Vir Wouter Ferns

  • 6

Hallo Wouter

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief getiteld “Dirk Rigter se uitstekende brief” op 2 Julie.

Soos Dirk Rigter ly jy ook aan chronolitis (ook bekend as kronolitis of gronolitis) naamlik die illusie dat enige twee gebeurtenisse wat in tyd geskei is, die beter gebeurtenis altyd die een met die jongste datum is. Dit is nie altyd so nie; ‘n vrot perske, byvoorbeeld, is nie in ‘n beter toestand as wat hy twee weke vantevore was nie en so is die land ook nie in ‘n beter toestand as 20 jaar gelede nie, inteendeel.

Jy sê jy plaas my in 1955. Hoekom? Ten opsigte waarvan? Oor jy reken ek is onder die indruk daar was minder misdaad en korrupsie in 1955, die plase veiliger, die strate skoner, die weermag meer paraat, die polisie effektiewer en munisipaliteite beter diensleweraars? Kan tog nie die rede wees nie aangesien jy van dieselfde mening moet wees, want dit is ‘n feit, gaan vra maar jou pa of ma as jy te jonk was om dit te onthou. So hoekom 1955?

Wat wel beduidend was van 1955, selfs 1970, miskien selfs 1979, was dat ons toe nog as eerstewêrelds geklassifiseer kon word, ons was voor, of minstens gelyk, met Australië en Nieu-Seeland wat opvoedingspeil, beskawingspeil, toegepaste navorsing (dink maar aan Onderstepoort byvoorbeeld), wapenontwikkeling en dies meer betref. Nou, na 20 jaar van ‘demokrasie’, is ons derdewêrelds en vinnig besig om vierdewêrelds te raak, ons is nou ver agter, en raak steeds verder agter daardie twee lande.

So, ek sê weer, jou 1955 is beduidend; dit is omtrent 50 jaar gelede en dit sal SA minstens 50 jaar vat om in te haal waar ons kon gewees het en teen daardie tyd is Australië-hulle al weer 50 jaar verder. Die bedeling waarvoor jy en Dirk julle beywer het, en wat volgens julle nou so nuut en wonderlik is, het ons teruggeplaas in die middeleeue.

Jy praat van my “ ... kinderlik eenvoudige rympie van "taal = volk = land" ... “ Jy yl tensy jy met ‘taal’ bedoel waar ek my misnoë uitspreek oor die heksejag op, en agteruitgang van, Afrikaans, met ‘volk’ waar ek my afgryse te kenne gee oor die moord en marteling op plase en met ‘land’ die agteruitgang en verval van die infrastruktuur. Indien dít is waarna jy verwys is kommentaar oorbodig as jy saamstem maar, as jy nié saamstem nie, moet jy my natuurlik reghelp, vir my vertel dat Afrikaans gedy, dat daar geen plaasmoorde en aanvalle plaasvind nie en dat rioolplase, paaie en parke nog nooit in ‘n beter toestand was nie. Dit is geen teenargument om bloot te noem dat dit my “rympie” is nie.

Aan die ander kant; jy is dalk soos Dirk, julle aanvaar en berus, soos die osse van Jan F Cilliers, geduldig, gedienstig, gedweë. Indien dit die geval is, is dit seker maar in die haak om bloot na my “kinderlik eenvoudige rympie” te verwys want wat anders kan jy nou eintlik sê. Julle het mos ‘n aandeel in die sirkus en hou nie daarvan om daaraan herinner te word nie.

Groetnis
Jan Rap

  • 6

Kommentaar

  • Hallo J,

     
    Dit is nie nodig om so te doen, maar aangesien hierdie op die tafel is, maar die stelling gemaak is soos volg: 
     
    "Terloops, ek wonder baie oor jou en Wouter se gesins-, familielede, vriendekring en kollegas: - Dit moet uiters frustrerend wees om saam te woon en werk met iemand wat reken hy staaf ‘n argument deur bloot ‘n mening uit te spreek".
     
    Hoe dit uitspeel is soos volg: 
     
    Gesinsverband. 
     
    Die oorgrote deel hou nog steeds vas aan 'n idee van "wit baasskap" en is die argumente wat ek al hieroor gehad oor hierdie onderwerpe en ander, legio en vuurwarm. Nie vreemd nie aangesien ons 180% verskil van mekaar oor "ras", kleur, seks, godsdiens, "politiek" in die breedste sin moontlik, menseregte, liberalisme en hoe daar omgegaan moet word om by die waarheid te kom oor alle onderwerpe.  
     
    Daar is baie van daardie argumente wat ek lees van "Jan Rap". 
     
    Nie vreemd aangesien die ouderdom redelik ooreenstem en dus 'n produk van die generasie is, terwyl die jonges se halstarrigheid my soms weemoedig laat, maar dit blyk tog dat hier en daar begin hul draai, weens die skool en vriende van alle kleure en sodra jy iemand ken wat anders is, dan begin almal van daardie "andersheid" aanvaarbaar word, maar bly die vorige twee generasies se invloed ongelukkig nog steeds 'n faktor. 
     
    Vriendekring: 
     
    Is makliker, aangesien ek my vriende kies. Dit is onmoontlik vir my om vriende te wees met 'n rassis, homofoob, seksistiese persoon, enige persoon wat 'n engheid van denke toon. 
     
    Kollegas:  Hierdie word nie met almal bespreek en is daar slegs enkeles en grootliks swart, en dit is goed, aangesien dit 'n perspektief bring en daarmee ervarings van 'n tydperk waarvan ek onbewus was en daarom insigte lewer wat ek nie op ander maniere sou ontdek het nie en wend ek geen poging aan om apartheid te verdedig nie. 
     
    My "boyfriend" waarvan die verhouding tot 'n einde gekom het 15 maande gelede, was 'n mengsel van bogenoemde maar was ons redelik in ooreenstemming wat 'n "filosofie" betref, maar hy kon nie my HIV hanteer nie en het laat spaander. 15 Maart 2013. 
     
    .Die volskaalse vergestalting van VIGS in my was net te erg vir hom. 
     
    Wie kan hom blameer? 
     
    Nog 'n les. 
     
    Daarom, ek is "moeilik", maar nie weens die stelling, "iemand wat reken hy staaf ‘n argument deur bloot ‘n mening uit te spreek", maar omdat ek altyd vra, is hierdie die beste weergawe van die waarheid en wat is fout met hierdie weergawe en hoe kan die beste weergawe bevestig word en wat is jou bronne, wat is jou verwysings, hoe het jy bevestig? en hoekom aanvaar jy dit so maklik, sekerlik is iets uitgelaat, maar wat? kan ons gaan kyk?
     
    Hoe kan ons gaan bevestig?
     
    Sonder end. 
     
    So dit is baie moeilik om met my te leef.
     
    Hiermee sluit ek af en sal nie terugkeer na hierdie onderwerp wat oor die verlede handel nie en die morele mislukking van apartheid en gesprekke daaroor met jou.
     
    Ek sien jy hou van films, ek ook, maar ek wens jy kon van beter films hou ...     :>) 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hallo J,

     
    Hierdie poging tot 'n kwinkslag verwys, wanneer jy skryf, "chronolitis (ook bekend as kronolitis of gronolitis)" en ek sien jy herhaal dit, reken dit seker 'n goeie kwinkslag te wees. 
     
    Een van die ongelooflikste boeke wat ek onlangs ontdek het is getiteld, "Dictionary of Untranslatables - A Philosophical Lexicon, onder die redakteurskap van Barbara Cassin en uitgegee deur Princeton University Press en vertaal van die oorspronklike Franse weergawe, "Vocabulaire européen des philosophies: Dictionnaire des intraduisibles". 
     
    In hierdie boek word woorde, konsepte en idees, bespreek, die oorsprong daarvan, en hoe daar gepoog word om dit in verskillende tale te vertaal. 
     
    Hoe vertaal jy dit wat nie kan vertaal word nie en die komplekse aard van woorde?
     
    Soos George Steiner dit stel in 'n lesing gelewer by die Edinburgh-fees meer as twee dekades gelede. 
     
    "The meaning of words are manifold and very often contradictory". 
     
    "Dictionary of Untranslatables", probeer daardie uitdaging aanspreek en so word daar dan by die probleem van "chronolitis" gekom. 
     
    In Grieks het ons kronos en word dit soos volg bespreek en is dit myle weg van die simplistiese perske waarmee jy vorendag kom: "If chronos [χ??νο?], symbolized by Kronos [K??νο?], the Greek god who devours his children, has all the characteristics of “time,” aiôn [α??ν], it is, on the other hand, a term without modern equivalent. In the Homeric poems it designates the vital fluid, hence a man’s lifespan and destiny, the intensity of a part of time. But when, in the Timaeus, Plato relates the aiôn to the life of the gods and no longer to the human lifespan, the sense of “eternity” comes in. Aristotle also uses this term for his Unmoved Mover, and Plotinus makes it Being’s mode of existence. Chronos becomes the “mobile image” of the aiôn and, in Neoplatonic interpretations, its “son.”
     
    Hoe hierdie woord  na ander tale oorgedra word en dan die betekenis daarin opgesluit:
     
    "AIÔN [α??ν], CHRONOS [χ??νο?] (GREEK)". 
     
    Dit word soos volg gedoen: 
     
    FRENCH: "fluide vital, durée de vie, vie, âge, durée, génération, éternité/temps"
     
    GERMAN: "Ewigkeit/Zeit"
     
    LATIN: "aevum, aeternitas, perpetuitas, aeviternitas, sempiternitas/tempus"'
     
    'n Eenvoudige blik na die woorde hierbo gelys, bevestig onmiddellik die menigvuldige terme waarmee gehandel moet word uit die stam van "kronos", en indien simplisties vertaal, dan vind ons "tydsduur", "era", "tydperk", "ewigheid", "oneindigheid". 
     
    Net soos die woord "kronos" gelees moet word saam met die Engelse vertaling "aeon", vir die oorspronklike Griekse, ""AIÔN [α??ν]". 
     
    Hierdie ontleding neem die leser onmiddellik na beginsels waaronder en waarmee hierdie woorde saamwerk en die menigvuldige betekenis opgesluit in elke woord. 
     
    "ETERNITY, TIME, and DASEIN, ERLEBEN, EVIGHED, GOD, HISTORIA UNIVERSALIS, HISTORY, LEIB, MOMENT, PRESENT, WORLD"
     
    Nog steeds myle weg van die eenvoudige perske en die nonsens van "chronolitis", wat volgens jou beteken, "enige twee gebeurtenisse wat in tyd geskei is, die beter gebeurtenis altyd die een met die jongste datum is". 
     
    Verstaan jy nou, waarom ek jou as banaal beskou, in die lig van die inleiding, verwag jy dat ek jou "chronolitis", as iets waardevol moet beskou wanneer die inleiding bevestig hoe eenvoudig en banaal jou skepping werklik is. 
     
    Neem die Franse, "fluide vital" en die diep geskiedenis waarna dit verwys, tot en met die oorsprong in Homer.  
     
    "In Homer, the aiôn is first of all a vital fluid, “the sweet aiôn that flows away” (?Iliad, 22.58; Odyssey, 5.160–61?): tears, sweat, and later on, cerebral-spinal fluid, sperm, everything that makes life and strength, that melts when one weeps and disappears with the breath of the soul when one dies (?“psuchê te kai aiôn [ψυχ? τε ?α? α??ν],” Iliad, 16.453?)—the “stuff of life,” R. B. Onians calls it (?Origins of European Thought?). The temporal meaning of aiôn, “lifespan,” “existence,” is attested in Pindar (?Pythian Odes, 8.97?) and the tragic playwrights, particularly in the combination moira-aiôn [μο??α-α??ν], indicating the “share of life” assigned to each person, the “lifespan imparted by fate” (?Euripides, Iphigeneia in Aulis, 1507–8; see KÊR?). That is probably the meaning with which Heraclitus is playing when he defines aiôn as “a child that gives birth to a child, who plays draughts” (?RT: B.52 DK: “aiôn pais esti paizôn, pesseuôn [α??ν πα?? ?στι πα?ζων, πεσσε?ων]”?): Bollack and Wismann (?Héraclite ou la séparation, 182–85?) argue that the iteration of the substantive pais [πα??] (?child?) and the verb paizô [πα?ζω] (?whose common meaning is “play like a child”?) suggests the interpretation of aiôn as referring to the time of a “generation,” the time it takes for a child to become a father and play his own role. In this sense, aiôn is a limitation or delimitation of chronos [χ??νο?], “time” in general: it is “the chronos of an individual life” (?Festugière, “Le sens philosophique,” 271?); thus aiôn is, to use Euripides’s expression, “the son of chronos” (?“Aiôn te Chronou pais [???ν τε ???νου πα??],” Heracleidae 900?)".
     
    Weg met die eenvoudige, banale, simplistiese perske en wat jy dink ek dink woorde beteken. 
     
    Jy weet nie. 
     
    Die 1955 het ek al voorheen aangespreek en is in die argiewe toe al geskryf vir jou aandag en het geput uit lesing wat Van Zyl Slabbert in lewe, 1988 by Oxford gelewer het. 
     
    Die volgende aspek verwys na  die volgende. 
     
    Jy skryf dat ek yl, "taal = volk = land". 
     
    Soos klokslag skryf jy: 
     
    "segregasie werk byvoorbeeld goed in Europa; Spanjaarde kan nie in Portugal stem nie, Duitsers nie in Frankryk nie en so aan. Dit werk selfs in Suider Afrika; Basoetoes kan nie in Swaziland stem nie en andersom en nie een beskuldig die ander een dat dié hom onderdruk nie. Dit lyk ook nie of die Swazi’s en Basoetoes aan onderdrukking gebuk gaan omdat hulle burgers van etnies homogene state is nie...
     
    "Frankryk vir die Fransman... Spanje vir die Spanjaard, Portugal vir die Portugees. 
     
    Stellings wat jy sonder end herhaal en dan is jy ongelukkig oor die feit dat dat 2038 tale tot 54 state in Afrika reduseer is, na Thomas jou moes reghelp en jy besef dit is nou erger, want dit beteken, 37.7 tale per land. 
     
    Die absolute gruwel daarvan volgens jou.
     
    Hoe absurd daardie argumente van jou word gesien met die volgende en word net van die inleidende gedagtes van "When Languages Die The Extinction of the World’s Languages and the Erosion of Human Knowledge van K. David Harrison", geneem:
     
    "In the year 2001, as the second millennium came to a close, at least 6,912 distinct human languages were spoken worldwide. Many linguists now predict that by the end of our current twenty-first century—the year 2101—only about half of these languages may still be spoken.In 2005, fully 204 languages had speaker communities numberingfewer than 10 people, a dire scenario. An additional 344 languages had between 10 and 99 speakers. As their speakers grow old and die, these languages too will descend into the fewer-than-10–speakers demographic. The 548 languages with fewer than 99 speakers make up nearly one-tenth of the world’s languages, and all are faced with almost certain disappearance".
     
    Hoe speel hierdie uit as 'n voorbeeld in state: 
     
    "The 65 inhabited islands of Vanuatu (together about the size of the state of Connecticut) support 109 distinct tongues in a population of just 205,000 people. Thatis one entire language for every 1,880 speakers. The vast deserts of Chad, inhabited by many nomadic groups, support 132 tongues in a population of 9.8 million. These languages enjoy much larger speaker bases, an average of 74,000 each. Like islands, this enormous and sparsely populated desert land, with just over 12 persons per square mile, appears also to encourage linguistic diversity. Even in America, we see great diversity in Alaska, immense and sparsely populated, with just 1 person per average square mile. Alaska’s native population of 86,000 commands 21 languages—most spoken nowhere else on earth".
     
    Met bogenoemde as die werklikheid daarbuite, soek jy 6912 state en Chad as 'n voorbeeld moet nie een staat wees nie, maar 132 state en Alaska, moet 21 state wees. 
     
    Kan jy sien hoe simplisties jou argumente is en hoekom dit beter is om dit te ignoreer, hoe kan daar met iemand argumenteer word, wat so min weet?
     
    Nasievorming is nog 'n aspek wat ondersoek moet word. 
     
    Ook soos klokslag herhaal jy dieselfde oor en oor: 
     
    "Soos ek voorheen genoem het; vanaf Aachen in Duitsland tot by Vila Real in Portugal kry jy heelparty verskillende lande. Die afstand Tussen Thohoyandou en Kaapstad is min of meer dieselfde maar Dirk glo dit móét een land wees. Maak geen sin nie".
     
    Wie yl? 
     
    Dit is wat jy skryf, oor en en oor. 
     
    Altyd hoor jy iets oor die radio en kan dit nie besvestig word nie, aangesien dit in die eter verdwyn het, maar jy het dit as 'n feit gehoor en dan kan dit nie bevestig word nie, maar jy het dit gehoor. 
     
    Ek hoor ook stellings gemaak op die internasionale programme waarop ek ingeskryf is en kan bevestig wat ek gehoor het: Soos op Fareed Zakria se CNN program "Global Public Square" van 27 April 2014 en die onderhoud met Ian Morris en die bespreking van sy nuwe boek, " "War! What Is It Good For? Conflict and the Progress of Civilization from Primates to Robots". 
     
     
    "ZAKARIA: So you're saying if you looked at in 1500 there were about 500 small states in Europe, all quarrelling with each other and often going off to war. And the creation of the large states -- France, Germany, Austria, Hungary -- in a strange sense, subdued the level of violence because now there were only five or six of them.
     
    MORRIS: Exactly, yes. So wars of course carrying on being fought, but there are fewer big powers fighting the wars, and the wars that are now being fought are often more violent than the earlier ones because the societies are bigger. But within the societies, the rate of violence goes down and down. People are not feuding with each other violently, not fighting civil wars all the time so long as they have a strong government".
     
    Weereens mis jy die geskiedenis. 
     
    Moet Europa terug na die "oorspronklike" 500 state, die VSA, terug na die 13 kolonies en Louisiana terug na Frankryk, in watter vorm Frankryk ook al was met die verkoop van Louisiana?
     
    Die VSA is 'n mengelmoes soos kan kom. 
     
    'n Land met 10 burgers, met 'n regering, weermag, buitelandse beleid en verteenwoordiging by die VN. Dit is die onlogiese einde van jou argumente. 
     
    Daar is 6912 tale en iets soos 192-196 state. 
     
    Sien jy die kontradiksie? 
     
    Voorlaastens. 
     
    Die 30 opstande elke dag. Kan jy die skakels vir elke opstand, vir die afgelope sewe dae plaas om dit vir jou maklik te maak. Of is die media deel van die komplot, aangesien jy nie die skakels sal kan vind nie? 
     
    Laastens:
     
    Uit die Economist van 3 Julie 2014: 
     
     
    "SEVERAL weeks ago, Johnson discussed his debate with Nicholas Ostler about the lingua franca of the future. Johnson thinks that English has a very long run ahead of it. Mr Ostler sees English’s time as coming to an end, to be replaced by machine-translation tools that will remove the need for people to learn to speak, read and write a lingua franca. But we agreed that whatever the long run might look like, the next few decades are set. No language has anything like a chance of displacing English.Interestingly, about two-thirds of English-speakers are not first-language speakers of English. To put it another way: English no longer belongs to England, to superpower America, or even to the English-speaking countries generally. Rather, English is the world’s language. What happens to a language when it becomes everybody’s? Shaped by the mouths of billions of non-native speakers, what will the English of the future look like?"
     
    Engels is ongelukkig die toekoms, net soos Latyn, Duits en Frans eens was en wat oorgegee het aan Engels.
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Wouter

    Jy het van die arme Jan "mince meat" gemaak.  Skaam jy jou nie?

    'n Uitmuntende repliek!

  • Hello Jaco, 

     
    Ek lees wat jy skryf, maar ek glo nie, onderkry is min wat "Jan" betref. 'n Antwoord is op pad. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Jaco

    Dis moontlik (dat hy van my mince meat gemaak het), maar waar?

    Sy 'uitstekende repliek' verduidelik nie hoekom hy my in 1955 plaas nie so ek moet aanneem dit is, soos ek tussen die lyne sê, bloot 'n cliché onder die sogenaamde liberaal-demokrate: As jy enigsins misnoë wys met die nuwe stront - misdaad, korrupsie, verval - is jy uit die oude doos.

    Ook het hy geen kommentaar gelewer op my stelling dat die nuwe bedeling ons jarrrre de jarrre teruggeplaas het nie:- Boere kan nie meer boer nie, die weermag is 'n skadu van wat hy was, rioolplase gaan MILJARDE verg om weer funksioneel te wees, hospitale en onderwys is moer toe.  Dit is 'n aantyging teen die wat apologete vir die teenswoordige toestand is (soos Wouter byvoorbeeld) maar hy sê niks behalwe, tussen die lyne, "dis 50 jaar na 1955 so dit moet beter wees."

    Al wat goed was in sy repliek was die storie oor kronos maar dit het ongelukkig niks met die debat te doen nie.

    Ek sal ook bly wees as jy sy eerste sin kan oorskryf in verstaanbare taal; ek kan nie uitvind wat hy bedoel nie.

    Jan Rap

  • Jan, jy skryf:

    " Boere kan nie meer boer nie" - sê wie?  Ek is direk aan sodanige bedryf betrokke.  Boere het 'n "bumper" mielie-oes hierdie jaar ingewin, een van die grootste in soveel jare!  Mieliemeel is weer besig om goedkoper te word. Hoe verklaar jy dit dat boere nie meer kan boer nie?

    "Die weermag is 'n skadu van wat hy was",  Vir watter rede het ons 'n apartheid-era-grootte weermag nodig.  Wie bedreig ons dat ons ons tot die tande moet bewapen?   Inteendeel.  Troepe verveel hulle in barakke weens die vervelige vrede.

    Nee wat Jan.  Kom by ou!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top