Michelangelo het jou
gekerf uit marmer.
Als wat jy nie was.
Leeus en bere,
met jou kaal hande verskeur.
Reus met jou slingervel laat val.
Jou musiek het die koning kalmeer.
God laat vermurwe.
Vir liefde het jy tweehonderd mans sonder voorvel gelaat.
Jou voete van klei,
het ‘n ander s’n se hart verlei.
Liefde het jou laat moor.
Trane was genesing.
Jou Here God jou enigste troos.
Dans naakte vreugde.
Jou wit beeld soos jou hart,
sonder voorgee.

