Vir Cornelius en almal wat wil saamgesels oor ras

  • 20

Beste Cornelius,

(In antwoord op Cornelius se kommentaar onderaan my vorige brief oor ras)

Ek is so ietwat in die knyp. Die eerste knyp is, ek kan nie die SêNet-werf behoorlik oopmaak nie, ten spyte van my twee modems wat ek hier op kantoor het. Sal maar wag tot ek by die huis is; daar werk hierdie laptop altyd beter. My tweede knyp is, ek is nie regtig ’n rassis nie. Ek het dit sommer vir die grap ingetik in die kommentaarhokkie, en toe vergeet ek om dit te delete. Die derde knyp is, jy moenie my probeer vasvra nie, want dis maklik; help liewers. Gelukkig e-pos Webvoet vir my die kommentare onderaan my skryfsels. (Dankie, Webvoet!)

Laat ek sommer van die staanspoor sê, ras en rasseaangeleenthede, wat die mens betref, is so ingewikkeld dat dit moeilik is om aspekte daarvan uitmekaar te haal. Wat dit nog verder bemoeilik, is die emosionele wat noodwendig (?) daarmee gepaard gaan. Ek is van mening dat as menserasse bespreek word,  soveel van die aspekte van biologie daaruit gehaal moet word as moontlik. Sover dit die menserasse betref, is dit ’n kulturele, historiese en politieke fenomeen. Die bioloog moet hom hieruit hou; dis die terrein van die psigoloog, die filosoof, die politikus. Die bioloog kan slegs beskryf wat hy waarneem en dit vertolk, hy kan nie en mag nie voorskryf nie. Hy mag behulpsaam wees, maar kan nie morele standaarde stel nie. Terselfdertyd moet die politikus, die mense met mag, hulle ook maar uithou uit die wetenskap. Om politiek met wetenskap te meng is om die minste daarvan te sê, uiters gevaarlik en vernietigend. Voeg nog daarby godsdiens, en jy het plofstof vir ’n wêreldoorlog. Die geskiedenis is vol voorbeelde; ek kan maar net Hitler se naam noem, en moenie vergeet van Trofim Denisowich, wat vir jare die Russiese wetenskap gedomineer het nie.  Die wetenskap word maar te maklik verkeerd verstaan en te maklik misbruik, want wetenskaplikes dink anders. Die wetenskaplike kennis is voorlopig, dis nie waarheid soos ’n koei nie. Die wetenskaplike mik na ’n vollediger beskrywing van die wêreld om hom deur toetsbare nuwe idees, en om verkeerde idees weg te gooi. Bioloë moet dus maar ’n rassedebat oorlaat aan die sosioloë, filosowe en politici. Vir die ewolusionêre bioloog is ras op die oomblik nie van veel belang nie. Alle mense behoort tot dieselfde spesie, Homo Sapiens; dus vereis ras nie ’n spesiale beskrywing of verduideliking van die bioloog nie.

Wat dan van diererasse? wil jy weet. Met diererasse word bedoel gedomestiseerde diere, maw diere deur mense geteel. Honderasse is deur die mens geskep deur gekose fenotipiese kenmerke soos bv gedrag, kleur, grootte, ens.  Deur streng kunsmatige seleksie gaan daar baie genetiese informasie verlore, en die resultaat is my Rottweilers lyk nie soos my Boerboel nie, en nog minder na my Jack Russell. Menserasse is nie kunsmatig geskep nie, maar geskep deur hoofsaaklik die verskil in omgewing. Ek het die voorbeeld genoem van Europa. As ’n mens by Engeland begin, en jy beweeg stadig ooswaarts, sal elke mens na dieselfde ras as sy buurman lyk. Hou so aan tot by Japan. Vergelyk nou Engelsman en Japannees, en jy sien ’n hemelsbreë verskil. Geneties verskil Japannees en Engelsman weinig van mekaar. Honderasse verskil geneties ’n klein bietjie meer van mekaar, soos onlangse toetse met satellietmerkers aangetoon het. Alle honderasse behoort nog tot dieselfde spesie.

As Dawkins aanvoer dat daar geen definisie vir ras is wat biologie betref nie, dan is dit nie omdat hy dit so beveel het nie. Volgens Lewontin se bevindinge kan geen biologiese rasseklassifikasie gedoen word nie. Hy word deur AWF Edwards verkeerd bewys en tog, as dieper in die saak gekyk word (deur Dawkins), weerspreek hulle mekaar nie.

Verdere vrae van jou:

’n Verklarende woordeboek gee maar net ’n aanduiding van hoe ’n woord deur sprekers van daardie taal die woord met al sy betekenismomente, gebruik. Die HAT gee bv die volgende betekenismomente vir die woord spesie: 1. a. Soort: Studente is ’n spesiale spesie. b. Subdivisie van verwante plante en diere onder die geslag of genus; soort. 2. Gemunte geld 3. Mengsel waaruit iets gegiet of gepers word.

Ek sou die biologiestudent maar liewers aanraai om ’n vakwoordeboek te gebruik, en om dan  verskeie naslaanwerke te gebruik om agter te kom wat die woord spesie beteken.

Dit is vir my onmoontlik om enige probleem met die betekenis van die woord biologie te sien. Dit is die studie van lewe op aarde.  

Daar is ’n verskil tussen menseras en diere, maar dis mensgemaak. Die indeling van die mens in rasse is sosiologies, histories  en polities van aard. Diererasse is geskep deur kunsmatige seleksie. Menseras kan maar die onderwerp van bespreking bly van politici, sosioloë en filosowe. Diereras kan oorgelaat word aan die dieretelers. Die bioloog is daar om almal van advies te bedien, want hy is tog immers die wetenskaplike wat die hele genoom bestudeer en ordeneer (ek sukkel met sequencing) het.

Dit is dus nie die bioloog wat ’n verskil in benadering het tov die mens en dier nie: ’n spesie bly ’n spesie, of dit nou dier of plant is.

Ek moet jou darem eers van die gesplete neus vertel. My ouma het daaraan geglo (en dit was in die dae toe ras nog sterk ter sprake was) dat ’n wit vel nie genoegsaam is nie. Nee, iemand is alleenlik blank as sy neus gesplete is. Dan het hy glo suiwer bloed in sy are. Sy is altyd lekker hiermee gespot, en veral moes sy deurloop onder die kleinkinders as hulle kom kuier, want glo my, Oupa se plaas was lekker kuierplek, en Ouma kon ’n ete voorsit soos min. Ouma is gedurig gevra om tog “my meisie” of “my kêrel” se neus te kom voel om te kyk of hulle opreg is. Ouma het nooit gevoel nie, en ons moes toe maar ons eie voelwerk doen.

Groete,

Angus

  • 20

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Beste Angus,  

     

    Baie dankie vir jou antwoorde.  

     

    Ek het egter dieselfde tegniese probleme as jy die afgelope ruk beleef, en het intussen 'n bydrae gestuur waarin ek nog omtrent my standpunt deel.

     

    Ek sal dus eers wil kyk waar land wat, alvorens ek verder uitbrei.  

     

    Ek deel egter intussen hierdie met jou daaruit: Die woord "ras" mog wel glans verloor het jeens al die gruwelike vergryp deur bose onderdrukkers daaraan. Dit sal egter weldra met 'n ander, meer sosiale aanvaarbare woord vervang word, maar die werklikheid rakende die biologiese omskrywing van "breeds" en "ras", sal gewis nooit deur allerlei valse liefde en ydele verdagmakery, soos dié van 'n Richard Dawkins, onder 'n vaandel van "demokrasie" en "liberalisme", verander kan word nie!

     

    Angus, die "psigoloog, die filosoof, die politikus", ... is almal (gebreinspoelde) lakeie, werkers, slawe, van die korpokrasie - die stelsel/sisteem.

     

    Die korpokrasie het uit die aard van hul opset as regspersoon, ook geen gewete nie.

     

    Die korpokrasie se agenda is ook op geen manier bedoeld om die mensdom te dien nie, maar om wins - GELD - te maak.

     

    Die hele gemors, en in elke faset daarvan wat ons op aarde vandag beleef - ook omtrent "ras" - is juis die gevolge van sulke slimjanne soos "die psigoloog, die filosoof, die politikus", wat gaan krap het op plekke waar groot skade gevolg het - net om geld te maak.

     

    Daarom is my standpunt dat die biologiese werklikheid, veral waar dit die mens raak, nie in die hande van "die psigoloog, die filosoof, die politikus" gelaat mag word nie, maar dat elke mens sy eie identiteit aan sy liggaam moet leef volgens hul eie gewete.

     

    Opregte groete,  

     

    Cornelius Henn

     

     ... en o ja, het jy al van die algemene Ariër-geboortevlek gehoor?

     

  • Beste Cornelius,

    Jy skryf: "maar die werklikheid rakende die biologiese omskrywing van "breeds" en "ras", sal gewis nooit deur allerlei valse liefde en ydele verdagmakery, soos dié van 'n Richard Dawkins, onder 'n vaandel van "demokrasie" en "liberalisme", verander kan word nie!"
     
    Verduidelik asseblief. Ek sal graag verneem van Richard Dawkins se "ydele verdagmakery", en sy vaandel van "demokrasie" en "liberalisme".
    Groete
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,  

     

    Soos reeds verduidelik het ek midde die tegniese onderbreking op die werf, 'n bydrae gestuur waarin ek spesifiek Richard Dawkins se standpunt omtrent "ras" en "spesie", my redevoer.

     

    Sonder om my hersiene/verbeterde/sagter weergawe daarvan vooruit te loop, verduidelik ek met graagte my punt omtrent  Richard Dawkins se "ydele verdagmakery", en sy vaandel van "demokrasie" en "liberalisme".  

     

    Met "ydel verdagmakery", bedoel ek Richard Dawkins se aktivisme waarin hy nes 'n wafferse Kobus de Klerk, onbeduidend, sonder enige grond, vrugteloos en eweneens woorde in hul besondere verklaring, gelyk aan mekaar stel waar dit hom pas - net om daarmee agterdog omtrent Godsdiens te probeer wek.

     

    Richard Dawkins, stel duidelik "spesies" met "ras" gelyk om so sy algemeen bekende agenda om Godsdiens te ondermyn, te dien (nes Kobus de Klerk se eentonige "agnost" in plaas van "ateïs" - ook nes die betekenis tussen "mite" en "fiksie" by menige gebreinspoelde verniel is).  

     

    Angus, ek verkwalik jou ook nie dat jy dalk meen ek na Richard Dawkins se vaandel van demokrasie en liberalisme verwys het nie.  

     

    My sin lees egter: "soos dié van 'n Richard Dawkins, onder 'n vaandel van 'demokrasie' en 'liberalisme', verander kan word nie".  

     

    Met die klem op "soos" en "'n", hoop ek jy kan tot die gedagte; by wyse van spreke, daarin kom.

     

    In die sin, hoef Richard Dawkins homself nie noodwendig onder 'n vaandel van demokrasie en liberalisme te beywer nie.

     

    Ook, nes Bybelaanbidders hul profete as volmaak en foutloos beskou; net so is daar demokratiese en liberale aktiviste wat hoop om Richard Dawkins se redenasies waarin die verskil in woorde soos "spesie" en "ras" DOELBEWUS vervaag word, te misbruik om alles te konformeer aan die een of ander sekulêre en sosiale agenda.  

     

    Hiermee hoop ek ook dat ons liewe Webvoete kennis sal neem van my hersiene/verbeterde/sagter weergawe onder hoofde Richard Dawkins: "Ons is almal Afrikane" (hersien/verbeter/versag), wat ek hoop eerder as my eerste poging daarvan (vol spelfoute en in moeilike formaat), geplaas sal word - dit dalk ook midde die tegniese probleme verlore geraak het en ek dit met graagte weer sal stuur.  

     

    Opregte groete,  

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Beste Cornelius,

    Dawkins "vervaag" nie die betekenis van "spesie" en "ras" nie. Nie DOELBEWUS  nie en ook nie ONBEWUS nie. "Ras" is 'n woord geskep om uiterlike verskille aan te dui. Die enigste verskil lê in die DNA -- merkers in die haplogroep. 
    Groete,
    Angus
  • Hello, 

     
    Hierdie is 'n nota uit Keywords: A vocabulary of culture and society van Raymond Williams. Die oogmerk van hierdie boek is om die belangrikste terme en mees problematiese woorde soos dit in die kultuur en samelewing ervaar word te verwoord en gaan verder as wat 'n woordeboek sou gaan maar is nie die lengte van  'n behandeling oor die onderwerp wat tot die lengte van 'n boek kan gaan. Dit word beweer dat Shakespeare die totale omvang van elke woord in Engels in sy totaliteit en al die maniere hoe dit kon uitspeel in sy denke gehad het en daarom elke moontlike menslike optrede kon verwoord en voorspel en sy toneelstukke daarvolgens kon skryf. 

     
    Hierdie bevestig die belangrikheid van kennis hoe 'n konsep, idee, begrip in sy totaliteit kan uitspeel en het Raymond Williams daaraan probeer uiting gee. Hierdie boek het ek vandag ontdek na aanleiding van Martin Jay se Cultural Semantics wat in sy inleiding na Williams se boek verwys en die ideologiese lading van sekere woorde bevestig.
     
    Ongelukkig was Raymond Williams in lewe een van die wat deur Henn beskryf word soos volg: "psigoloog, die filosoof, die politikus", ... is almal (gebreinspoelde) lakeie, werkers, slawe, van die korpokrasie - die stelsel/sisteem. 
     
    Die voorreg van Henn om die enigste persoon te wees wat nie gebreinspoel is kan net met bewondering gade geslaan word. 
     
    Raymond Williams in sy staat van breinspoeling gee die volgende betekenis van ras in die samelewing: 
     
    Keywords: A Vocabulary of Culture and Society (Raymond Williams)
    Kindle Location. 4566-4615  | Added on Monday, August 26, 2013, 08:13 PM
     
    Race came into English in C16, from fw race, F and razza, It. Its earlier origins are unknown. In the early uses it has a range of meanings: (i) offspring in the sense of a line of descent – ‘race and stock of Abraham’ (1570) – as in the earlier uses of ‘blood’ and the synonymous ‘stock’, used thus from C14 in the extended metaphor from stoc, oE – trunk or stem; (ii) a kind or species of plants (1596) or animals (1605); (iii) general classification, as in ‘the human race’ (1580); (iv) a group of human beings in extension and projection from sense (i) but with effects from sense (ii) – ‘the last Prince of Wales of the Brittish race’ (1600). 
     
    This range has persisted, but it is from sense (iv), with effects from sense (i), that the word has become problematic, and especially in its overlap and confusion with the relatively simple senses (ii) and (iii). Race has been used alongside both genus and species in classificatory biology, but all its difficulties begin when it is used to denote a group within a species, as in the case of the ‘races of man’. 
     
    This derives, at one level, from the old senses of ‘blood’ or ‘stock’, but it has been widely extended from traceable specific offspring to much wider social, cultural and national groups. 
     
    However, at another level, serious physical anthropology, from Blumenbach (1787), was indeed tracing broad differential groups among humans; Blumenbach’s classification, largely based on the measurement of skulls, distinguished the Caucasian, the Mongolian, the Malayan, the Ethiopian and the American (Indian), marked also by skin colour – white, yellow, brown, black, red. More complex systems of physical anthropology have followed this, including pre-human and other hominid types but from the emergence of ‘true humans’ tracing differences within an unquestioned single species. 
     
    This serious scientific work became radically confused, in C19, with other ideas derived from social and political thought and prejudice. 
     
    One landmark is Gobineau’s Essai sur I’inégalité des races humaines (1853–5), which proposed the idea of an ‘Aryan race’ (by extension from Aryan, Sanskrit – noble, which had-been widely used from eC19 to describe the Indo-European ‘family’ of languages established by comparative linguistics or, more restrictively, the Indo-Iranian division of that ‘family’). 
     
    The transposition from a linguistic to a physical (racial) group was especially misleading when it was combined, as in Gobineau, with ideas of a pure stock, of the superiority of the ‘Nordic strain’ within this, and then the general notion of inherent racial inequalities. 
     
    It is indeed from C19 that racial comes into use in English. There was then a further effect from the ideas which became known as ‘Social Darwinism’, in which ideas of evolution as a competitive struggle for existence and as the ‘survival of the fittest’ were extended from their biological source, where they referred to relations between species, to social and political conflicts and consequences within one species, the human. In relation to race, this took its most influential form in eugenics, a word introduced by Galton in 1883, from Greek roots, with the sense of ‘the production of fine offspring’. In some branches of eugenics, ideas of both class and racial superiority were widely propagated, and scientific evidence of variable heredity was mixed with and often overridden by pre-scientific notions of ‘pure racial stocks’ and of the inheritance, through blood or race, of culturally acquired characteristics (which Galton himself had rejected). In its gross forms, this doctrine of inherent racial superiority interacted with ideas of political dominati on and especially IMPERIALISM (q.v.). 
     
    It is characteristic to find the use in ‘distinctions of race – character in governing (Negroes)’ (1866). The supposed historical missions of the ‘Anglo – Saxon’ and of the ‘German’ races (later to be in ‘national’ conflict with each other) were widely propagated. 
     
    Thus the group of words around racial came to be effectively distinct from the older group around race, though it is obvious that the groups can never be finally separated. 
     
    Racialism appeared in the early years of C20; racialist is recorded from 1930. 
     
    These are almost invariably hostile words (in recent years often shortened to racism and racist, and then always hostile) to describe the opinions and actions of the proponents of racial superiority or discrimination. 
     
    To a certain extent they have compromised continuing work in physical anthropology and in GENETICS (q.v.), where scientific inquiry into heredity and variation within the human species is still important and productive. 
     
    Race-hatred, as a term, is recorded from 1882, though we should also note Macaulay’s ‘in no country has the enmity of race been carried further than in England’ (1849). It is clear that the very vagueness of race in its modern social and political senses is one of the reasons for its loose and damaging influence. It has been used against groups as different in terms of classification as the Jews (culturally specific Europeans and North Americans, in the most usual context), American Blacks (a mixed minority within the heterogeneous population of the United States), ‘Orientals’ (as in the projection of ‘the Yellow Peril’), ‘West Indians’ (a mixed population identified by geographical origin, but with the term persisting when this has ceased to apply), and then, in different ways, both Irish and Pakistanis, where the ‘Aryan’ (Indo-European) assumption is stretched literally to its limits, but in excluding ways. Physical, cultural and socio – economic differences are taken up, projected and generalized, and so confused that different kinds of variation are made to stand for or imply each other. The prejudice and cruelty that then often follow, or that are rationalized by the confusions, are not only evil in themselves; they have also profoundly complicated, and in certain areas placed under threat, the necessary language of the (non – prejudicial) recognition of human diversity and its actual communities. 
     
    See ETHNIC, GENETIC, IMPERIALISM, NATIONALIST, NATIVE
     
    ==========
  • CorneliusHenn

    Die patetieke bleeksiel Wouter Ferns, kerm die volgende aanvaarbaarheid tussen die kruipers onder mekaar op die werf: Die voorreg van Henn om die enigste persoon te wees wat nie gebreinspoel is kan net met bewondering gade geslaan word.   

     

    Nee Wouter, daar is inderdaad dermiljoene andere soos ekke wat nie begoël en gebreinspoel is nie ... en jy hoef sekerlik rêrig nie so sleg te voel daaroor nie ...

     

    Kliek asseblief en gerus hier om weer tot die punt te kom: http://www.google.com/search?q=biology+definition+breed+race&rls=com.microsoft:af-ZA:IE-Address&ie=UTF-8&oe=UTF-8&sourceid=ie7&rlz=1I7GGNI_en-GBZA534

     

    Nie te danke nie,

     

    Cornelius Henn

  • Nee wat Henn - jy is die kluts kwyt en kan ek nie my tyd met jou mors nie......Daar is NIKS van waarde wat jy bied nie. Hoe lekker moet dit nie vir jou wees om reg oor alles te wees nie. Chris het jou korrek beskryf met die google soek deur hom geplaas. 

     
    Gaan verby
     
    Jy is 'n grap man....
     
    Sorry Perdebytjie.... 
  • Chris Dippenaar

    Dankie Wouter. Jou bydrae lig die probleme en gevare uit wanneer 'n kulturele antropologiese verskynsel gereduseer word tot biologie. Daar is oneindig baie faktore wat "ras"/identiteit bepaal en velkleur is maar slegs 'n enkele faktor. Die antropologiese benadering ondersteun, ironies genoeg, die feit dat daar meer genetiese variasie binne sogenaamde rasse is as tussen hulle. Blou oë, bonde hare en 'n wit vel verskaf slegs 'n identiteit in die konteks van 'n spesifieke (mensgemaakte) kultuur. Sonder kultuur is dit geheel en al betekenisloos.

  • Hello Chris, 

     
    Wit is slegs waardevol en word as waardevol beskou omrede dit so is in die kultuur, sonder die invloed van kultuur sou wit waardeloos gewees het en is ek jou dit volkome eens. Nell Irvin Painter in haar The History of White People beskryf die die pad wat witheid geloop het om hierdie plek te beklee. 
     
    Wat variasie betref bly ek die denke van 'n Richard Lewontin volg wat ook bevestig wat jy hier bo bevestig het. 
     
    Die hele rasgeskil is eenvoudig, die trek uit Afrika 60 000 jaar gelede tesame met kultuur en geskiedenis = die rasprobleme van vandag. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Uiteraard lees die slimjanne nie juis as dit by iets anders buite hul ego kom nie ... ek het reeds my afstand aan die kleur van vel gestel in my redes vir "ras" as deel van die biologie ... derhalwe had nie een van die slimjanne die moed om een van my openlike vrae te beantwoord nie byvoorbeeld; hoekom die mens se "bio" buite die res van die "bio" op aarde bepaal? ... meteens is die mens skynbaar die kroon van die Skepping waar dit hierdie gegriefde en ontnugterde Protestante pas ... nie regtig konsekwent nie; of is dit? ... Chris Dippenaar aanbid Richard Dawkins nes Kobus de Klerk die Bybel aanbid - wat is dan nou die verskil in hul fundamentele anderhaat? ...

     

     

  • Biography

    Nell Irvin Painter, a leading historian of the United States, is the Edwards Professor of American History, Emerita, Princeton University. In addition to her earned doctorate in history from Harvard University, she has received honorary doctorates from Wesleyan, Dartmouth, SUNY-New Paltz, and Yale. A prolific and award-winning scholar, her most recent books are SOUTHERN HISTORY ACROSS THE COLOR LINE and CREATING BLACK AMERICANS. A second edition of STANDING AT ARMAGEDDON and a Korean translation of SOJOURNER TRUTH, A LIFE, A SYMBOL are appearing in 2008. Her four other books are also still in print, with THE HISTORY OF WHITE PEOPLE ........
  • Hello, 

     
    Die bewering gemaak is dat 'Uiteraard lees die slimjanne nie juis as dit by iets anders buite hul ego kom nie'. 

     
    Dit is duidelik nie die waarheid en is die enkele katoliek, die sekte van een, ook bekend as Cornelius Henn, weereens die kluts kwyt. Die Google soek deur die katoliek geplaas dui duidelik aan dat die katoliek nie die moeite gedoen het om die skakel gebied te ondersoek nie, so ook met die artikel onlangs uit Nature deur die katoliek geplaas wat die onderwerp veel meer in nuanse bespreek as wat die katoliek aangedui het....
     
    (Die het egter Pieter oortuig)
     
    Indien die Henn, die enigste persoon in die bestaan wat nie gebreinspoel is nie, met meer diepte sou lees dan sou die gesprek veel anders daarna uitgesien het en sou die nuanses, volledigheid van die debat in sy skrywes reflekteer word. 
     
    Hierdie bevestig weereens die verkwisting van tyd om 'n gesprek te probeer voer met die oningeligte Henn. 
     
    Hierdie is die persoon wat 'katoliek' as 'n aanvaarde kerkgroep verkondig, male sonder tal onsin skryf oor Midrash en sonder end Wikipedia en woordeboeke plunder as plaasvervangers vir debat. 
     
    Met dit as agtergrond word die belaglikheid van die gesprek net weereens bevestig en word die hoop uitgespreek dat Henn oor tyd sal bykom. 
     
    Dit sal natuurlik nie gebeur nie, want Henn-katoliek se verweer is welbekend: 
     
    'Jy' word afgemaak as 'n 'slimjan'
    'Jy' is 'gebreinspoel'
    'Jy' is vol 'haat en hoon'
    'Jy' is hatig teenoor godsdiens en hennse geweld sal jou tref met die nodige felheid. (Hierdie is nie die 'wrath of God nie', nee, nee, dit is die 'wrath of hennman- katoliek sonder end'. )
     
    Hierdie is die omvang van Henn se 'argumente'. 
     
    Kan hierdie man nou maar nie as 'n troll verklaar word en so hanteer word nie. Dit is alles oor die reaksie wat Henn probeer ontlok en op floreer. 
     
    Hierdie twak van Henn het nou lank genoeg geduur. 
     
    Wat is fout met Henn en kan Henn hulp kry? 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
     
  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, jy onderskat gewoon die intelligensie van die meeste belangstellendes op die werf ... meeste hier kan vir hulself lees, en staan hul EIE meninge! - nie soos jy wat in jou gemaakte "nuanse" bloot ander se intellek spoeg en plak, en dan agterna lafhartig stert tussen die bene duik as die irrelevansie daarvan duidelik raak nie ... my raad aan jou is eenvoudig; koester jou identiteit en raak verlos van jou gebreinspoelde slimmigheid - soos dermiljoene harte oral die aarde oor ... nie te  danke nie, Cornelius Henn

     

     

     

  • CorneliusHenn

    Hoe bombasties kan die arme "nerd" Wouter Ferns wees? ... enigste om op sy eentonige hoogdrawendheid en waansin byvoorbeeld die woord "katoliek" met 'n kleinletter gespel te antwoord, is om met dieselfde reelmaat hierdie skakel na my herhaalde verduideliking daarvan te plaas: https://www.litnet.co.za/Article/oor-n-enige-katolieke-kerk ... daarmee behoort die patetieke bleeksiel se bedoeling in ENIGE en ELKE van sy spoeg en plak  kommentaar, ook duidelik te wees ... Cornelius Henn (en o ja, arme "nerd", is op Wouter Ferns se aandrang vir simpatie)

     

     

     

  • Hello, 

     
    Hierdie is my laaste kommentaar oor hierdie onderwerp en stap ek hiermee van die onderwerp af. Ek repekteer die leser se intelligensie en probeer hard om daaraan gehoor te gee in my skrywes, in die sin van dat ek nie vir die leser onwaarhede wil aanbied nie en daarmee tesame ook nie onvolledige argumente nie. 

    Die grootste plesier is wanneer 'n artikel, opstel, boek, film, tv-reeks, die gebruiker daarvan se intelligensie nie onderskat nie en bereid is om so moeilik te gaan sonder om obskuur te raak. Dit is op daardie gronde wat ek aandui dat gesprek met Henn 'n mors van tyd is, die verwagting is dat die intelligente leser self ook vir en teen argumente kan gaan soek en is Henn se eindelose woordeboeke aanhalings nie 'n ondersoek van die dispuut nie en daarmee ook die gedurige plundering van Wikipedia. 

    Die verwagting is dat die skrywer meer sal bied as wat die leser in Wikipedia self kan gaan bevestig, naamlik jou eie verwysings, die boeke, die artikels en die opstelle waarmee jy bekend is, anders kan Henn net die skakel vir Wikepedia plaas en die leser kan dit dan gaan opsoek, 

    Hiermee herhaal ek, intelligensie, respekteer ek ontsaglik en is die hoop dat daar vir dit gestrewe sal word. 

    Verdomming is die euwel van die samelewing en is die wens daar dat daar gedurig gepoog sal word om meer intelligent te wees, in die terme wat TS Elliot gebruik het of dan ook Lionel Trilling, die morele verantwoordelikheid om intelligent te wees. 

    Baie dankie

    Wouter
  • Hello, 

     
    Die lesers word van my kant af gelaat met 'n Op-Ed van Armand Leroi uit die New York Times van 'n wyle terug as 'n manier om Henn te help om volgens 'bio', genetika maw, 'n argument te begin formuleer vir die bestaan van ras en daarmee ook dan die bevryding van Henn van die woordeboek se rokspante. 
     
    Net die toepaslike gedeeltes word aangehaal. Richard Lewontin het elders daarop reageer maar sal nie aangehaal word nie:

     
    A Family Tree in Every Gene
    By ARMAND MARIE LEROI

    If modern anthropologists mention the concept of race, it is invariably only to warn against and dismiss it. 

    Likewise many geneticists. "Race is social concept, not a scientific one," according to Dr. Craig Venter - and he should know, since he was first to sequence the human genome. The idea that human races are only social constructs has been the consensus for at least 30 years.   

    But now, perhaps, that is about to change. Beneath the jargon, cautious phrases and academic courtesies, one thing was clear: the consensus about social constructs was unraveling. Some even argued that, looked at the right way, genetic data show that races clearly do exist.   

    The dominance of the social construct theory can be traced to a 1972 article by Dr. Richard Lewontin, a Harvard geneticist, who wrote that most human genetic variation can be found within any given "race." If one looked at genes rather than faces, he claimed, the difference between an African and a European would be scarcely greater than the difference between any two Europeans. 

    A few years later he wrote that the continued popularity of race as an idea was an "indication of the power of socioeconomically based ideology over the supposed objectivity of knowledge." 

    Most scientists are thoughtful, liberal-minded and socially aware people. It was just what they wanted to hear.   

    Three decades later, it seems that Dr. Lewontin's facts were correct, and have been abundantly confirmed by ever better techniques of detecting genetic variety. His reasoning, however, was wrong. His error was an elementary one, but such was the appeal of his argument that it was only a couple of years ago that a Cambridge University statistician, A. W. F. Edwards, put his finger on it.   

    The error is easily illustrated. If one were asked to judge the ancestry of 100 New Yorkers, one could look at the color of their skin. That would do much to single out the Europeans, but little to distinguish the Senegalese from the Solomon Islanders. The same is true for any other feature of our bodies. 

    The shapes of our eyes, noses and skulls; the color of our eyes and our hair; the heaviness, height and hairiness of our bodies are all, individually, poor guides to ancestry.   But this is not true when the features are taken together. Certain skin colors tend to go with certain kinds of eyes, noses, skulls and bodies. When we glance at a stranger's face we use those associations to infer what continent, or even what country, he or his ancestors came from - and we usually get it right. 

    To put it more abstractly, human physical variation is correlated; and correlations contain information.   

    Genetic variants that aren't written on our faces, but that can be detected only in the genome, show similar correlations. 

    It is these correlations that Dr. Lewontin seems to have ignored. In essence, he looked at one gene at a time and failed to see races. 

    But if many - a few hundred - variable genes are considered simultaneously, then it is very easy to do so. 

    Indeed, a 2002 study by scientists at the University of Southern California and Stanford showed that if a sample of people from around the world are sorted by computer into five groups on the basis of genetic similarity, the groups that emerge are native to Europe, East Asia, Africa, America and Australasia - more or less the major races of traditional anthropology.   

    One of the minor pleasures of this discovery is a new kind of genealogy. Today it is easy to find out where your ancestors came from - or even when they came, as with so many of us, from several different places. If you want to know what fraction of your genes are African, European or East Asian, all it takes is a mouth swab, a postage stamp and $400 - though prices will certainly fall.   

    Yet there is nothing very fundamental about the concept of the major continental races; they're just the easiest way to divide things up. 

    Study enough genes in enough people and one could sort the world's population into 10, 100, perhaps 1,000 groups, each located somewhere on the map. 

    This has not yet been done with any precision, but it will be. Soon it may be possible to identify your ancestors not merely as African or European, but Ibo or Yoruba, perhaps even Celt or Castilian, or all of the above.   

    The identification of racial origins is not a search for purity. 

    The human species is irredeemably promiscuous. We have always seduced or coerced our neighbors even when they have a foreign look about them and we don't understand a word. If Hispanics, for example, are composed of a recent and evolving blend of European, American Indian and African genes, then the Uighurs of Central Asia can be seen as a 3,000-year-old mix of West European and East Asian genes. 

    Even homogenous groups like native Swedes bear the genetic imprint of successive nameless migrations.  
    Some critics believe that these ambiguities render the very notion of race worthless. 

    I disagree. 

    The physical topography of our world cannot be accurately described in words. So, too, it is with the genetic topography of our species. The billion or so of the world's people of largely European descent have a set of genetic variants in common that are collectively rare in everyone else; they are a race. 

    At a smaller scale, three million Basques do as well; so they are a race as well. 

    Race is merely a shorthand that enables us to speak sensibly, though with no great precision, about genetic rather than cultural or political differences.   

    But it is a shorthand that seems to be needed. One of the more painful spectacles of modern science is that of human geneticists piously disavowing the existence of races even as they investigate the genetic relationships between "ethnic groups." Given the problematic, even vicious, history of the word "race," the use of euphemisms is understandable. But it hardly aids understanding, for the term "ethnic group" conflates all the possible ways in which people differ from each other.   

    Indeed, the recognition that races are real should have several benefits. 

    To begin with, it would remove the disjunction in which the government and public alike defiantly embrace categories that many, perhaps most, scholars and scientists say do not exist.   

    Second, the recognition of race may improve medical care. Different races are prone to different diseases. 

    The risk that an African-American man will be afflicted with hypertensive heart disease or prostate cancer is nearly three times greater than that for a European-American man. On the other hand, the former's risk of multiple sclerosis is only half as great. Such differences could be due to socioeconomic factors. Even so, geneticists have started searching for racial differences in the frequencies of genetic variants that cause diseases. 

    They seem to be finding them.   

    Race can also affect treatment. African-Americans respond poorly to some of the main drugs used to treat heart conditions - notably beta blockers and angiotensin-converting enzyme inhibitors. 

    Pharmaceutical corporations are paying attention. Many new drugs now come labeled with warnings that they may not work in some ethnic or racial groups. 

    Here, as so often, the mere prospect of litigation has concentrated minds.   

    Such differences are, of course, just differences in average. 

    Everyone agrees that race is a crude way of predicting who gets some disease or responds to some treatment. Ideally, we would all have our genomes sequenced before swallowing so much as an aspirin. 

    Yet until that is technically feasible, we can expect racial classifications to play an increasing part in health care.   

    The argument for the importance of race, however, does not rest purely on utilitarian grounds. 

    There is also an aesthetic factor. We are a physically variable species. Yet for all the triumphs of modern genetics, we know next to nothing about what makes us so. We do not know why some people have prominent rather than flat noses, round rather than pointed skulls, wide rather than narrow faces, straight rather than curly hair. We do not know what makes blue eyes blue.   

    One way to find out would be to study people of mixed race ancestry. In part, this is because racial differences in looks are the most striking that we see. But there is also a more subtle technical reason. 

    When geneticists map genes, they rely on the fact that they can follow our ancestors' chromosomes as they get passed from one generation to the next, dividing and mixing in unpredictable combinations. 

    That, it turns out, is much easier to do in people whose ancestors came from very different places.   The technique is called admixture mapping. Developed to find the genes responsible for racial differences in inherited disease, it is only just moving from theory to application. 

    But through it, we may be able to write the genetic recipe for the fair hair of a Norwegian, the black-verging-on-purple skin of a Solomon Islander, the flat face of an Inuit, and the curved eyelid of a Han Chinese. We shall no longer gawp ignorantly at the gallery; we shall be able to name the painters.   

    There is a final reason race matters. It gives us reason - if there were not reason enough already - to value and protect some of the world's most obscure and marginalized people. 

    When the Times of India article referred to the Andaman Islanders as being of ancient Negrito racial stock, the terminology was correct. Negrito is the name given by anthropologists to a people who once lived throughout Southeast Asia. 

    They are very small, very dark, and have peppercorn hair. They look like African pygmies who have wandered away from Congo's jungles to take up life on a tropical isle. 

    But they are not.   

    The latest genetic data suggest that the Negritos are descended from the first modern humans to have invaded Asia, some 100,000 years ago. In time they were overrun or absorbed by waves of Neolithic agriculturalists, and later nearly wiped out by British, Spanish and Indian colonialists. 

    Now they are confined to the Malay Peninsula, a few islands in the Philippines and the Andamans.   

    The fate of one tribe, the Sentinelese, remains uncertain, but an Indian coast guard helicopter sent to check up on them came under bow and arrow attack, which is heartening. Even so, Negrito populations, wherever they are, are so small, isolated and impoverished that it seems certain that they will eventually disappear.   

    Yet even after they have gone, the genetic variants that defined the Negritos will remain, albeit scattered, in the people who inhabit the littoral of the Bay of Bengal and the South China Sea. 

    They will remain visible in the unusually dark skin of some Indonesians, the unusually curly hair of some Sri Lankans, the unusually slight frames of some Filipinos. But the unique combination of genes that makes the Negritos so distinctive, and that took tens of thousands of years to evolve, will have disappeared. 

    A human race will have gone extinct, and the human species will be the poorer for it.

     Armand Marie Leroi, an evolutionary developmental biologist at Imperial College in London, is the author of "Mutants: On Genetic Variety and the Human Body."
  • CorneliusHenn

    Bwargh ....hahahahahha....!!!!!!! ... die arme "nerd" Wouter Ferns, had toe heel skynbaar en weereens nie die vaagste benul dat hy eintlik juis my punt steun nie - ja, daar is inderdaad oorweldigende bewys dat ras wel biologies definieerbaar is ...  hoe jammerlik ontsier die slimjannie nie een onderwerp na die ander in sy onnodige nydigheid teenoor my, net om daarmee sy beginsellose-sonder-identiteit-slimmigheid onder ander almal se neuse te vryf nie ... hahahahaha ... Ek neem egter ook die volgende uit Wouter Ferns se spoeg en plak hierbo, in besonder ter harte: There is a final reason race matters. It gives us reason - if there were not reason enough already - to value and protect some of the world's most obscure and marginalized people - dis juis laasgenoemde wat my motivering in die hele gesprek is! - baie dankie Wouter Ferns.

     

    ... by nabetragting is alles tog heel okei,

     

    Cornelius Henn

     

     

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar ook hierbo iewers aan Wouter Ferns: "Dankie Wouter. Jou bydrae lig die probleme en gevare uit wanneer 'n kulturele antropologiese verskynsel gereduseer word tot biologie..." .... hahahaha ... net nog 'n slimjannie grappie ... ek kan nie help om te wonder hoe goed Chris Dippenaar se Ingels is, en of hy wel die moed het om Wouter Ferns se copy&paste na sy galbraak "gevare wanneer 'n kulturele antropologiese verskynsel gereduseer word tot biologie", aan te durf nie ... dis werklik belaglik hoe kruipers mekaar vasdraai ... wat dan nou van hul fanatiese en fundamentele aanhang van Richard Dawkins se " biologiese ondefinieerbaarheid van ras by mense"? ... ja, ek sal maar soos altyd geduldig antwoord op al hierdie waansin van fundamentele ongelowiges, en gelowiges ... opregte groete, Cornelius Henn

     

     

     

     

     

     

     

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, kom ons gee toe vir 'n oomblik dat ras 'n biologiese feit is. Wat gaan jy maak met hierdie kennis? 'n Huis koop op Orania?

  • CorneliusHenn

    Chris Dippenaar, dit gaan hoegenaamd nie vir my daaroor om reg of verkeerd te wees nie - ek lag bloot in al die ironie. Ek lewe reeds 'n leeftyd met wat ek as algemene kennis aanvaar. My punt is - en ek hoop van harte dat jy dit sal lees - dit 'n erge dwaling vir enigeen is (gelowig of ongelowig), om bloot op grond van 'n hipotese, ander se harte met kamstig soveel sekerheid te minag. Ek het werklik gehoop daar sal meer opgevoede debat rondom hierdie onderwerp gevoer word, maar nou ja, elke geleentheid wat jy het, ontsier jy ook selfs my deelname hier. Ek neem lank reeds aanstoot tot die drifte waarmee "ware gelowiges", hul geloof in die Bybel as feite ophef - eweneens die bravade waarmee ontnugterde Protestante, 'n Richard Dawkins so naïef glo. Ek het gehoop dat Angus 'n soortgelyke redenasie sou bring om die anderkant van die saak te voer. Ek is oortuig dat daar wel 'n mate van meriete in Richard Dawkins se rede is - wat dit kan wees, weet ek natuurlik glad nie op hierdie stadium nie. Dit sou egter net bewys het hoe min kamstige sekerheid daar aan beide kante is, dit, waarmee ander se harte so gedurig en onnodig hier verniel word. Nietemin Chris, dankie vir jou vraag en belangstelling andersyds. Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top