Dana Snyman

  • 0

Ek koop elke week die Huisgenoot. Laat ek dit maar erken en agter die rug kry. Ek het grootgeword daarmee en kan die gewoonte net so min los as my liefde vir biltong. Hierdie week is daar ’n uittreksel uit die boek van Dana Snyman, Op reis in die Geliefde Land, wat ek nie van plan is om te koop nie. Ek hou van Dana Snyman se rubrieke. Hy het altyd so ’n morele lessie verskuil in elkeen en is geneig om sy derms uit te ryg oor sommige kwessies. As hy ’n sanger was sou hy ’n country sniksanger gewees het.

In hierdie week se Huisgenoot verskyn een van die rubrieke in die boek getiteld, “In ons bloed: Ons Nkandla”. Alles gaan redelik tipies Dana Snyman tot aan die einde van die rubriek toe hy skielik begin Ingrid Jonker. “My Nkandla is gewond, dit is in die poeier waarin die vingerafdrukke teen ’n motor of ’n huis se venster klou, dit is in wit buitelyne van ’n lewelose liggaam op ’n huis se vloer.”

Is dit goeie letterkunde of is Dana besig om heeltemal die pad byster te raak? Persoonlik dink ek jy moet besluit of jy ’n digter of ’n skrywer wil wees. In die laaste deel van die betrokke rubriek probeer Dana die digkuns aanvat en ek dink hy moet dit liewer los vir mense soos Daniel Hugo of selfs Melt Myburgh.

Lafras du Toit

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top