"Die leemte van 'n lem" deur Anton A Richter

  • 0

Die leemte van 'n lem

Pleit, smeek, waak of braak.
Geen een van ons kan pyn staak.
Verligting kom bitter gou.
Bitter spyt, rou jy nou?

Dit is eers yskoud en vlymskerp.
Prikkel jou vlees, voel jy verwerp?
Soos wat sonde die lem vlek.
Rooi verdriet, begin jou vel oop rek.

Bring dit nou tydelike verligting.
Verdoof die seer en hou aan sing.
Pienk, pers, rooi en blou.
Miskien is jy 'n gesogte vrou?

Die lem maak aanklank met jou vel.
Lyne of strepe, jou gedagtes grens aan die hel.
Vuurwarm bloed oorval die wond.
Hierdie vlugting bly donners ongesond.

Pleisters, verbande, steke en gebreke.
Is daar 'n gaping in jou gewete?
Genesing sal met tyding kom.
Rondom jou raak jou vriende stom.

Jy moet steeds 'n besluit neem.
Jouself met 'n enkele vervreem.
Die leemtes waar jou are was,
word krake op jou hart van glas.

Breek een en plak 'n ander aan mekaar.
Hierdie gevoel maak ons almal naar.
Soos wat die lem leemtes los,
gaan jy my vermis al is jy bitter bros.

Herhaal die gevoel homself keer op keer.
Dan weet jy ek pleit iewers, kop teen geweer.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top