Dankie Kobus de Klerk, maar hou op om so te duik-en-rol ...

  • 0

Kobus de Klerk

In antwoord op my ope vraag rakende "vyandige getuies", tik jy:

Dit is ook wragtig net jý wat ’n getuie sal roep met die doel om dié getuie as vyandig of ongeloofwaardig te laat bevind – onthou, in die werklike lewe, nie jou hersenskim nie, staan of val ’n party by die getuies wat hulle roep en soos dit vir my lyk, probeer jy nogal ’n saak daarvoor uitmaak dat die HERE “getuies” sal roep wat SY saak sal skade aandoen en vernietig …

Kobus, jy het my lekker laat lag (gelukkig kon ek my whiskey betyds sluk).

Dis die geheel waarin als staan wat soveel klugtigheid daaraan verleen. "Met die doel", klink luid in jou grap. Ek dink eerlik nie sulke voorbedagtheid sou juis vêr kom in ’n hof nie.

Maar, is dit regtig so dat ’n getuie wat op sy eie afdwaal van ’n verklaring (of enige ander dokumentêre bewys), dit as ’n uitgemaakte saak die party wie hom/haar geroep het in die gemene reg sal laat val?

Jy sien, dis my punt.

Hoeveel van die HERE se skapies (getuies soos ekke en jy) het al het al in die regte lewe afgedwaal van hul geroepenheid?

En, dis nie met belediging wat ek ook na jou as so ’n getuie verwys nie; dis in liefde waarin die Evangelie so onkwesbaar bly staan, ondanks die ontkoming aan ons menslikheid in die dra daarvan – dis wat so wonderlik vir my daarin is!

Nou wonder ek net hoe werk hierdie wonderlike beginsel terug in ons algemene reg want sien, soos ek dit in my aanvang gestel het; die vergeesteliking van getuie wees kom uit die algemene verloop van die lewe.

Dis naweek Kobus.

Jy het tyd.

Ek het my vraag tereg aan jou vermoede, al holrug gery aan jou – en jy mis steeds my bedoeling. Jy bly dit ontduik en dan in die modder rol met jou verafgoding van die Bybel as "die Woord" ...

Neem nou jou eie raad ter harte en verdwyn stilletjies na jou binnekamer voor GOD ...

Of, sal jy asseblief die volgende (in die volgorde aangehaal waarin jy dit stel), vir my in die algemeen beeld hoe dit op die oog af dieselfde indruk maak as wat dit uit jou gegewe standpunt gelees word?

Jesus Christus is nie die Hemelse Vader nie, maar die Woord van die Vader soos Hy Homself geredelik onderskei – niemand het dit teen jou (Cornelius) dat jy sê dat Jesus die HERE ook ons Hemelse Vader is nie, want dié is HY vir ons óók – dalk sal dit nóú vir jou (Cornelius) begin duidelik word dat die HERE Jesus God die Woord van God die Vader is, maar nie God die Vader Self nie ...

Kobus, dis jou involusie hierbo – nie myne nie. Sodra jy erken dat jou intellektualisme gefaal het, sal ek rekenskap doen.

Mag Jesus Christus ons Whiskey, die dors in ons HARTE les.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

NS Die woord whiskey kom van die oer Skotse woorde "uisge beatha" wat "water of life" beteken. Kobus, dalk was daar ’n ou Skot wat ook ’n Hemel ervaring gehad het, want die Bybel praat mos van Lewende Water ... hoop nie dit maak jou meer bakleierig nie.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top