Die moderne Homo sapiens wat sowat 200,000 jaar gelede sy verskyning gemaak het, het kopbene baie soos ons s'n gehad, en het al gebruik gemaak van komplekse gereedskap. Dis moeilik om te glo dat hulle nie taal kon gehad het om te kommunikeer nie, aangesien hulle biologies maar soos ons was. Die psigolinguiste, Dan Dediu en Stephen Levinson argumenteer in hulle verhandeling wat in Frontiers in Language Sciences verskyn het, dat moderne taal en spraak ’n halfmiljoen jaar teruggespeur kan word tot waar die moderne mens en die Neanderdalmens ’n gemeenskaplike voorvader, heel waarskynlik die Homo heidelbergensis, gehad het.
Om te verstaan hoe die Neanderdalmens se taal was, moet ’n mens gaan kyk hoe die moderne mens se spraakorgane ontwikkel. ’n Pasgebore baba het ’n larinks wat op beweeg tot by die agterkant van die neuskanaal sodat lug direk vanaf die neus in die longe vloei. Met asemhaling kan daar dus niks vanaf die keel in die longe beland nie. Na omtrent drie maande sak die larinks laer af. Daar is nou genoeg spasie vir die tong om op en af, vorentoe en agtertoe te kan beweeg. So ontstaan daar nou ook twee resonansieruimtes wat die artikulering van vokale moontlik maak. Soos Darwin dit in sy Origin of Species beskryf het, daarvoor moet egter ’n prys betaal word. Dit veroorsaak dat ’n mens maklik kan verstik, en dit is verbasend hoe baie mense sterf as gevolg van verstikking. Sedert die uitvinding van die Heimlich-maneuver, is daar al baie mense van ’n sekere dood gered. Blykbaar het die vaardigheid om te kan praat swaarder geweeg as die moontlikheid om aan verstikking te sterf, en so sit ons met hierdie probleem.
Die Neanderdalmens se spraakorgane kom baie ooreen met die moderne mens s'n, met spraakbeentjie en al. Die spraakbeentjie is die hoefystervormige hioïedbeen by die basis van die tong net bokant die tiroïedkraakbeen. Die funksie van hierdie been is om die tong op en af te beweeg. Daarsonder sou spraak uiters moeilik gewees het. Een verskil is dat die larinks by die Neanderdaller nog nie genoegsaam gesak het om die artikulering van vokale moontlik te maak nie. P Lieberman, van Brown Universiteit, noem dit as ’n rede waarom hy dink dat hulle taal eenvoudig was, maar die Neanderdalmense se spraak word heftig verdedig deur ander linguiste wat meen dat ’n taal sonder vokale ook ’n kompleks kan wees, met ’n moontlike komplekse grammatika.
Daar is natuurlik baie min Neanderdal geraamtes beskikbaar vir die wetenskap. In 1957 is daar ’n taamlik volledige geraamte in Frankryk gevind wat die naam “Regourdou” gekry het. Ongeveer twintig jaar gelede is dié geraamte deeglik ondersoek en is daar gevind dat hy regshandig was. Meestal regshandigheid, maar in sommige gevalle ook linkshandigheid, is ’n menslike eienskap, die gevolg van spesialisering van die linker- en regterhemisfere van die brein. Regshandigheid by die Neanderdalmense kan ook ’n aanduiding wees van taal.
Darwin in sy Origin of Species argumenteer dat natuurlike seleksie verantwoordelik is vir beide die liggaam as die evolusie van instinkte. As taalvermoë ’n instink is, dan het dit geëvolueer deur middel van natuurlike seleksie, en dit verklaar waarskynlik die taalsiklus van eenvoud na ingewikkeldheid, en daarna die vereenvoudiging dmv defleksie.
Groete
Angus


Kommentaar
Hello Angus,
Dankie vir jou interessante artikel oor die evolusie van spraak by Neanderdalmens en Homo Sapiens, aan die hand van die anatomiese ontwikkeling van die organe van spraak. Jy het nou ons belangstelling geprikkel oor hierdie onderwerp, en ons sal graag meer daarvan wil hoor. Wil jy nie 'n bietjie verder uitbrei nie en ons inlig oor Noam Chomsky se teorieë oor taal nie?
Op afwagting.
Groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Angus,
Beste Angus
Mens dink nie altyd oor hierdie dinge nie .Hoe het hulle geweet die Regourdou is regshandig? 'n Mens kan dit maklik sien by olifante, want gewoonlik is die kant van voorkeur, se tand baie meer afgeslyt.
Nog asseblief, dis baie interessant!
Groete
Perdebytjie
Beste Pieter,
Beste Wouter,
Beste Perdebytjie,
Die Max Planck institute in Duitsland het heelwat navorsing oor die Neanderdalmens gedoen en 'n paar verrassende resultate bekend gestel, waarvan een is dat die 'moderne mens' meer as net 'n blyplek met die mense gedeel het en dat mense noord van die Sahara tot soveel as 4% van die oermens se DNS kan ronddra, wat moontlik kan verduidelik (en hier moet ek maar katvoet loop) waarom so baie mans nog soos 'Neanderdal'-mense optree veral as dit by verhouding met die ander geslag kom.
Hierdie stukkie DNS kom nie by mense suid van die Sahara volgens die instituut se bevindings voor nie. Ook is taal gedeel. Dit plaas die uitgestorwe oermense in 'n heel ander lig. Google http://www.mpg.de en gaan dan na die betrokke instituut.
Beste Angus,
Dankie vir jou terugvoer, en vir die onverdiende kompliment. Jy is werklik n "gentleman", en jou wetenskaplike insette aan LitNet absoluut essensieël, en dien as teenvoeter vir al die snert basseer op feëverhale en persoonlike geloof.
Baie groete,
Pieter Redelinghuys
Hello Angus et al,
Neandertalman
Hoe op aarde verskil of bots die inhoud uit Anton B se aangehaalde gedeelte, nou hoegenaamd van die res van die slimjannie se copy & paste" (spoeg en plak), hierbo? Wat is die punt; is Angus en die res van die kundiges hierbo aangehaal, dalk ook nou 'n "gekkegrens" propagandiste, of so iets deur die arme Wouter Ferns (soos hy graag na homself verwys), verklaar? Nie te danke, Cornelius Henn
... nog meer steurend omtrent die arme Wouter Ferns (soos hy graag na homself verwys), is hoe maklik hy lapelle om ander hang (deur byvoorbeeld na "regse denke" in 'n "gekkeparadys" te verwys), terwyl hy en die res van die ekstremistiese en gebreinspoelde dekadente aktiviste protesteer dat die spoeg spat as ander waag om hom, of hulle, met 'n gepaste vlaggie in die hand te beskryf ...
sdf
Steven Pinker se boek The Language Instinct was een van my voorgeskrewe boeke vir Taalwetenskap op universiteit. In die hoofstuk "The Big Bang" sit hy die teorieë oor taalontwikkeling en ewolusie uiteen.
Oor die Neanderdal se spraakvermoë noem hy Lieberman se teorie (soos Angus dit hierbo opsom), dat die taal eenvoudig moes wees aangesien hulle nie vokale kon vorm nie, en sluit die paragraaf af met: "In any case, e lengeege weth e smell nember ef vewels cen remeen quete expresseve, so we cannot conclude that a hominid with a restricted vowel space had little language."
Dis 'n goeie boek en aan te beveel vir enigiemand wat belangstel in taalontwikkeling. Hier is die skakel na Kalahari.com. Moet sê ... dit laat my oud voel om te sien die boek wat ek splinternuut vir R60 gekoop het kos nou driemaal soveel ...
Liewe Naomi,
Hello,
Wat is die regte benaming, Neanderdaller of Neanderdalmens? Daar is soveel verskillende benamings! Laat weet asb.