Gustaf Pienaar: Regsalmanak
![]() Gustaf Pienaar is 'n boorling van Brits, 'n oud-Volkie (Heidelbergse Hoër Volkskool) en een van die pionierstudente (1968) van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), deesdae UJ. Na 'n loopbaan van 11 jaar by die SAUK as omroeper by die destydse Afrikaanse radiodiens en later as bestuurder: Uitsaainavorsing het hy hom as prokureur bekwaam en 27 jaar lank in daardie hoedanigheid te George gepraktiseer. Hy is in 2012 as advokaat van die Hooggeregshof toegelaat, maar koester geen ongesonde ambisie om aktief as sodanig te praktiseer nie – daarvoor put hy te veel vreugde uit sy aftreejare te Vleesbaai, saam met Corlina, sy vrou van byna 40 jaar. Hul het drie kinders en daar is ook al 'n drietal kleinkinders. |

