Deur die stilte
Is jy werklik bereid om haar vlerke af te sny?
In jou laaste swak poging om jouself te bevry?
Hoe ver weg kan jy van alles af vlug?
Hoe lank kan jy nog die werklikheid vermy?
Emosie is ’n woord, lank terug vergete.
Verruil vir die gevoel om beheer te verloor.
En selfs in gedwonge woede, ’n sagte gesig nog spraakloos te kan streel.
Elke keer wat jy ’n hart uit mekaar uit skeur.
Vir elke keer wat jy iemand in onskuld
Aan die verkeerde kant van die mes plaas.
Om hulle liefde deur die lem te onderdruk
In verryking van jouself.
Om jou sorge en pyn in die stormreën te verdrink.
Om meer as alles van iemand te kan vra
En dan nogmaals net jou rug op hul draai.
Steeds word jou vere deur jou dade verdonker
En dan rigtingloos deur die wind gedra
Deur als gelei om jou laaste druppel moed te vind.
Oor al die jare deur jou haat verblind,
maar die ontwaking kom te laat.
Jou soektog soos die oggendlig deur ’n dooie boom.
’n Uitbeelding van die drang na nuwe lewe.
Jou laaste bietjie hoop en die vrees om agter te bly,
Is al wat jou deur die stilte dryf.
Sodat jy eendag net weer kan terugkeer na die son en vrede vind.
![]() |



