Die diskoers by die Neelsie (ôklig)

  • 2

Ek luister op 26 Julie na bogenoemde storie oor die radio en ’n paar dinge val my op:

Almal weet wat met ’transformasie’ bedoel word, naamlik verswarting maar hulle gee ander lang en betekenislose definisies wat, lyk dit my, neerkom op ’n soort van noodsaaklikheid aan die hand gewerk deur die ervaarde vloeirigting van tyd. Hierdie is kennelik die verkeerde definisie want, alhoewel tyd in dieselfde rigting vloei by Wits, UWK, Turfloop (bestaan die nog?) en UK, vind daar nie sulke diskoerse plaas nie.

Daar is kinders EN grootmense wat met heeltemal die verkeerde opvattings grootgeword het en hulle word nie reggehelp nie. Byvoorbeeld, by meer as een geleentheid kla ’n paar Engelssprekende studente dat hulle ongelukkig was om by skole te studeer wat nie die hulpbronne, resources soos hulle dit noem, gehad het as dié waarby ’meer bevoorregte’ kinders studeer het nie. Hulle het vir geen oomblik laat blyk dat hulle weet waar die hulpbronne vandaan kom wat ’n skool ’n goeie skool maak, of waarheen die hulpbronne verdwyn het wat ’n skool ’n hulpbronlose skool maak nie. Een meisie het so ver gegaan as om te beweer haar 50% by ’n hulpbronlose skool is gelykstaande aan die 90% wat ’n ander by ’n hulpbronryke skool kry. Niemand het haar reggehelp nie.

Daar het ’n ene prof Van Niekerk vertel dat ons ’n diverse lot mense in SA is en dit sou nou, lei ek af, die rede vir die verandering (lees verengelsing en verswarting) wees wat die US tans ondergaan. Die implikasie is natuurlik dat Afrikaans ’ander’ sal uitsluit. Hoekom dink hy so? Daar is mos baie Afrikaanssprekendes wat nie wit is nie in die Kaap, dan nie? Verder, baie mense studeer in ander tale as hulle huistaal; destyds op Tukkies was daar byvoorbeeld baie Engelse wat saam met my klasgeloop het. Hierdie prof, of enige prof, dosent, simpatiseerder by of van Stellenbosch, het nog nooit die vraag kon antwoord oor hoekom Afrikaans nou ander sou uitsluit nie. Indien hulle wel het moet iemand my daarop attent maak en ek sal verskoning vra.

Hierdie einste prof het ook ’n vreeslik verdoemende ding genoem: Hy reken hy’t ’n klas van 250 studente gevra in watter taal hulle onderrig wil word en net vyf (5) het gevra vir Afrikaans.

Twee lelike dinge hier: Eerstens, as, sê net 10% van die klas Afrikaanssprekend was, beteken dit dat daar ’n hele twintig (20) Afrikaansprekendes was wat in Engels klas wil hê! Wat ’n skande; is dit die soort van gene wat waarmee Afrikaans behoue gaan bly? G’n wonder alle Kaapse kaas- en wynetikette is Engels nie.

Tweedens is ek seker daar sou meer as 20 wees maar groepdruk en profvrees het dit vir hulle moeilik gemaak om die prof teë te gaan (hoekom sou hy die vraag vra anders as verskoning om die klas net in Engels aan te bied?) en hand op te steek. Dis nou wel nie baie manmoedig om maar saam met die stroom te gaan nie maar groepdruk en profvrees is erg, en dit was ook dalk eerstejaartjies.

Nee wag, drie lelike dinge, die derde is hoe kan die prof so ’n vraag vra? Hy’s mos goed opgelei in etiek en die soort van ding en so ’n vraag is alles behalwe eties, dis gemeen want hy weet mos wat die groepgees daar is die Kaap is. Die prof het nog ’n verdere stelling gemaak naamlik dat die US nog NOOIT ’n Afrikaanse universiteit was nie. Indien dit waar was, sou hierdie soort van diskoerse periodiek vir die afgelope 100 of wat jaar plaasgevind het.

Nog ’n ding wat my opgeval het is, weer eens, soos met al sulke multikultiwarrawarra’s, is dat die blankes terughoudend, skoorvoetend en verskonend is (hulle ouers en grootouers was dan die apartheidswreedaards) terwyl die bruines voortvarend en taamlik aggressief oorkom. Een ou wonder selfs hoekom die Imam nie ook kan kom bid nie maar dink nie vir ’n oomblik daaraan dat geen dominee, priester of pastoor genooi sal word om by ’n Moslemskool of –universiteit te bid nie.

’n Verskynsel wat mens gedurig onder die juigkoortjie teëkom, en wat ook sterk vandag tot uiting gekom het, is dat almal wat nie hulle sienings deel nie ’met oogklappe aan’ sou rondloop. Ek-sê-sus-en-as-jy-nie-sus-sê-nie-maar-so-het-jy-oogklappe-aan soort van ding. Kinderagtig.

’n Ding wat al dikwels opgemerk en genoem het is vandag weer bevestig: Oorronding is nie ’n Transvaalse ding nie; dit kom in die Transvaal ook voor maar ek het lanklaas sulke oorronding gehoor soos gepleeg deur die twee SR-lede op die paneel. Dit wos eintlik ôklig.

Jan Rap

As julle die program wil luister waarna Jan Rap verwys, laai die potgooi hier af. Groete, Naomi M


  • 2

Kommentaar

  • Dag Jan,

    'n paar jaar voordat ek Afrika verlaat het, het ek en 'n paar vriende dieselfde dinge sit en bespreek/bekla. Een vriend het 'n boek voorgestel. Ek het die boek bestel by Amazon en dit gelees. Ek het daarna nie meer sulke vrae gehad nie, hulle was beantwoord.

    Die boek heet "The Bell Curve" 

    Ek groet

    Duitswester

  • Jan Rap

     
    Die proffie waarna jy verwys is seker vriende met Roelf Meyer wat nog onlangs geseg het regstellende aksie moet vir nog 50 jaar volhou. Die twee moet maar soos ek reeds vertel het, hulle Merc's vir Cyril en Parice gee sodat hulle nog ryker kan word en self intrek neem in Diepsloot, waar hulle gerus maar per voet kan wegkom. Hulle is albei vaak as hulle dink die jeug gaan hulle toelaat om hulle toekomste te ondermyn.
     
    Waarom moet alles in elk geval oor kleur gaan. Roelf se seun en die proffie se dogter kan maar seker bietjie kleurblind word oor die liefde en vir hulle kant van die verdeling 'n voorbeeld stel.
     
    Wat ons darem alles sal aanvang vir ontgroening!
     
    Jan Plak
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top