menslike optrede nie op seksuele gebied nie.
Ongelukkig span die kerk waarvan ek tans nog lid is sy seile na gelang die openbare
wind waai.
Jaco gelukkig is almal nie dieselfde nie. Dankie tog daarvoor. Ek dink ons het raakpunte in die sin van wat in die landjie van ons aangaan. Hier is goed aan die gebeur waarvan baie min weet. Dit wat op die oppervlak sigbaar is, is nie noodwendig die volle verhaal nie. Ons sal maar wag en sien.
Die nuwe moderator van die NG Kerk, ds Nelis Janse van Rensburg, is op rekord met die aanhaling: “Nooit weer sal ons beskuldig kan word dat ons waardes van mense minder ag nie.” Beteken dit dat die waardes van God minder geag kan word?
Die gay-kwessie is op dieselfde ondeurdagte wyse as die Belhar Belydenis (BB) deur die algemene sinode hanteer. Dit word aangevoer dat niemand die BB hoef te aanvaar nie, want elke sinode kan hul eie belydenisskrifte aanvaar. Wat is die posisie van lidmate (wat nie die BB aanvaar nie), wat hulle binne hierdie milieu bevind en word hulle belange en waardes gerespekteer? Dieselfde geld die gay-kwessie. Wat die NG Kerk met lg toelaat, is ’n samelewing waarop geen Christelike basis voortgebou kan word nie. Die NG Kerk is onder invloed van ’n humanistiese menseregte-ideologie wat die mens se belange en regte as verhewe stel, bo Bybelse waarhede.
’n Ander kwessie wat ook in die toekoms ter sprake mag kom, is of die NG Kerk die sentiment van die Reformerende Kerk huldig. Laasgenoemde het reeds in 2001 versoek dat die woord "homoseksueel" uit die Afrikaanse Bybel verwyder word. Dit is versoek dat dit so hervertaal moet word, dat dit duidelik is dat dit nie in die Bybel gaan oor wat vandag as homoseksueel bekend is nie. Dit word beweer dat die Bybelgenootskap dit so hoog aanslaan, dat dit na akademici wat met Bybelvertaling werk, verwys is om die meriete daarvan te bepaal.
Indien die Bybel by die mens se situasie en kulturele milieu van die moderne tyd moet aanpas, loop die kerk van vandag ’n pad waar daar uiteindelik niks van die waarheid in die Bybel sal oorbly nie, want die mens sal die Bybel aanpas soos dit hom pas. Myns insiens is die oplossing vir die dreigende krisis in die NG Kerk, dat lidmate en leraars wat steeds kans sien om morele standaarde en Christelike waardes te respekteer, hulself van die NG Kerk vervreem en laasgenoemde dan voortgaan as die Nuwe Gay Kerk (NGK).
Reusedwerg
Jy skryf: "If you do not believe in Jesus Christ as your Saviour, don not even think of dying."
The above says to me that you are a cringing, running scared Christian, too scared to die, in case you have insufficiently bribed your god, with obedience, so as to buy yourself a place in heaven.
Unfortunately you will never realize your delusion, as you will never ever again regain consciousness after death.
Jaco, ai Jaco. Ek wil nie eers met jou in 'n redenasie betrokke raak nie. Net dit, die dood is die laaste "ding" wat ek vrees. Sterkte met jou soeke. Bid vir jou.
Rex
Dankie vir jou gewaardeerde bydrae. Christene wat die Bybel huldig as God se openbaring aan die mensdom, kan nie anders as Hom aanvaar "at face value" van "so spreek die Here" nie.
Soos jy tereg sê: "Indien die Bybel by die mens se situasie en kulturele milieu van die moderne tyd moet aanpas, loop die kerk van vandag ’n pad waar daar uiteindelik niks van die waarheid in die Bybel sal oorbly nie, want die mens sal die Bybel aanpas soos dit hom pas."
Dit gebeur reeds. Waarom dan Christen wees indien daar nie meer 'n "Spesifieke" BRON (die Bybel) vir goddelike openbaring bestaan nie.
Ek as ateïs en vorige skeptici binne die Kerk, kon my nie versoen met die Bybel se aannames oor menswees nie.
Kobus
Jy neem aanstoot omrede ek gesê het die kerk het oor die eeue heen geëwolueer tot wat dit vandag daar uitsien. Ek het nêrens gesê die Bybel het geëwolueer nie.
Jy kan enige era van elke afsonderlike kerkgeskiedenis van sy ontstaan tot die hede navors, en jy kom gou agter dat daar deurlopend veranderinge plaasgevind het, aanpassings om aan die menslike sosiale behoeftes van enige gegewe tydperk te voldoen. Die feit dat jy as enkeling buite kerkverband sit, is 'n skreiende bewys daarvan, nieteenstaande dat die Nuwe Testament en veral Paulus se skrifte van 'n georganiseerde Kerk met duidelike dogmatiek praat, wat as die Bruid van Christus beskryf word. Kan jy jouself voorstel, jy as Jesus se bruid. Dit kom beslis vir my gay voor! Jy het self geskryf: " ek behoort aan geen kerkdenominasie nie want ek laat my nie deur denominale dogmatiek lei nie."
Nee wat Kobus. Jy moet fyn deurdink voordat jy jouself in 'n gat trap soos hierbo!
Jaco,
Nee, ek neem nie aanstoot soseer in daardie stelling van jou nie, maar besef eerder, soos ek verwys, dat jy as ongelowige die dinamika nie baasraak nie.
Dit is dus nie ek wat in 'n slaggat trap nie, maar jy wat die Woord waarop jy probeer steun om my mee te probeer teregwys, nie mooi begryp nie.
Die woord 'Kerk', waarmee jy en ander so lukraak mee omgaan, het ’n baie spesiale betekenis. Dit is afgelei van die Griekse woord "kuriakos" wat beteken 'van of behorende tot die HERE' en tesame met die Griekse begrip "ekklesia", wat in die Godsdienstige sin daarvan beteken 'versameling mense geroepe tot die HERE vanuit die wêreld (spiritueel gesproke)'.
Daar is dus geen plek vir verskille op grond van denominasie nie.
Jy is dus maar die een wat versigtig moet lees - en dan nog boonop die dinamika verstaan van dit wat jy lees, iets wat jy as ongelowige waarskynlik as sulks baie mee sal sukkel.
Ek het nie gesê ek behoort nie aan die Kerk nie, maar aan geen kerklike denominasie nie. Daar is 'n yslike verskil. Die Kerk van die Woord verwys na die gemeenskap van gelowiges wie die Drie-enige God dien deur HERE Jesus Christus as Verlosser, met alles wat dit impliseer, deur die leiding van die Heilige Gees. Dit is immers die HERE Jesus Christus Self Wie vir die eerste maal die woord Kerk in sy ware en blywende betekenis gebruik het met Sy befaamde bemagtiging van Petrus in Mattheus 16:18. Hierdie begrip het die HERE dus in dieselfde verband gebring as Sy gereelde verwysings na die 'Koninkryk van God' en die 'Koninkryk van die Hemel', om juis die Goddelike aard en kontrole daarvan uit te wys teenoor die afwesigheid van suiwer menslike aard en kontrole, maar waar die mens die deelnemer en begunstigde kan wees - of die verdoemde.
Maar al wat oor die eeue heen gebeur het, is dat groeperinge ontstaan het en religieus verpolitiseer geraak het met die gevolg dat hulle allerlei reëls en regulasies en dogmatiek vir hul onderskeie groeperinge voorskrywe wat nie in die Woord gefundeerd is nie en hulle dan die Woord probeer 'interpreteer' om by hul denominale dogmatiek te pas - soos die NG kerk, byvoorbeeld, weereens besig is om te doen.
Dus, ek is volwaardig lid en deel van die Kerk van die HERE Jesus Christus (na verwys in Mattheus 16:18), die gemeenskap van gelowiges wêreldwyd, oral, maar beslis nie van een van die denominale groeperinge nie. Was, jare gelede, maar is sedert ek werklik bekeerd geraak het, nie meer nie.
Die Kerk in die ware sin van die Woord, het en sal nooit 'evolueer' of by mense se veranderende giere en grille aanpas nie - die Woord is tydloos.
Nou behoort jy, as jy dit wat hierbo staan in konteks kan sien en verstaan, beter te kan verstaan wat Reusedwerg bedoel wanneer hy die bekende gesegde aanhaal van "If you do not believe in Jesus Christ as your Saviour, don not even think of dying" en nie die onsinnige konnotasie wat jy as ongelowige daaraan heg nie.
Kobus de Klerk
Praat jy nou mens. Wonder ek nou maar net oor die onsedelike lewe wat sommige van ons groot kerkleiers lei so in die duister. Sommige ander wat lekker saam met gemeente lede drink. Sekere kerke waar jong seuns gemolesteer word deur die manne wat hulle reg moet lei en oplei en leer.
Al die mense wat nou so ten hemele skreeu wil ek net graag 'n vraag rig: Wanneer laas het jy in die spieël gekyk en bietjie boeke opgemaak aangaande jou eie leefstyl en dit wat jy elke dag doen. Sondag na Sondag sit mense in die kerk met hulle vroom gesigte. Ongelukkig kan jy nie leef rondom hulle nie as gevolg van die knoffelreuk om die drankasem te verbloem van die vorige nag se gefuif.
Wonder maar net waaroor gaan mense volgende kerm en met watter gedagte hulle die kerk besoek. Daar is 'n hele paar gay mense wat ek ken (Mans en vrouens) wat 'n beter en meer skoon lewe lei as meeste van ons "straight" mense.
Kobus
Dankie vir jou meer sinvolle bydrae onmiddellik hierbo wat gewaardeer word. Dit verstaan ek beter as jou vorige twee bydraes itv die opstel van 'n strukturele argument.
Chris
Indien jy beseer of siek word, gaan jy hospitaal toe vir genesing. Die hele heilsleer veral van die Nuwe Testament is dat die kerk juis daar is vir geestelike gebroke mense om te gaan wat geestelike genesing soek. Dit is juis die regte plek veral vir die uitgeworpenes van die samelewing. Jesus het hulle uitgesoek, nl die tollenaar (Nikodemus), die dronklap, die hoer (Maria Magdalena), die verloënaar (Petrus), die verraaier (Judas), die vervolger (Paulus), die swart Ethiopiër, ens en gesê: "Kom! Volg My!" ook gesê "julle was verlore, Ek het julle gered, dus moenie die splinter vanuit jou buurman se oog probeer uitneem terwyl jy met 'n balk in jou eie oog sit nie," asook gesê, "moenie ander veroordeel nie" (vrylik vertolk).
Jy hoef nie 'n Christen te wees, en ek is nie een nie, om hierdie universele beginsels van empatie te beoefen nie. Neem Jesus se woorde in isolasie vanuit die Bybel, soos die geval van die "red letter edition" wat al Sy woorde in rooi gedruk het, kom jy agter dat ander as net Christene daarby baat kan vind.