Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief ‘Max is die bliksem in.’
Wat is dan nou verregs volgens jou? Die noem van feite? Kritiek uitspreek teenoor die gemors deur linkses veroorsaak?
Kom ek vertel nou vir jou wat ‘links’ en ‘regs’ in die politieke sin nou eintlik beteken. Regs beteken jy dra die belange van jou eie mense op die hart. Vanaf ‘n swart platvorm dus is byvoorbeeld Mandela en Zuma regs. Mandela was ver regs want hy het tot geweld oorgegaan en as ek dit nie mis het nie, Zuma ook. Linkse mense vanuit hierdie platvorm sou wees wat die swartes ‘Uncle Toms’ noem, mense wat hulle skaar by, of die sienings deel van, ander mense, hoofsaaklik wittes in hierdie geval.
Op hierdie wyse dan, vanuit ‘n Afrikanerplatvorm, is Max links; hy het hom beywer vir ‘n swart regering. Piet Croukamp is links; hy sukkel om te erken die swart regering is besig met wanadministrasie en hy wil homself nie eers ‘n Afrikaner noem nie (wil homself nie ‘verpak as ‘n Afrikaner nie’ om hom nou aan te haal).
Dan Roodt, Steve Hofmeyr en Sunette Bridges is regs; hulle spreek hulle ontevredenheid uit teenoor die onreg wat gepleeg word spesifiek ten opsigte van Afrikaans en Afrikaners en die land in die algemeen. Nie een van hulle is ver regs nie want hulle pleeg of propageer nie geweld of sabotasie nie.
Jy sê ek het verseg om te sê hoe mens ver regse politiek produktief kan aanwend. Sinnelose vraag want hoe ‘wend’ mens in elk geval enige politiek aan? Jy sal ‘n voorbeeld moet gee. Ek kan jou egter dít sê, ver regs of ver links is ewe ongewens. Nie een van die twee kan ‘aangewend’ word vir iets goeds nie.
Wat jý nou weer verseg om te doen is antwoord op al die teenstellings wat ek op jou stellings gegee het, soos byvoorbeeld hoe veroordeel jy Dan Roodt vir sy blad maar Max du Preez se blad (Vrye Weekblad) is in die haak?
Of dat Max vir Dan Roodt, Zuma ens mag kritiseer maar Max is ‘n heilige koei; as ek uitwys dat hy sy mond vol poot gestop het dan sanik ek nou kamtig.
Dis ook die hoeveelste keer dat jy kweel oor Dan se ontduiking van militêre opleiding. Laat ek maar weer sê: Dan was ‘n liberaal soos Max maar sy oë het oopgegaan. Max se oë het ook oopgegaan (vermoed ek want niemand kan hierdie gemors miskyk nie) maar hy het nie die morele moed om te erken hy was aandadig aan hierdie sirkus nie; pak nou die skuld vir sy kortsigtigheid op arme Zuma. Mandela was net so verantwoordelik vir die verval maar daaroor swyg Max.
In antwoord op my ontbloting van jou absurditeite skryf jy net ‘n kort briefie waarin jy herhaal dat Dan ver regs is en jy wil weet hoekom ek nie sê hoe ‘verregs produktief aangewend’ kan word nie. Dis nou ‘n kop-in-die-sand-houding by uitstek. Darem beter as jou vorige ‘ek praat nie met fanatici nie.’
Jy dink nie voor jy praat nie Jaco.
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Verregs beteken nie noodwendig dat geweld gebruik word soos jy hierbo wil voorgee nie. Verregs vorm die kantlyn, die gekkegrens van enige gemeenskap, gewoonlik 'n absolute minderheid van die bevolking onder bespreking en word uitgeken deur hulle albsolute sektariese sieninge wat gewoonlik gestruktureer word om 'n siening wat konformering vereis indien hulle mag sou bekom. Die politieke benadering is meerendeels reaktief, met min proaktiewe voorstelle tot oplossing van huidige probleme. Rooi Daantjie val beslis binne hierdie raamwerk. Enige objektiewe leser van sy rubrieke in Praag sal tot sodanige slotsom kom. Rooi Daantjie, net soos jy, spreek tot vervelens toe, die oneindigende: "ONS het mos vir JULLE gesê". Geen poging om Afrikaner-eenheid te wil bevorder nie, eerder te verdeel. Die oneindigende "Ons Afrikaners" en "Julle Afrikaners" sindroom. Ironsies genoeg, sit die meerderheid van jou vorige "Ons Afrikaners" vandag in die DA, en dit in sigself behoort baie vir jou te sê.
In Rooi Daantjie is vele weersprekings boonop. Hy kraai kranig "volksstaat", maar sit nie sy geld waar sy mond is nie, en woon liefs saam met ryk Jode en Engelse in Dainfern eerder as om tussen sy volksgenote in oorwegend Afrikanervoorstede te wil woon. Hy preek sy misnoë oor Afrikaners wat na Engelse skole en Engelse universiteite toe gaan, maar was self op Engelse en Franse universiteite glad nie op 'n Afrikaanse universiteit nie.
Jou manier van argumenteer is gedurig om VERONDERSTELLINGS van jou opponent te maak, gevolg met beledigings. Maw jy wil die spel manipuleer tot jou voordeel, en terselfdertyd vir die leser jou opponent demoniseer. Bv jy weergee hierbo ek het "Vrye Weekblad" ondersteun. Nou waar kom jy daaraan? Natuurlik 'n veralgemening aan jou kant, en dan die demoniseering wat daarop volg n. "Jy dink nie voor jy praat nie" Jy ignoreer geriefliksheidshalwe dat ek reeds gesê het ek stem merendeels nie met Max saam nie, of verstaan jy Afrikaans nie meer so goed nie?
Max is 'n los kannon en doen sy eie ding op sy eie manier. Hy het geen nodigheid om vir jou of enig ander om verskoning te vra omrede hy, net soos ek en ander, vir demokrasie gestem het nie. Dat ons in vandag se gemors vassit, was nie waarvoor hy, ek of ander gestem het nie, en om dit te geweet het moes jy 'n profeet gewees het. En ja. Weereens, al sal ek MEERENDEELS nie met Max saamstem nie, sal ek beslis glad nie met Rooi Daantjie en sy "ilk" ooit saamstem nie. EN JA! Al het ek in 1994 vandag se strukturele gemors kon voorsien het, sou ek steeds dieselfde gestem het, nl vir DEMOKRASIE, 'n politieke bedeling by verre beter as die vorige politieke bedeling. PUNT! Ek en ander beywer vir die vervanging van die ANC as regering ten doel om die huidige gemors reg te stel. Daar het jy bykomstig my antwoord hoe politiek PRODUKTIEF aangewend kan word.
Maat. Ek sal met jou saampraat, al verskil ons polities van mekaar, mits Afrikaner HEDE en TOEKOMS konstruktief bespreek word en nie oor die VERLEDE gespekuleer word nie, mbt wat kon en wat nie kon gebeur het nie. Daarop wil ek nie my tyd mors nie.
Jaco, ek wou nog vra, het Max ooit militêre opleiding ondergaan?
Jan
Max het die gevare, saam met die troepe van die Angola oorlog trotseer, om as joernalis verslaggewing te verrig.
http://www.randomstruik.co.za/title-page.php?titleID=1817&imprintID=4
EN
http://www.dailymaverick.co.za/article/2011-11-10-max-du-preez-south-africans-need-to-grow-a-spine#.SXhUzih8z_M
Beste Jaco
Jy is sê "Ek en ander beywer vir die vervanging van die ANC as regering ten doel om die huidige gemors reg te stel. Daar het jy bykomstig my antwoord hoe politiek PRODUKTIEF aangewend kan word."
Wel boetie ek het nuus vir jou en dit is na baie jare se ondervinding - jy is politiek naïef.
Daar is geen politieke part op die horison wat enigsins 'n kans het om die ANC te ontsetel.Daar is slegs 'n paar maniere waarop die ANC ontsetel kan word en dit is deur 'n swart party wat meer as 50% steun van die kiesers kan staan maak of soveel steun verwerf dat dit in 'n koalisie met ander partye die ANC kan ontsetel.
Ek blaas nie graag my eie beuel nie maar ek het reeds voor 1994 'n voorspelling van die aantal setels gemaak wat die ANC sou wen maar geen koerant wou dit plaas nie want dit sou 'die blanke kiesers net ontstel en nie goed vir versoening wees nie'.
Vandag loop die ondersteuners wat hul hoop op NP gevestig het om aan bewind te bly, baie wye draaie om my - een het darem die moed gehad om te erken dat hy verkeerds was.Ek onthou nog goed hoe oorlede Hendrik Schoeman op 'n byeenkoms op Delmas gesê het, toe hy met homself gespot het dat 'hoe hoër 'n bobbejaan teen die krans uitklim, hoe meer sien jy van sy agterent en dit is netso van toepassing op die ANC.
Dus het ek my in 1994 daarvoor beywer dat soveel mense met konserwatiewe politieke uitkyk op Nasionale vlak vir die NP stem,wat toe inderdaad gebeur het, om die NP die vereiste 20% te gee.
Links in politieke is die party in beweging wat hom beywer vir verandering , regs is gewoonlik die party wat die bestaande orde wil handhaaf en in die middel staan die gematigde party. 'n Persoon kan dus in sommige sake sienings huldig wat oor die hele spektrum strek.
FC Boot
Ek het geensins en nêrens ooit te kenne gegee dat die ANC deur blankes alleenlik onsetel gaan word nie. Behalwe vir die VF+ is al die groter opposisiepartye veelrassig. In die DA se geval, 'n veelrassige party, het die oorgrote meerderheid Afrikaners hulle politieke tuiste gevind, selfs die oorgrote meerderheid van Jan se vorige bewind se "Ons Afrikaners".
Die kanse is goed dat in volgende jaar se munisipale verkiesing, die ANC, sonder EFF-ondersteuning nie meer die regeerder van die groot munisipaliteite soos Johannesburg gaan wees nie. Met die huidige tendens is die moontlikheid ook groot dat 'n koalisie van opposisiepartye die ANC in 2019 mag gaan ontneem, indien die EFF die ANC nie stut nie.
Jan kerm gedurig oor die huidige gemors en wat kon eerder gebeur het was daar nie 'n bewindsverandering nie, en verkwalik almal wat vir DEMOKRASIE gestem het, gevolg met die: Wê "ONS Afrikaners" het mos vir "JULLE Afrikaners" tot vervelens gesê.
Die Weskaap, 'n vorige ANC provinsie, is 'n toonbeeld binne die bestek van die huidige DEMOKRASIE, waar opposisiegeledere die vorige ANC-regering se gemors reggestel het. Die plan is om uiteindelik die Weskaap se roete mettertyd met die res van die land te volg. Die DA het vereers met 'n koalisie die Weskaap regeer, maar met die laaste verkiesing, met 'n volstrekte meerderheid, regeer nou in eie reg.
Soos ek vir Jan gesê het, sê ek ook vir jou. Ek raak nie betrokke mbt die politiek van die VERLEDE nie. Sodanige spekulatiewe verlede is nie ter sake in die huidige Afrikanerpolitiek nie. Soos die geval met vele Afrikaners asook ander rasse in hierdie land, raak ek produktief betrokke om te help om die ANC-regering mettertyd te ontsetel.
Beste Jaco
Weereens het jy die kat aan die stert beet. Die verlede was nog altyd die beste voorspeller van die hede.Jy leef in 'n droomwêreld, daar het in 1994 'n magverskuiwing plaasgevind, na mi na die verkeerde hande.Die ANC oefen beheer op alle gebiede uit en die Kaap bestaan nie in 'n vakuum nie,wat die kragkrisis bewys.
Lees gerus Rapport se jongste beriggewing ivm die toestand van die land te kragstasies en ook die toestand van onderwys soos uitgelig elders op Litnet 'Wie moet die skuld dra vir die gemors in die onderwys".
JY droom as jy dink dat jy mettertyd die ANC kan ontsetel, net in Soweto is daar amper net soveel inwoners as wat daar blankes in Suid Afika is. Solank die ANC aan bewind is sal hy deur sy sosiale toelaes en ander skemas en populistiese uitsprake die meerderheid van kiesers aan sy kant hou.
Om die punt te staaf is hier 'n verkorte uittreksel uit:http://www.southafrica.info/about/social/grants-190614.htm#.VMiMKSw2fbQ
Social grants reach almost one-third of South Africans 19 June 2014
The number of people receiving a social grant from the state grew from 12.7% in 2003 to 30.2% in 2013, while the number of households receiving at least one social grant increased from 29.9% to 45.5% over the same period, according to Statistics South Africa's latest General Household Survey. Conducted annually since 2002, the survey measures changes in the living conditions of South African households, including access to services and amenities including housing, water, electricity, food, health care and education.
According to the 2013 survey, released on Wednesday, the province with highest percentage of social grant recipients is the Eastern Cape at 40.3%, followed by Limpopo (38.7%) and KwaZulu?Natal (37.2%). South Africa's social assistance system, one of the largest in Africa, is the government's most direct means of combating poverty.
According to the Treasury's National Budget Review for 2013/14, spending on social grants accounts for 3% of the country's gross domestic product (GDP) and is projected to rise from R118-billion in 2013/14 to R145-billion by 2016. The Treasury said in February that the number of social grant beneficiaries had doubled over the last decade, from around 7.9-million in 2003 to 15.8-million this year, largely due to the phased extension of the child support grant"
Hoe langer die proses gehandhaaf word, hoe meer afhanklik en hoe groter word die bevolking wat staat maak op die toelaes om te oorleef en hoe groter word die druk op die skatkis.Regerings moet eers geld insamel voordat hulle dit kan uitgee, dus word die druk op die produktiewe gedeelte van die samelewing al hoe groter, en omdat daar tans 'n neiging is dat swart jong meisies swanger raak met net een doel en dit is om nog 'n kindertoelaag te ontvang, gaan die toestand eerder versleg as verbeter.Gelukkig is dit nie op alle swart jong meisies van toepassing nie.
Geen party wat aan bewind kom kan oornag die 'verslawingspolitiek' verbreek nie sonder om grootskaalse sosiale onrus te bewerkstellig nie.
Jy praat soos Kobus twak - ek kerm nie oor die verlede - ek ontleed die huidige en dit doen ek aan die hand van dit wat in die verlede bestaan het, en slegs deur die twee te vergelyk kan 'n mens bepaal of Suid -frika vooruit of agteruit beweeg.
Die gedurige verlaging van Suid-Afrika se kredietwaardigheid toon dat Suid-Afrika nie langer die ekonomiese kragreus is waaroor die ANC beheer oorgeneem het. Die ineenstorting van die infrastruktuur op alle gebiede is onderliggend daaraan.
Ek onderskryf die begrip 'Charity begins at home' en ondersteun dus in die eerste plek my eie mense waarvan na skatting meer as 700 000 slagoffers is van 'n beleid wat hul teruggeplaas in 'n toestand
waaruit hul voorouers met bloed en sweet ontsnap het eerder asom deel te wees aan 'n hersenskim nl om die ANC te ontsetel.
Ky Noord en jy sal sien dat swart politieke partye as hul eers aan bewind is vasklou en verslaaf aan mag raak en soos 'n neet daaraan vasklou al moet hul ook die veiligheidsmagte inspan om dit te bewerkstellig.
FC Boot
Ek weet nie hoekom jy 'n hele raps van SA se eentonige gemors hierbo wou herhaal het nie. Jy moes seker in my brief gelees het ek is met jou en Jan eens dat SA huidig in 'n gemors sit as gevolg van die ANC se toedoen. Of was dit, soos in Jan se geval, om 'n geleentheid te benut om van nog iemand anders, nl jy, om die "O Wee ons" deuntjie te kon sing. Die KKNK-fees is net om die draai. Dit is daar waar jy jou musiekkuns kan tentoonstel. Miskien sal jou "O Wee ons" liedjie daar 'n treffer soos "De la Rey" word.
Ek verskil net met julle twee here wat in as en sak van die verlede wil bly vassit en nie die nuwe demokratiese bestel wil aanvaar nie. Ek in teenstelling met julle twee here is optimisties vir die moontlikheid dat die ANC wel mettertyd ontsetel gaan word, en verkiesing op verkiesing se uitslae is aanwysers daarvoor. Intussen agv van ons konstitusie, kan burger-organisasies soos bv AfriForum met sukses 'n stokkie voor die ANC en EFF se wiel sit.
Waarvoor verkwalik jy ook vir Kobus? Nou wat het Kobus met hierdie onderwerp te doen? Ek lees geen bydrae hierin van hom nie. Or are you still smarting under the thorough thrashing I gave you iro of the Joh. 5:46 thread?
FC Boot
Jy praat hierbo van die onmoontlike om die ANC te ontsetel. Neem 'n les vanuit die onlangse Griekse verkiesing (25 Jan) waar die SIRYZA party oornag die regering van 50 jaar in 'n demokratiese verkiesing omvergegooi het.
In die vorige verkiesing met net 78 setels, nou 149, kort net 2 om 'n volstrekte meerderheid te bekom. Die vorige Nasionale Demokratiese Party het self nooit so 'n groot aantal setels gehad nie en moes gedurig in koalisie regeer.
Die gemors van die vorige regering het aanleiding tot sodanige oorwinning gegee. Wie is te sê dit kan ook nie hier gebeur nie?
Jaco, nou waar sê ek jy het Vrye Weekblad ondersteun?
In jou gedurige felle aanvalle op Dan Roodt (jy kon nog nooit sê hoekom nie) het jy neerhalend na sy webwerf verwys; hy sou volgens jou ook nog geldgierig wees; 'hoe meer lede hoe meer ledegeld'.
Dit was vergelykenderwys want Max was op een of ander manier ter sprake. Ek het jou gevra maar wat van Max se koerant, is meer lesers ook nie verteenwoordigend van meer geld nie? Hoekom is Dan se webwerf 'n sonde maar Max se koerant is in die haak?
Jou reaksie daarop is dat ek onregverdiglik jou beskuldig dat jy Vrye Weekblad ondersteun het! Daar's net twee vertolkings van hierdie reaksie van jou: Of jy lees sonder begrip of jy dink nie voor jy praat nie (miskien drie; 'n kombinasie van die twee .... ... nee vier; ontwyking, kop-in-die-sand).
Jy kla dat 'hulle' (weer die 'ons hulle' waarvan jy ander waarmee jy nie saamstem nie beskuldig) se reaksie is reaktief, "HULLE kom 'met min proaktiewe voorstelle ..." Dan is so pro-aktief dit pyn! Dis juis om sy pro-aktiewe voorstelle dat hy so verguis word. As hy gesit en niks doen het nie sou niemand van hom geweet het nie, die linkses sou hom nie in die tronk wou gehad het nie.
Ek het hoogstens twee keer, in reaksie op Niekie se geweeklaag dat "julle moenie nou kom met 'ons het julle mos gesê' nie" daardie uitdrukking gebruik. Ek het nog nie EEN keer gesien dat Dan dit gebruik het nie maar jy sê dat ek en Dan " ... tot vervelens toe die oneindigende 'ons het julle mos gesê' spreek. Jy praat deur jou nek Jaco. Maar, terloops, nou dat ek daaraan dink, ons HET julle mos gesê.
Nou, oor jou gesanik dat die regses gedurig die verlede ophaal. Was Boetman se bliksem-in-brief nie oor die verlede nie? Is die gedurige geweeklaag van die liberaal-demokrate oor sogenaamde apartheid nie oor die verlede nie? Jou probleem is dat sodra 'n huidige f#k-op uitgewys word jy dit as 'n versugting na die verlede beskou. Nogal beduidend rakende jou siening van die verlede. Die werklikheid is dat verwysing na, en uitwys van, teenswoordige f#k-ops ten doel het om 'n einde hieraan te bring, dus niks met die verlede te doen nie.
Ek sien jy reken jy het vir 'n demokrasie gestem. Ek het nuus vir jou, jy het nie; hierdie is nie 'n demokrasie nie.
Jan Rap
Jan
Jy Skryf:
"Jou reaksie daarop is dat ek onregverdiglik jou beskuldig dat jy Vrye Weekblad ondersteun het!"
My bewys:
"Hoe veroordeel jy Dan Roodt vir sy blad maar Max du Preez se blad (Vrye Weekblad) is in die haak?"
Wat jy hiermee wil sê is dat ek Praag veroordeel, maar wel ondersteunend is vir die Vrye Weekblad.
Verder skryf jy:
"Dan is so pro-aktief dit pyn! Dis juis om sy pro-aktiewe voorstelle dat hy so verguis word."
Nou gee ons 'n lang lys voorbeelde veral van sy pro-aktiewe optredes, maar ook van sy pro-aktiewe voorstelle.
Ek let op dat jy wel lid van AfriForum is (of so sê jy), maar lewer nooit kommetaar op hulle bewese pro-aktiewe optredes nie. Kan jy miskien verklaar hoekom jy so danige oor Praag is en neutraal teenoor AfriForum staan? Kan jy miskien uitbrei hoekom hierdie twee organisasies nie om dieselfde kampvuur kan sit nie?