Die een is ons pa's, ooms, oupa's, oupagrootjies en hulle vrouens was gevoelloos; hulle het 'n bose beleid kondoneer wat swartes onderduk en uitgebuit het óf, net so erg, hulle was te dom om te besef wat aan die gang was.
Toe, hier in 1948 rond (toevallig wanneer 'n hoofsaaklik Afrikanerregering tot stand gekom het en die Engelse anti-Afrikanerpropaganda in felheid toegeneem het), het 'n gat in die osoonlaag ontstaan wat toe op een of ander manier 'n genetiese verandering in die Afrikaners teweeggebring het. Dít het toe tot gevolg gehad dat die kinders wat van toe af gebore was meer medemenslik en baie intelligenter as hulle ouers was.
Hulle was toe in staat om hierdie jarelange dwaling van hulle voorgeslagte raak te sien en het begin werk aan regstelling. Uiteindelik, hier teen die middel negentigs, het hulle toe, met die hulp van die Engelse pers asook die Afrikaanse pers teen daardie tyd, daarin geslaag om die land aan die regmatige eienaars, naamlik die Xhosas en hulle geallieerdes, te besorg.
Die ander skenario is dat ons voorouers nie so veel van ons verskil het nie, party was slim, party was nie so slim nie, net soos ons. Hulle het egter die land goed regeer, 'n beleid gehad wat die land laat gedy het (die groeikoers hier in die 60's was so iets soos 6%) en wat uiteindelik tot 'n stabiele gemenebes/federasie sou lei.
Maar, as gevolg van die land se strategiese belang (minerale, ligging, wie weet) sou 'n gedestabilseerde land beter wees (dink aan die spreekwoord 'taking candy from a kid') en die betrokkenes het die stryd (lees struggle) geïntensifiseer. Hulle het die ANC, wat al sedert 1912 teen die Britse goewerneurs struggle, 'n skraagdosis gegee – geld, beeldbou, buitelandse propaganda, die soort van ding. Hulle het die ANC as't ware uit die kas gehaal, afgestof, opgewen en losgelaat.
Soos die ANC gepoets was, was die destydse regering (in effek die Afrikaner) terselfdertyd ontpoets, met ander woorde met modder gegooi. Dit het so goed gewerk dat reisigers oorsee met die vuis bygedam is bloot omdat hulle uit Suid-Afrika afkomstig is. Hierdie negatiewe beeld was naderhand so sterk dat dit op Afrikaners afgevryf het, tot so 'n mate dat hulle naderhand ongemaklik was om Afrikaner genoem te word en hulle het hulle gewig by die struggle ingegooi sodat ons toe onsself uiteindelik in 'n land bevind waarvan die regering eintlik deur, noem dit maar die buiteland, daargestel is. Ons is effektief 'n Anglo-Amerikaanse kolonie.
Nie een van bogenoemde skenarios is heeltemal reg nie maar watter een is die naaste aan reg? Indien die eerste leef ons nou in iets naby aan Utopië, dink maar aan die skenario voorgehou in '92 aan die JA-stemmers: Veilige toekoms vir ons kinders, vreedsame naasbestaan, beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming ens ens. Dit is allermins die geval.
Indien die tweede leef ons in 'n land waar bogenoemde beloftes toe nooit realiseer het nie en Engels die amptelike taal is. Dit blyk die waarheid te wees; Engels ís die amptelike taal (ek twyfel of enigiemand in die absurditeit van 11 amptelike tale glo) en presies die teenoorgestelde van die JA-stembeloftes is aan die orde; geweld, misdaad en korrupsie vier hoogty, die infrastruktuur verval by die dag en ons groeikoers is pateties.
So, die tweede is dalk nie reg nie maar beslis 'n meer korrekte model want daar's poef in die poeding.
Jan Rap

