Kreasionisme het net een doel voor oë, en dit is om Darwinistiese evolusie verdag te maak en verkeerd te bewys. Dit dra absoluut niks by tot die wetenskap nie, en is dus heeltemal nutteloos.
Daar is baie vorms van Kreasionisme: daar is Spesiale Kreasionisme, plataarde Kreasionisme, Geosentriese Kreasionisme, Jong-aarde Kreasionisme, Ou-aarde Kreasionisme, Gaping Kreasionisme, Dagoud Kreasionisme, Progressiewe Kreasionisme, Evolusionêre Kreasionisme, en Intelligente ontwerp Kreasionisme.
Aanvanklik is slegs die Bybel gebruik om aanvalle te loods. Lange Bybelse aanhalings het egter nie die gewenste uitwerking gehad nie, want om die Bybel met die Bybel te bewys, was darem te naïef.
Die volgende stap was om alles wat die wetenskap voortbring, af te kraak. Toe dit nie slaag nie, is daadwerklike pogings aangewend om Genesis wetenskaplik waar te bewys. Onderwerpe soos: Wetenskaplike bewyse vir die Sondvloed, of die sesdae skepping van die heelal is oorbekend.
Bekende onderwerpe om te bewys dat evolusie onmoontlik is, is die Tweede wet van Termodinamika, onverminderde kompleksiteit, die oog, die walvis, van aap tot mens, die Miller-Urey eksperiment, peperkleurige motte, die Archaeopteryx, om maar net ’n paar te noem.
Toe Molekulêre Genetika die skaal darem te ver in die guns van Evolusie begin swaai het, het hulle die hulp van Christen genetici ingeroep om “geloofwaardigheid” aan hulle saak te gee. Dr. J.C. Sanford, ’n plantkundige, wat eens goeie werk gelewer het toe hy nog ’n ateïs was, “bewys” dat evolusie onmoontlik is agv entropie in sy werk Genetic Entropy. ’n Organisasie bekend as Answers in Genesis kry genetici soos bv. Royal Truman om te “bewys” dat nuwe gene geen evolusionêre beginpunt het nie, en Kobus de Klerk hier op SêNet “bewys” dat Jesus maagdelik gebore is deur twee muise te gebruik vir sy eksperiment.
Kreasionisme dra niks wesentliks by tot die wetenskap nie. Hulle werkswyse is om gepubliseerde werke na te gaan, feite te verdraai en so “bewyse” teen Darwinistiese evolusie te verkry. Veral die web word deesdae oorstroom met al hulle publikasies, soos Kobus sal kan getuig.
Die evolusieteorie is die model waarvolgens die wetenskap werk, en Kreasioniste kan absoluut niks daaraan doen nie. Hulle kan nie ’n nuwe model vir die wetenskap skep nie, want dan sal hulle wetenskaplik ’n konkrete bewys moet lewer dat God bestaan, en wetenskaplike bewys moet lewer van Goddelike of bonatuurlike ingryping by die skepping van die heelal en lewe op aarde.
Dit kan hulle nie doen nie, en dit is die dilemma van die Christen kreasionis.
Groete
Angus


Kommentaar
Angus
Angus, en Thomas - Thomas getuig vir ons hier dat hy dit nie in hom het om die Waarheid omtrent God te verwerk, nie ten spyte van die feit dat sy vader 'n gelowige wa sen hom so probeer opvoed het - en het hasepad gekies - vir hom die uitkoms en vryheid. Bangjisse maak so.
Maar ek het al tot vervelens toe gesê, ons stel nie in die minste belang om ons Godsdiens te probeer bewys nie - vir wie en vir wat? Vir mense soos julle? Nooit gesien, nie.
Sien dit so:
Ons ken God - en God is die God van ons Godsdiens - en ons loop 'n pad met God. Wat is daar hoegenaamd vir ons om te bewys? Waarom sou mens iets wou bewys wat jy self reeds weet? Biljoene mense weet.
Maar julle daarenteen, het 'n valse religie. Dit staan vas dat darwinisme 'n religie is - en as jy Stephen Jay Gould en Ruse daaroor lees, sal jy weet - darwinisme is 'n teenreaksie en plaasvervanger vir die Christendom en niks meer nie - en ek sê dit al lankal.
Nou is dit so dat wanneer die mens 'n valse religie aanhang, soos julle, dan soek jy gedurig bewys daarvoor, want jou siel rus nie. Julle het hierdie obsessiewe ding wat julle dryf om te probeer bewys dat julle God-plaasvervanger, in die vorm van darwinisme, tog wel bestaan. Dus, beide God en darwinisme is julle jammerlike obsessie. Vandaar julle obsessiewe smagting na bewys.
En dit hou vir julle aan, want julle vind nie die bewyse vir julle religie nie - en daarom wil julle ook obsessief aandring dat ons ook moet 'bewys' en kan julle net eenvoudig nie begryp waarom ons nie belangstel nie, want julle weet nie hoe dit is as mens reeds die Waarheid gevind het, nie - julle besef nie dat die Waarheid, gewoon enige versugting na bewys volkome bevredig nie - daarom soek en spook en spartel julle en in die proses het julle in 'n sindroom van selfdesepsie verval.
In die laaste tyd, het ek 'n paar (Og hierdie form sal lank moet publiseer aan alles wat beskikbaar is) feite by wyse van aanhalings van deskundiges dat julle 'n hersenskim jaag.
Waarom? Omdat julle, nie ons nie, op bewyse aanspraak maak - maar dit nie het nie, en julle religieuse hipotese en filosofieë in die plek daarvan wil aanbied. Dit is 'n groteske gemors. En dit is aan julle uitgewys.
Darwinisme is nie wetenskap nie, maar, misbruik wetenskap, in 'n poging om dit as 'n globale religie te probeer vestig - maar die tyd daarvoor is verby en dit is in 'n proses van vernietiging - vandaar dat julle soos besetenes en ten koste van integriteit, julle posisies by universiteite wil beskerm - daardie wanhopige maar vieslike optrede is deur die artikel van Van Den Heever, wat deur Thomas (insigloos soos hy is) geplaas is, duidelik gedemonstreer. Vir jou om grootmond te wees, gaan dus nie help nie.
En intussen kry ons baie lekker, en geniet want julle gespook en gespartel vir bewyse en julle obsessiewe hantering daarvan, gee vir ons bevestiging (nie bewyse nie, want ons weet dit reeds) van wat in die Woord te vinde is oor die skepping.
Dus, dit is duidelik daardie dilemma van julle, wat jy op die gelowiges wil projekteer.
Terloops, Angus - die feite bewys die teorie - daarom sal kreasionisme as wetenskaplike model, slaag - met die feite wat deur julle verskaf word, en wat julle uiteraard weerspreek, maar die kreasioniste ondersteun. Hehehehe!!
Kobus de Klerk
Kobus, natuurlik ken die mens vir God. God is die skepping van die mens se verbeelding, waarom sal hy hom nie ken nie? Wat meer is, God is die karakter van 'n letterkundige werk, die Bybel.
Kobus,
Baie geluk, jy het gewen en jou prys is 'n uitspansel vol swart gate!
Wat ek wou sê voor die kragonderbreking, lees gerus Michael Ruse se Arguments from Design in The Panda’s Black Box ISBN-13: 978-0-8018-8599-0. Hy skryf dit in reaksie op die Doversaak. Onder andere raak hy ? kernprobleem aan wat Christene verseg om eers na te kyk. Hulle druk hulle o? en ore styf toe en maak of dit nie eens bestaan nie.
Volgens Kobus is bewyse vir God onnodig. Beteken dit dat sy ervaring van God in die wêreld nie dien as bewys nie? Hoe kan hy sonder geloof hierdie bron van kennis as oorbodig beskou?
As teks staan die Bybel, soos enige ander antieke teks, nie as uniek vrygestel van tekstuele kritiek en ondersoek nie. Behalwe dat dit ooglopend die produk is van die menslike verbeelding, slaag dit ook nie daarin om 'n God te verduidelik wat verantwoordelik is vir 'n duidelike onvolmaakte heelal nie. As dit die bron is waarop 'n lewensuitkyk gebasseer is, en wat dien as die regverdiging van aanvalle op ander, is dit tyd, miskien, dat jy jouself inboek vir hulp.
As jy, Kobus, dink jy kan hier kaalgat kom staan sonder om jou kant van die saak te bewys, is jy mos meer idioties as wat ons vermoed het. Jou obsessie met Darwin laat jou vergeet dat die boek wat jy verdedig geensins 'n alternatief aanbied nie!
Miskien is dit weer tyd dat ons jou vat vir 'n 'Gish Gallop' deur die Bybel.