
Foto: Canva
Die muse se collage van sinloosheid, gekoekte drade en genade
Om te verlang
na die man wat jy
nie mag begeer nie
is die toppunt
van eensaamheid
van nutteloosheid
van sinloosheid
van verdrietigheid
van nietigheid
van wensdenkery
Soos om ’n briefie te
skryf vir ’n spook
en te stuur
in die wind
Of om ’n liedjie te komponeer
en te sing
vir die voëltjies
en te hoop
hulle verstaan
die woorde
Of om ’n beeld te skep
en in die see te bêre
om droog te word
Of om ’n gedig te skryf
met rym en ritme
met alliterasie en assonansie
en dit voor te dra
vir die miere en skerpioene
en te hoop
hulle klap hande
en swymel van bewondering
en waardering
Of om ’n koek te bak
van stof in die pad
en dit te laat rys met
koeksoda en bakpoeier
en te geur met
asyn en roosmaryn
Anoniem: Die digter wil weens die persoonlike aard van die gedig nie identifiseerbaar wees nie.

