Johannes Gilgamesh skryf "The Church must listen to its belonging-without-believing and believing-without-belonging fringe ... and welcome those who want the values of religion without its metaphysics", rus op die veronderstelling dat godsdienstige waardes die fondasies vorm van waardes in die algemeen. Die vraag kom op oor in watter mate die waardes van ons samelewing saamgesnoei is met die waardes van die Christen geloof. Waai die hond die stert of andersom?"
Hier is jou antwoord. 'n Vriend op Facebook het as volg op genoemde artikel gereageer:"... omdat ek dit vreemd vind dat ateiste altyd so beklemtoon dat hulle nie moraliteit kortkom nie. Maar dis tog vanselfsprekend! Hoekom sou ateiste nie moreel wees nie? Die blote gedagte is absurd. Waar egter wel 'n fout gemaak word, is by die suggestie dat ons moraliteit by die natuur kan leer. Dit behels 'n kategoriefout: Die bestudering van gedrag, hetsy van mense of van ander diere, is 'n deskripiewe saak, moraliteit, daarinteen, normatief. Die feit dat mense en/of ander diere tipies op 'n sekere manier optree impliseer nie dat dit ook reg en goed is om so op te tree nie. Die filosoof Anthony Flew (nog gedurende sy ateistiese fase) het jare gelede hierdie denkfout die "naturalistic falacy" genoem, en dit het 'n kernbegrip in die filosofie geword. Lank voor hom al het CS Lewis al die eenvoudige punt duidelik gemaak dat 'n "ought" nie uit 'n "is" afgelei kan word nie. Ateiste moenie hul morele ingesteldheid verdedig deur na reelmatige gedragspatrone by mense en/of ander diere te verwys nie, want dit sou impliseer dat hulle juis nie moreel is nie! Daar is baie beter, interessanter maniere om 'n ateistiese moraal te beargumenteer." Ek hoop hy vergewe my as hy dit hier lees, maar dit is uiters relevant en baie intelligent gestel.
Groete,
Christoffel

