Mag ’n mens skei?
10 Narrat Jesus weggegannit van die stad Kapernaum af het Hy oo die Jordaanrivier gegan en Hy't toe in the provinsie van Judea gekô. ’n Klompie mense het wee rondom Jesus bymekaa gekô, Hy't hulle wee beginte lee soes Hy altyd gedoenit.
2 ’n Paa Fariseërs het na Hom toe gekô, en hulle het Hom getoets deu te vra, “Issit wettig vir ’n man om van sy vrou te skei?”
3 Jesus het toe geantwoort, “Wat het Moses vi julle gesê?”
4 Hulle sê toe, “Moses het gesê dat ’n man mag vi sy vrou ’n skeibrief gie, en van haa skei.”
5 Maa Jesus het vi hulle gesê, “Dis ommat julle soe harrekwas is. Dis hoekô Moses vi julle hierdie wet gemaak het.
6 Maa in die begin het Got man en vrou gemaak. 7 Dis hoekô ’n man van sy ma en pa weg sal gat, en ’n liewe gat bou sammit sy vrou, 8 en die twie sal soes een mens raak. Soe hulle issie mee twie mense nie, maa een. 9 Soe daai wat God saamgebind het, mag niemand skei nie.”
10 Later, toe hulle wee trug in die huis was het die dissipels wee vi Jesus oo dit gevra. 11 Jesus het geantwoort, “Ienige iemand wat sy vrou skei en met ’n anne vrou gat trou plieg hy egbriek tienoo sy vrou. 12 En as ’n vrou haa man skei en met ’n anne man gat trou dan plieg sy egbriek.”
Die klein kinnertjies en Jesus
13 Die mense het kinnertjies na Jesus toe gebring soerat Hy hulle kon anraak, maa die dissipels het met hulle geraas. 14 Toe Jesus dit sien het Hy kwaad geraak, en vi Sy dissipels gesê, “Lat die kinners na My toe kô, en moet hulle nie kee nie, wan die koninkryk van Got behoot an mense soes hulle. 15 Ek sê nou vi julle, en wies vesieke daa'van: As iemand nie soes ’n kindjie gloe dat Got sy Koning issie, dan sal hy nie kan inkô waa Got Koning issie.”
16 Jesus het die kinnertjies in sy arms vasgehou. Hy't sy hanne op hulle gesit en hulle geseën.
Die rykes en die koninkryk van Got
17 Toe Jesus vêder wou stap, het iemand na Hom toe gehalloep. Hy het gekniel voo Jesus en hy het vi Jesus gesê, “U is ’n goeie leermeester. Sê my tog asseblief wat ek moet doen om die iewige liewe te kry?”
18 Maa Jesus het vi hom gesê: “Hoekô sê djy Ek is goed? Net Got is goed, nieman annersie. 19 Djy wiet wat God gesê het: ‘Djy maggie iemand doodmaakie, djy maggie egbriek pliegie, djy maggie steelie, djy maggie oo anne mense liegie, djy maggie skelm wies en ieman anners se goed vattie, djy moet jou ouers respekteer.”
20 Die man het vi Jesus gesê, “Menee, van kleins af het ek alles gedoen wat Got se wette sê.”
21 Jesus het lank na hom gekyk en Hy het lief gewôt vi hom en vi hom gesê, “Daa is nog net een ding wat djy moet doen. Gat hie weg en gat vekoep alles wat djy het en gie al jou geld vi die armes, en dan sal djy in die hiemel ryk wies. Kô dan trug en kô volg My.”
22 Die man het baie hatsee geraak toe hy hoo wat Jesus vi hom gesêrit. Hy het daa weggegan en hy was baie hatsee, wan hy was somme lekke ryk.
23 Jesus het gekyk narrie mense rondom Hom, en Hy't vi sy dissipels gesê, “Di ryk mense sallie maklik by die koninkryk van Got in kô nie.”
24 Die dissipels was vebaas oo wat Jesus gesê het. Maa Jesus het wee vi hulle gesê,
“My vrinne, dis baie swaa om in te kô waa Got Koning is. 25 Dis makliker vir ’n kameel
om deu die oeg van ’n naald te gan, dan wat dit sal wies vi iemand wat ryk is om by die koninkryk van Got in te kô.”
26 Die dissipels was baie vebaas oo wat Jesus gesê het, en hulle het vi mekaa gesê, “Assit soe is, wie sal dan gered wôt?”
27 Jesus het vi hulle gekyk en gesê, “Mense kannie self inkô nie, maa met Got is alles moonlik.”
28 Petrus het vi Jesus gesê, “Dis soes ôs gemaak het, ôs het alles gelos wat ôs gehad het, en ôs gat saamit U.”
29 “Dis rêrig soe,” het Jesus geantwoort, “as iemand sy huis los, of sy broes, of sy sustes, of sy ma, of sy pa, of sy kinners, of sy grond wat hy op gewoon het, en hy doenit ommat hy gehoosaam is an My en an die goeie boodskap, dan sal hy baie meedere kry.
30 Hy sal nou in hierie tyd 100 maal meedere kry as wat hy gehad het. Hy sal meedere huise, en broes, en sustes, en ma's en kinnes, en grond kry. Die anne mense sal baie slegte dinge an hom doen, maa daa sal ’n niewe tyd kô, en dan sal hy die iewige liewe kry.
31 Baie mense wat nou belangrik is, sal dan onbelangrik wies, en mense wat nou onbelangrik is, sal daai tyd belangrik wies!”