Die Neanderdalmens en taal

  • 17

Die moderne Homo sapiens wat sowat 200,000 jaar gelede sy verskyning gemaak het, het kopbene baie soos ons s'n gehad, en het al gebruik gemaak van komplekse gereedskap. Dis moeilik om te glo dat hulle nie taal kon gehad het om te kommunikeer nie, aangesien hulle biologies maar soos ons was. Die psigolinguiste, Dan Dediu en Stephen Levinson argumenteer in hulle verhandeling wat in Frontiers in Language Sciences verskyn het, dat moderne taal en spraak ’n halfmiljoen jaar teruggespeur kan word tot waar die moderne mens en die Neanderdalmens ’n gemeenskaplike voorvader, heel waarskynlik die Homo heidelbergensis, gehad het.

Om te verstaan hoe die Neanderdalmens se taal was, moet ’n mens gaan kyk hoe die moderne mens se spraakorgane ontwikkel. ’n Pasgebore baba het ’n larinks wat op beweeg tot by die agterkant van die neuskanaal sodat lug direk vanaf die neus in die longe vloei.  Met asemhaling kan daar dus niks vanaf die keel in die longe beland nie. Na omtrent drie maande sak die larinks laer af. Daar is nou genoeg spasie vir die tong om op en af, vorentoe en agtertoe te kan beweeg. So ontstaan daar nou ook twee resonansieruimtes wat die artikulering van vokale moontlik maak. Soos Darwin dit in sy Origin of Species beskryf het, daarvoor moet egter ’n prys betaal word. Dit veroorsaak dat ’n mens maklik kan verstik, en dit is verbasend hoe baie mense sterf as gevolg van verstikking.  Sedert die uitvinding van die Heimlich-maneuver, is daar al baie mense van ’n sekere dood gered. Blykbaar het die vaardigheid om te kan praat swaarder geweeg as die moontlikheid om aan verstikking te sterf, en so sit ons met hierdie probleem.

Die Neanderdalmens se spraakorgane kom baie ooreen met die moderne mens s'n, met spraakbeentjie en al. Die spraakbeentjie is die hoefystervormige hioïedbeen by die basis van die tong net bokant die tiroïedkraakbeen. Die funksie van hierdie been is om die tong op en af te beweeg. Daarsonder sou spraak uiters moeilik gewees het. Een verskil is dat die larinks by die Neanderdaller nog nie genoegsaam gesak het om die artikulering van vokale moontlik te maak nie. P Lieberman, van Brown Universiteit, noem dit as ’n rede waarom hy dink dat hulle taal eenvoudig was, maar die Neanderdalmense se spraak word heftig verdedig deur ander linguiste wat meen dat ’n taal sonder vokale ook  ’n kompleks kan wees, met ’n moontlike komplekse grammatika.

Daar is natuurlik baie min Neanderdal geraamtes beskikbaar vir die wetenskap. In 1957 is daar ’n taamlik volledige geraamte in Frankryk gevind wat die naam “Regourdou” gekry het. Ongeveer twintig jaar gelede is dié geraamte deeglik ondersoek en is daar gevind dat hy regshandig was. Meestal regshandigheid, maar in sommige gevalle ook linkshandigheid, is ’n menslike eienskap, die gevolg van spesialisering van die  linker- en regterhemisfere van die brein. Regshandigheid by die Neanderdalmense kan ook ’n aanduiding wees van taal.

Darwin in sy Origin of Species argumenteer dat natuurlike seleksie verantwoordelik is vir beide die liggaam as die evolusie van instinkte. As taalvermoë ’n instink is, dan het dit geëvolueer deur middel van natuurlike seleksie, en dit verklaar waarskynlik die taalsiklus van eenvoud na ingewikkeldheid, en daarna die vereenvoudiging dmv defleksie.

Groete

Angus

  • 17

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Hello Angus,

    Dankie vir jou interessante artikel oor die evolusie van spraak by Neanderdalmens en Homo Sapiens, aan die hand van die anatomiese ontwikkeling van die organe van spraak. Jy het nou ons belangstelling geprikkel oor hierdie onderwerp, en ons sal graag meer daarvan wil hoor. Wil jy nie 'n bietjie verder uitbrei nie en ons inlig oor Noam Chomsky se teorieë oor taal nie?

    Op afwagting.

    Groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Beste Angus

    Mens dink nie altyd oor hierdie dinge nie .Hoe het hulle geweet die Regourdou is regshandig? 'n Mens kan dit maklik sien by olifante, want gewoonlik is die kant van voorkeur, se tand baie meer afgeslyt.

    Nog asseblief, dis baie interessant!

    Groete

    Perdebytjie

  • Beste Pieter,

    Bly om van jou te hoor, en ek voel geëerd dat jy lees in wat ek skryf. Gewoonlik is ek die een wat lees wanneer jy dinge in perspektief stel. 
     
    Om oor Chomsky se taalteorieë te skryf sal 'n enorme taak wees, en ek dink ruimte hier op SêNet laat dit nie toe nie. Buitendien is my kennis te beperk. Ek sou gereken het dat sy teorie oor die geneties-geprogrammeerde taalorgaan in die brein nou sou aansluit by Darwin se natuurlike seleksie wat verantwoordelik is vir die evolusie van instinkte. Tog het hy skepties teenoor evolusie gestaan, tot so 'n mate dat hy soms verkeerdelik as 'n kreasionis bestempel is. 
     
    Ek sal nog daaroor dink: miskien deur kort stukkies te skryf oor Chomsky se teorie. Ek is seker jy sal ook daarmee kan help, en alles vir ons in beter perspektief  stel. 
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Wouter,

    Dankie vir die kompliment. Ek waardeer dit, veral as dit van jou kom. 
     
    Groete,
    Angus
  • Beste Perdebytjie,

    Dis waar! Olifante is regs- of linkstandig. Nou wonder ek net, as hulle spraakorgane soos 'n mens gehad het, en hulle neuse nie so lank nie, kon ons dalk met hulle gesels het. 
     
    Die regterkantse arms en skouers van die Neanderdallers is robuuster as die linkerkant. Hulle tande aan die regtekant is ook meer geslyt. (Ek sou dit graag eers self wil sien. Ongelukkig moet ek maar staatmaak op ander se geskrifte. Die olifante het ek self ook gesien.) 
     
    Groete,
    Angus

     
  • Die Max Planck institute in Duitsland het heelwat navorsing oor die Neanderdalmens gedoen en  'n paar verrassende resultate bekend gestel, waarvan een is dat die 'moderne mens' meer as net 'n blyplek met die mense gedeel het en dat mense noord van die Sahara tot soveel as  4% van die oermens se DNS kan ronddra, wat moontlik kan verduidelik (en hier moet ek maar katvoet loop) waarom so baie mans nog soos 'Neanderdal'-mense optree veral as dit by verhouding met die ander geslag  kom.

    Hierdie stukkie DNS kom nie by mense suid van die Sahara volgens die instituut se bevindings voor nie. Ook is taal gedeel. Dit plaas die uitgestorwe oermense in 'n heel ander lig. Google http://www.mpg.de en gaan dan na die betrokke instituut.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Angus,

    Dankie vir jou terugvoer, en vir die onverdiende kompliment. Jy is werklik n "gentleman", en jou wetenskaplike insette aan LitNet absoluut essensieël, en dien as teenvoeter vir al die snert basseer op feëverhale en persoonlike geloof.

    Baie groete,

    Pieter Redelinghuys  

  • Hello Angus et al, 

     
    Ek kan ook net beaam wat Pieter geskryf het, dit was werklik 'n plesier om 'n ernstige wetenskaplike artikel te lees en ontken ek hiermee glad nie Leon Retief en Brianvds se kommentare nie in die algemeen elders geplaas. Dit is goed om te sien dat jy aanvaar het dat daar lesers is wat waardering vir 'n brief van daardie aard en kwaliteit sou toon. 
     
    Daarom behoort daar geen terughouding te wees oor die Chomsky nie. 
     
    Dankie tog vir ernstige briewe ook. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Neandertalman

     
    Hierdie skrywe is geskryf 'n paar jaar gelede na Anton B met gewone regse denke die bevinding misbruik het en was die kern uit daardie brief: 
     
    En so word berig dat die modern mens Neandertal-gene het – tussen 1-4% en dat dit hierdie gene is wat verantwoordelik is vir ons ligte velle, hare en oë. Klaarblyklik het net mense uit Afrika nie Neandertal-gene nie. Beteken dit dus Afrikane is die enigste egte mense of dalk dat Afrikane nie moderne mense is nie?
     
    Dit is hoe dit gaan in die regse gekkeparadys...
     
    Die reaksie wat volg was deur my geplaas en is nou aabvullend tot FC Boot se kommentaar as agtergrond: 
     
    Uit 'n onderhoud met die wetenskaplikes aangebied deur Science word die volgende gevind: 
     
    Interviewee – Svante Pääbo (Pääbo is director of the Max Planck Institute of Evolutionary Anthropology in Leipzig, Germany).
     
    And the things that are unique to Neanderthals in the genome we actually don't trust that much because we've sequenced to very low coverage, and we have special chemical problems with the DNA in the old fossils. So anything where the Neanderthals differ both from modern humans today and from chimpanzees, we, at this point, don't yet trust fully.
     
    Host – Robert Frederick
     
    But where the genomes do match up, researchers have identified several variations that suggest differences in modern humans’ skin, cognitive function, and metabolism, among other things.
     
    Interviewee – Sarah Tishkoff
     
    But there wasn't really a smoking gun.
     
    Host – Robert Frederick
     
    Sarah Tishkoff is a geneticist at the University of Pennsylvania.
     
    Interviewee – Sarah Tishkoff
     
    So there wasn't any particular gene where they could say, "Yes, that is the gene or those are the variants that distinguish modern humans from Neanderthals, and make us uniquely modern human."

    Uit die New York Times vind ons die volgende, 

    the recent discovery that 1 percent to 4 percent of our human DNA is derived from Neanderthals, does not sound like a very large percentage. But it is the clearest evidence so far that some interbreeding occurred between humans and Neanderthals. The research, led by a team from the Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology and published last week in Science, is also evidence of how much skill scientists have gained in obtaining and decoding DNA samples from ancient bones. The team compared genome sequences from three Neanderthals - dating from roughly 38,000 to 44,000 years ago - to sequences from five present-day humans from various parts of the world. In addition to the likelihood of interbreeding, the research shows that Neanderthals are closer to humans of European and Asian origin than they are to humans of African origin. So far, the team has identified only about 100 genes - surprisingly few - that have contributed to the evolution of modern humans since the split. The nature of the genes in humans that differ from those of Neanderthals is of particular interest because they bear on what it means to be human, or at least not Neanderthal. Some of the genes seem to be involved in cognitive function and others in bone structure. 

    Ook is twee radio programme van dieselfde tydperk geplaas: 

    Neanderthals: Our Kissing Cousins?
    Neanderthals mated with humans? 

    We talk with the international team that says “yes!” and ask how Neanderthals got in the family. University of California Santa Cruz’s Ed Green....

    Dit kan hier gehoor word: 


    Die tweede program se inleiding is soos volg: 

    A recent study of DNA from Neanderthal bones changed everything we thought we knew. Paleo Anthropologist John Hawks tells Steve Paulson the new information reveals that modern humans are one to four percent Neanderthal. And Brian Fagan tells Jim Fleming the rest of us is something else - Cro-Magnon. In his book "Cro-Magnon: How the Ice Age Gave Birth to the First Modern Humans," he argues that they were just like us - anatomically modern humans.

    Daardie program kan hier gevind word.

     
    Baie Dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Hoe op aarde verskil of bots die inhoud uit Anton B se aangehaalde gedeelte, nou hoegenaamd van die res van die slimjannie se copy & paste" (spoeg en plak), hierbo? Wat is die punt; is Angus en die res van die kundiges hierbo aangehaal, dalk ook nou 'n "gekkegrens" propagandiste, of so iets deur die arme Wouter Ferns (soos hy graag na homself verwys), verklaar? Nie te danke, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    ... nog meer steurend omtrent die arme Wouter Ferns (soos hy graag na homself verwys), is hoe maklik hy lapelle om ander hang (deur byvoorbeeld na "regse denke" in 'n "gekkeparadys" te verwys), terwyl hy en die res van die ekstremistiese en gebreinspoelde dekadente aktiviste protesteer dat die spoeg spat as ander waag om hom, of hulle, met 'n gepaste vlaggie in die hand te beskryf ...

  • Steven Pinker se boek The Language Instinct was een van my voorgeskrewe boeke vir Taalwetenskap op universiteit. In die hoofstuk "The Big Bang" sit hy die teorieë oor taalontwikkeling en ewolusie uiteen.

    Oor die Neanderdal se spraakvermoë noem hy Lieberman se teorie (soos Angus dit hierbo opsom), dat die taal eenvoudig moes wees aangesien hulle nie vokale kon vorm nie, en sluit die paragraaf af met: "In any case, e lengeege weth e  smell nember ef vewels cen remeen quete expresseve, so we cannot conclude that a hominid with a restricted vowel space had little language."

    Dis 'n goeie boek en aan te beveel vir enigiemand wat belangstel in taalontwikkeling.  Hier is die skakel na Kalahari.com. Moet sê ... dit laat my oud voel om te sien die boek wat ek splinternuut vir R60 gekoop het kos nou driemaal soveel ...

  • Liewe Naomi,

    Jy maak nie reg nie. Hier sit jy al lankal in jou mou en lag vir  ons ouens se gespartel, pleks dat jy al ingespring het om ons reg te help. Steven Pinker se boek het ek al twee keer deurgelees; die eerste keer toe ek met 'n gebreekte been gelê het en nie veel kon rondloop nie. Dit het my so geboei dat ek skoon vergeet het van die pyn. Om te dink dat ek op skool liewer maar wou slaap as ou Pat daar voor in die klas so tekere gegaan het oor woordorde.
    Groete
    Angus   
  • Hello, 

     
    Naomi is reg om na Steven Pinker te verwys en sou 'n mens graag dit wou reduseer tot 'n brief maar dit is nogal moeilik, wat bly in, wat kan uitgelaat word en nog steeds die idees staande laat bly. Dalk net die hoofstuk waarna Naomi verwys? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Wat is die regte benaming, Neanderdaller of Neanderdalmens? Daar is soveel verskillende benamings! Laat weet asb.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top