In antwoord op Jan se reaksie onderaan: Vir Angus (en Dirk) oor Grammatika en Taal (2015-02-06)
Ek probeer na die beste van my vermoë om aan jou sekere linguistiese beginsels te verduidelik. Ek suig dit nie uit my duim nie, en dit is nie ek alleen wat dit so insien nie. Duisende linguiste verstaan dit ook so.
Elke taal het ? struktuur. Dit is doodeenvoudig net daar. Niemand het gaan sit en gesê dit moet so wees nie. Dit is van nature so en kom van die mens se universele taalvermoë. As taal nie hierdie struktuur het nie, sal dit nie ‘n taal wees nie. Dan sou dit nie die basiese funksie van taal, nl om te kommunikeer, kon verrig nie.
Geen taal het sommer so vanself ? grammatika nie. ? Taalgeleerde moet dit doelbewus skrywe. Hy moet die struktuur van die taal bestudeer, en dit met taaltegniese woorde beskryf (naamwoord, werkwoord, voorvoegsel agtervoegsel, voorsetsel, naamval, nominatief, genitief, datief, akkusatief, ens, ens, ens). Sodra hy dit gedoen het, dan eers het die taal ? grammatika. Hy kan dan hierdie gegewens aan ? uitgewersmaatskappy gee, en hulle kan dit dan in boekvorm laat verskyn.
Daar is letterlik duisende tale en hulle dialekte in die wêreld wat nog nie ? grammatika besit nie. Almal het taalstrukture, en sommiges heel ingewikkelde strukture wat ? linguis sommer kopseer sal gee om uit te rafel en te beskryf. Daar is bv oor die 400 Sino-Tibetaanse tale; party het al ? grammatika, ander nie. Ek dink iemand het al Lemerig van Noord -Australië probeer ontleed, maar was nie suksesvol nie. Dan is daar nog Chamikuru van Peru en Kaixana van Brasilië wat seker ook behoorlike grammatikas moet kry.
Ek het lank terug aan jou verduidelik dat grammatika deskriptief is. Linguiste beskryf ? taal dmv grammatika sodat ander mense kan verstaan hoe ? taal werk en aanmekaar gesit is.
Taalonderwysers kan nou hierdie grammatika neem en dit preskriptief aanwend en bv Duits aan kinders leer. Hierdie metode staan bekend as die Grammatika-vertaalmetode, want afgesien van formeel die grammatika leer, moet die vreemde taal gedurig vertaal word na die moedertaal. Dan is daar die Direkte metode, wat beter resultate opgelewer het, waarin die leerders direk blootgestel word aan die vreemde taal. Dis slegs prakties moontlik as die leerder in ? gemeenskap kan bly waar die vreemde taal gepraat word. Dan is daar die Linguistiese metode wat so min of meer ? samevoeging van die twee is. (Daar is nog baie ander soos bv die Stokkiesmetode. Miskien vertel ek jou eendag hoe dit werk.)
Ek is nie ? kenner van Sanskrit nie, daarom sal ek maar moet glo wat jy sê as jy beweer dat dit naamvalle het. Ek sou eintlik verbaas gewees het as dit nie het nie. Die ontwerper van Sanskrit of enige ander kunsmatige taal, sal slegs ? geslaagde taal kan maak as hy hou by die universele struktuur van taal. As hy dit nie doen nie, sal sy taal uit ? spul los woorde bestaan, en nie die doel van taal kan vervul, nl om te kommunikeer nie. As ? linguis hierdie gestruktureerde kunsmatige taal ontleed, sal hy sien dat dit uit spraakklanke wat woorde vorm bestaan en dat die woorde op ? manier verbind om sinne te vorm. Verder sal hy sien dat die woorde sekere posisies in die sin inneem, om so as rededele geklassifiseer te word, en dat sinsdele sekere posisies inneem om as Nominatief, Genitief, Datief, Akkusatief, Ablatief, Lokatief, Vokatief (maw naamvalle) beskryf te word.
Laat ek soos ? vasgehaakte grammofoonplaat herhaal: geen taal het ? grammatika voordat die taalstruktuur daarvan beskryf is deur grammatici in grammatiese terminologie nie. Alle tale het ? taalstruktuur, anders is dit nie taal nie.
In my skrywe oor wat ? mens ? mens maak, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat slegs taal van ? mens ? mens maak, niks anders nie. Hiermee het ek nie spraak (speech) bedoel nie, maar taal (language). Spraak, die klank wat met die spraakorgane gemaak word, is maar één van die draers (vehicle) van taal. Daar is nog ander draers ook: gebaretaal, vingertaal, geskrewe taal, mimiek, liggaamstaal, is ook draers van taal (language).
As ons nie taal (language) gehad het nie, sou ons nie potlode, musieknote of huisplanne gehad het nie, want ons sou nie met mekaar kon kommunikeer nie. Potlode word in fabrieke gemaak, en fabrieke is slegs moontlik indien mense met mekaar kan kommunikeer. Musieknote dui spesiale plekke op die maatbalk aan. Wie gaan vir enigiemand musieknote leer as hy self nie musieknote ken nie, en nie kan kommunikeer nie?
As jy dus skryf: “Musieknote is ? goeie voorbeeld van hoe mens nie in ? taal dink nie. ? Goeie musikant kan na die stel simbole (bladmusiek) kyk en die wysie, by wyse van spreke, hoor.”, is mos dan irrelevant in die lig van “ons het geen taal” nie.
Ek het die gedagte-eksperiment voorgestel, nl. dat jy jou moet indink hoe dit sou wees as ons nie taal (language) gehad het nie. Gehoorgestremdes het dus taal, daarom kan hulle take verrig soos enige ander mens.
Jy vra: “Hoe kom jy aan die vraag?” En dan huil jy verder: “ Het ek (Jan) ooit gesê mense hoef nie met mekaar te praat nie?”
Antwoord: Ek (Angus) het dit self uitgedink en gevra. Lees weer https://www.litnet.co.za/Article/brief-wat-maak-van--mens--mens.
Jan, as jy so sukkel om te verstaan, moet my tog asseblief nie vra om Case Grammar van Transformasionele Grammatika aan jou te verduidelik nie.
Groete,
Angus


Kommentaar
Angus,
Ek het gepraat van Esperanto Angus, nie Sanskrit nie. Ek was verbaas dat die ou wat dit ontwerp het nog naamvalle ingebou het aangesien daar reeds natuurlike tale sonder naamvalle is.
Of Fannagalo?? Ongelukkig is daar nasies met openlike klassisme soos die Engelse (wat ek vermoed julle met mening aanhang en nie te veel van jul eie hou nie) en die Indiërs met hulle "caste"-stelsel. Jy sal waaragtig nie wegkom met 'n woord wat sommer langs die pad ontstaan het onder die Engelse nie - nog minder sal jy 'n job in goeie geledere kry. Moenie baklei oor Afrikaans nie - sê net vir mense julle verkies Engels ... oops, maak net seker julle gooi nie 'n wan-uitspraak nie. SOO moeg vir taalfaaits. Suid-Afrikaanse kinders word deur diegene wat van ons tale verstaan as effens vertraag afgemaak want hulle kan nie een van die twee tale reg praat nie. Ai..
Rietha, as jy my insluit by die 'julle' waarvan jy praat (diegene wat die Engelse aanhang) lees jy besllis nie gereeld SêNet nie.
Beste Dirk,
Liewe Rietha,