Vir Dirk Rigter oor Angus se grammatika

  • 0

Dagsê Dirk, jou kommentaar onder aan my brief van 30 deser verwys.

Ek sien jy in jou aanhalings het jy telkens ‘studie’ beklemtoon, dis nou ter ondersteuning van Angus se stelling dat " ? Taal se grammatika kan nie verweer nie, want grammatika is slegs die beskrywing van ? taal.” Ek sien jy het ook ‘science’ en ‘wetenskap’ beklemtoon as sou dit dieselfde as ‘studie’ beteken. Jy steek jou kop verder uit deur by te voeg “Elke definisie van Grammatika spel dit presies so uit.”

Wel, dit is nie so nie, elke definisie van grammatika spel dit nie presies so uit nie. Ek het bietjie na daardie skakels wat jy verskaf het gaan kyk. Wikipedia sê:

In linguistics, grammar is the set of structural rules governing the composition of clauses, phrases, and words in any given natural language.The term refers also to the study of such rules, and this field includes morphology, syntax, and phonology, often complemented by phonetics, semantics, and pragmatics. (My vetskrif)

Jy het net die vetskrifgedeelte aangehaal maar die ‘also’ uitgelos. Jy kan egter daarvoor vergewe word want die Afrikaanse gedeelte van Wikipedia stel ook net die vetskrifgedeelte. Ons almal weet egter dat Wikipedia nie te betroubaar is nie.

Jou tweede skakel het jy net punt 1 aangehaal; nommer 2 sê:

2 [Definition of grammar is] a set of rules and examples dealing with the syntax and word structures (morphology) of a language. 

Met ander woorde, grammatika ís die stel reëls. Verder, as jy by hierdie skakel op die verdere skakel ‘What is grammar’ tik is daar 7 punte, waarvan punt 1 dieselfde is as wat jy aangehaal het en die ander 6 sien as volg daar uit:

2. these features or constructions themselves: English grammar.
3. an account of these features; a set of rules accounting for these constructions: a grammar of English.
4. Generative Grammar. A device, as a body of rules, whose output is all of the sentences that are permissible in a given language, while excluding all those that are not permissible.
5. prescriptive grammar.
6. knowledge or usage of the preferred or prescribed forms in speaking or writing: She said his grammar was terrible.
7. the elements of any science,art,or subject.

Jou aanhaling uit HAT was selektief, net punt 1a is aangehaal. Die res lui as volg:

1b) Die moedertaalspreker se intuïtiewe kennis van 'n taal
1c) Wetenskap wat oor die juiste gebruik van ‘n taal handel

2 Kuns van ‘n taal reg praat en skryf; spraakleer

3 Boek oor die gebruik van taalgegewens en hulle verhouding tot mekaar Voorbeeld: Waar is die Engelse grammatika?

Verdere opmerkings gevind in die skakels wat jy verskaf het:

What I know about grammar is its infinite power. To shift the structure of a sentence alters the meaning of that sentence. Joan Didion

Grammar is the structural foundation of our ability to express ourselves. The more we are aware of how it works, the more we can monitor the meaning and effectiveness of the way we and others use language.

Dit is dan wel duidelik, uit die aanhalings wat jy so selektief gegee het, dat grammatika OOK na die studie van taalreëls verwys maar uit die volle aanhalings (wat jy uitgelaat het) blyk dit onteenseglik dat jy nie ‘n taal kan praat tensy jy met die grammatika vertroud is nie.

Woordeskat plus grammatika ís die taal. So of mens nou deurmekaar is met ‘struktuur’ en ‘grammatika’ en of grammatika alleenlik ‘die studie van taalstruktuur’ beteken (wat kennelik nie die geval is nie) en of jy nou vertroud is met grammatikaterme is onbelangrik; die feit is dat jy nie jou gedagtes kan uitdruk, dus praat, kommunikeer, as jy nie ‘n kennis van die taal se grammatika het nie.

Enige boek wat jou ‘n taal leer (vgl die ‘Teach Yourself’-reeks) het lysies woordeskat in elke hoofstuk maar die res van die boek is grammatika; jy kan gewoon nie ‘n taal praat sonder dat jy sy grammatika onder die knie het nie. Vir woordeskat kan jy ‘n woordeboek koop maar om die taal te kan praat moet jy ‘n grammatikaboek koop.

Angus se stellings, naamlik a) geen taal met grammatika begin nie, dat b) jy eers taal kry, dan skryftaal en dan, ‘veel later’, grammatika, dat c) Afrikaans eers sy grammatika in 1875 gekry het en dat d), om ‘n taal te praat, kennis van grammatika nie nodig is nie is dus loutere onsin.

Terloops, ek het ‘boek’ in die HAT-aanhaling onderstreep om te wys dat daar wel na ‘n boek as grammatika verwys kan word maar dis ‘n taalverskynsel (hoop dis die regte woord). Dis soos wanneer iemand my wiskundehuiswerkboek geleen het om af te skryf en voor ons in die klas ingaan vra ek hom waar my wiskunde is.

So, grammatika kan verweer en verweer wel soos ons sien as jy Engelse grammatika met Duitse en Franse grammatika vergelyk, of Afrikaanse grammatika met Nederlandse grammatika. Al wat Engels van byvoorbeeld die datief oor het is die woordjie ‘whom’; miskien ‘n paar verbuigings soos ‘wooden’ (vgl ‘it is made out of wood therefore it is a wooden box’ maar ‘it is an iron spoon’, nie ‘ironen’ nie. (Duits: Tisch aus Holz, ein hölzerner Tisch, ein Löffel aus Eisen, ein eiserner Löffel of so iets as ek my matriekduits reg onthou.)

As ‘verweer’ julle pla, lees ‘vereenvoudig’. En soos ek reeds (by herhaling) gesê het, vereenvoudigde grammatika beteken nie beperkte uitdrukkingsvermoë nie.

Om op te som: Jy kry nie éérs taal en dan grammatika nie want jy kan nie ‘n taal praat as jy nie die grammatika ken nie.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top