Bybel in Kaaps: Job 10

  • 0

10 “Ek haat my liewe,
ek sienie kans om soe an te gannie,
soe ek gat hie’oo praat wan ek is diep hatsee.

2 Ek sal vi Got sê: doet my nie net
straffie, maa sê my wat ek vi U gemaakit.

3 Maakit U hêppie om my soe te lat swaa kry?
Gie U nie om vi my nie, het U my dannie gemaakie?
Is U rêrig tevriede met die goed wat slegte mense doen?

4 Het U oë soes ʼn mens het, wat na goed kyk
innie way wat ʼn gewone mens daana sal kyk?

5 Is U liewe soe kôt soes ʼn mens s’n?

6 Hoekô soek U soe hard vi die foute wat ek gemaakit?
Hoekô proebee U uitvind wat ek vekeert gedoenit?

7 U wiet ek is onskullig, maa daa is niemand wat my
uit U mag uit kan rettie.

8 “U het my met U eie hanne gemaak.
Maa nou draai U om, en kô venietig my wee.

9 Onthou dat U my met klei gemaakit.
Gat U my dan nou wee stof maak?

10 U het my lat groei binne in my ma,
soes kaas van melk af gevorm wôt.

11 U het my angetrêk met vel en vleis,
U het my anmekaa gewêk met biene en spiere.

12 U het my liewe gegie, en het omgegie vi my,
en in U omgie vi my het U my liewe beskerm,

13 “Maa in U hart het U anne planne weg gestiek.
En ek wiet dit was nog altyd op U gedagtes.

14 U het my dop gehou en gewiet van elke
vekeere ding wat ek gedoen het.
U plan was om my nie daamie te lat weg kommie.

15 As ek daaran skullig was dat ek slegte dinge gedoen het,
vedien ek allie swaakry, maa ek is onskullig,
maa ek kan nog steedsie my kop liggie,
ek voel net rêrig vetrap, en dit gat baie sleg met my.

 16 En as ek wee my kop sou optel, sou U my soes ʼn leeu djaag,
en maa net wee’eens U groot mag tien my gebruik.

17 U sal oek net wee niewe goed tien my opbring,
en dit maak U nog net kwater en kwater. Daa is aliewig
iets niets wat my lat swaakry.

18 “Soe as dittie geval is hoekô het U toegelaat
dat ek gebore was?
Ek wens ek het gedood nog voodat iemand my gesien het.

19 Ek wens ek het nooit geliewe nie,
maa dat hulle my regheid van geboote na my graf toe gedra het.

20 Die paa dae wat ek nog oo het om te liewe
is ampe oo. Soe los my tog uit lat ek
net vir ʼn oomblik kan hêppie wies.

21 Dissie lankie dan gooi ek, en ek gattie trug kô
van die land van donkete affie,

22 die die pik donkeste land,
die land van somberheid en waa alles
deumekaa is, waa glad die lig daa donkete is.”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top