Psalm 2
2 Hoekô maak slegte mense in die geheim planne tien die Jirre?
Hoekô dink hulle allerande goed uit wat tog niks baatie?
2 Wêreldleiers proebee belangrik lyk. Hulle proebee saamspan tien die Jirre,
en tien die koning wat Hy spesiaal gekies het. Hierie mense beplan en sê,
3 “Lat ôs in opstand tien hulle kô, en ôs vrymaak van hulle.”
4 Maa God, wat in die hiemel sit, lag lekke vi hulle uit.
Die Jirre vat hulle vir ʼn gaai.
5 Dit maak die Jirre kwaad en Hy bly nie stillie.
Sy woore lat hulle biewe van kan bang wies.
6 “Ek self het hom as koning angestel op die heilige bêg in Jerusalem.”
7 Kô ek vetel julle wat die Jirre vi my gesêrit,
“Djy is my seun. Van dié dag af is Ek jou Vader.
8 Djy moet net vra, dan sal Ek jou die leier maak oo baie mense, ja,
somme oo die hele wêreld.
9 Djy sal hulle met ʼn ystehand regeer.
Die een wattie na jou luiste nie, gat moeilikheid kry.”
10 Gebruik nou julle vestand, leiers van hierie wêreld, wies wakker.
11 Ken julle plek, en dienie Jirre met respek, maak sy Naam groot.
12 Dien hom nederig. Hou hom tevriede, en moenie Hom kwaad maakie.
As julle Hom kwaad maak, gat julle swaakry, gloe my.
Moet dittie ees proebee nie.
As djy annie kant vannie Jirre gat staan, sal djy nie jammer wiesie.
Psalm 3
1 ʼn Psalm van Dawid toe Dawid van sy seun Absalom weggehaloep het.
Jirre, kyk net hoe baie mense staan op tien my.
Soe baie mense wil my seemaak.
Ek het soe baie vyande.
2 Hulle lag my uit en sê, “God kan hom toggie helpie.”
3 Maa Jirre, U beskerm my van alle kante tien hulle.
Hulle sal my nie in die grond in trappie.
U help my om nie op te gie nie.
4 Ek roep soe hard as wat ek kan vi die Jirre.
Hy hoo my as ek bid. En Hy antwoord my.
5 Innie aand kan ek lekke gat slaap
sonne om te lê en rond rol van warrie.
In die oggend wôd ek rustig wakke,
wan ek wiet die Jirre sal my krag gie
om my proebleme op te los.
6 En al staan daa tien duisend vyande reg rondom my,
gereed om my an te pak, is ekkie bangie.
7 Dan sal ek uitroep na Hom, “Staan op, Jirre! Red my, oe my God!”
En Hy sal hulle monne toeklap, en hulle sleg sê.
8 Dis net die Jirre wat ʼn mens kan red.
Hou tog U hand oo U kinnes, Jirre!
Kommentaar
Spot-on, nuwe Bybel-vertaler Coetzee!
Jy laat mens lekker lag met dié: "Innie aand kan ek lekke gat slaap
sonne om te lê en rond rol van warrie."
Lol Anna, ek's bly om te hoo dat die teks bly met jou, en dat dit jou lat goed voel, en lekke voel. Ek dink dis tog wat Got wil hê, die Woord moet geniet wôt en ôs moet wiet ôs het niks om oo te warrie nie. Lol, you know, die goed wat ôs moet deumaak. Mm.
Larrit goed gan.
En dankie virrie onnersteuning.