Renosters?

  • 4

In SA is dit 'n boerderye en ja, ek verstaan helse geldelike verlies as 1 gestroop word. My vraag bly, watter doel het renoster deesdae in die natuur?? Voor almal my in vlamme afskiet, man kan nie eens biltong uit die affêre maak nie! Ja, Francois Williams se mense glo hul kry helse horing uit hare van erge stink horing, wat nie waar is nie!

As jy 'boer' om horing wetlik te verkoop, is dit sinvol, maar andersins het renoster nie 'n 'vital' rol nie, maw natuur gaan nie ophou bestaan nie, diversiteit kan geknou word! Uit fossiel opgrawings, het honderde spesies uitgesterf en die natuur gaan net aan! Die seekoeie hou waterkanale skoon en is sinvol!

Olifante kan veld in woestyn verander as hul oorbevolk is! In Kenia het dit in sewentigs gebeur. Die renoster het nie natuurlike vyande oor nie en is half uit plek in die ewolusiegang van sake, nes olifante! Sou bome hoër groei, sou een tipe renoster in elk geval natuurlik uitgesterf het, as bome te hoog geword het vir hul.

So, slimjanne lig my in oor doel van renoster.

Hans Richardt

  • 4

Kommentaar

  • Hans: Dit is 'n fout om te wonder oor die doel van enigiets in die natuur, tensy jy KdK se tipe teologie onderskryf. 

     
    Dit is dalk meer sinvol om te wonder of die renoster (eintlik renosters, siende daar meer as een spesie is) vir ONS enige nut het. Die antwoord is ja: die goed bring miljoene in aan buitelandse valuta, en dit ten spyte daarvan dat ons nie wetlik die helfte van die wins uit hulle mag maak wat ons potensieël sou kon as die handel in horings wettig was nie. 
     
    Vele ekoloë is van mening dat ons versigtig moet wees om organismes in ekostelsels te klassifiseer as nuttig of nie nuttig nie, want 'n ekostelsel is 'n komplekse, geïntegreerde ding. Die vergelyking wat dikwels getref word is met 'n vliegtuig: gestel jy sit op tienduisend meter, en jy merk op iemand is besig om die vliegtuig se skroewe een vir een los te draai. Wanneer jy hom probeer keer sê hy jy hoef jou nie so te bekommer nie, want wat is dan nou die nut van hierdie of daardie skroefie? Sekerlik kan enige vliegtuig aanhou vlieg as jy die sitplekke losmaak? Of een skroef uit duisende uit die vlerk verwyder? 
     
    Maar jou senuagtigheid sou dalk nietemin geregverdig wees, want wie weet op watter punt die hele vliegtuig skielik aan stukke breek? Dalk werk ekostelsels dieselfde: jy kan een "nuttelose" spesie na die ander verwyder, en op 'n kritieke punt val die hele ding skielik uitmekaar. 
     
    Ek weet nie genoeg van ekologie om te kan sê of hierdie vrees geregverdig is nie. Ek is eintlik skepties, want daar is vele ekostelsels wat reeds baie skade gely het sonder om heeltemal in duie te stort, en vele ander wat in die eerste plek baie eenvoudig en spesie-arm is en nietemin oorleef. 
     
    Maar daar is 'n ander aspek hier, en dit is dat elke spesie 'n unieke genoom het, wat binne daardie spesie 'n unieke biochemie aan die gang hou. Spesies is soos boeke in 'n biblioteek, elk met 'n unieke stel inligting. Om spesies te vernietig, is soos om biblioteke af te brand. Ja, ons biblioteke kan seker funksioneer sonder Barbara Cartland se boeke. Of Steve Hofmeyr s'n. Of die Bybel. Elkeen het seker sy eie idee oor watter boeke "nuttig" is.
     
    Die oorweldigende meerderheid van die natuur se boeke het ons nog nie gelees nie. Meeste het ons om die waarheid te sê nog nie eers vlugtig deurgeblaai nie. In plekke soos die Amasone is daar ganse takbiblioteke vol boeke waarvan ons nog nie eers die titels ken nie. 
     
    En wat doen ons? Ons brand stelselmatig die hele ding af, op grond daarvan dat meeste van dié boeke tog sekerlik nie veel nut het nie. Ons weet nog nie eers of hulle pulpfiksie is of ensiklopedieë van onskatbare waarde nie, dan gooi ons hulle reeds op die brandstapel. 
     
    Wie weet in watter genoom daar dalk 'n kuur vir kanker opgesluit lê, of die sleutel tot tien keer meer produktiewe landbou? Ons brand ons biblioteek nog voor ons die boeke eers oopgemaak het. 
     
    Dit is bra kortsigtig, as jy my vra.
     
  • Hans Richardt

    Nee wat, een moerse geteem en geen direkte antwoord. Wat is die NUT van renosters in die ekologie. Antwoord my vraag. Is hulle saadverspreiders of trap hul net paadjies oop vir kleiner boksoorte? Fok die lang nuttelose analogie oor aeroplane ...

  • Hans lyk my is goed gatvol! Ek is `n eks-natuurbewaarder iewers tussen 40 en papvrot en kan jou dalk help. Die Swartrenoster is `n blaarvreter (Eng "browser") - hy vreet ook saam met die blare sade van kleinerige bome en struike en versprei dit so: Hy reverse in `n bos in en laat gaan alles wat hy gevreet het, saam met die sade in `n groot hoop mis wat hy met sy agterpote uitmekaar krap. Daar lê die sade dan en wag vir die reën, klaar bemes en reg om te groei. So hy versprei wel sade, maar of dit hom nuttig genoeg maak om te beskerm vir die nageslag is `n ope vraag.
    Dit is egter moeilik om te besluit watter kriteria `n spesie belangrik genoeg maak om te bewaar - en wie gaan hierdie kriteria saamstel? As iemand waarde heg aan iets van die dier bv om hom op te vreet, is dit dan genoeg rede om hom op die lys te sit?
    Nou is daar genoeg mense wat glo dat renosterhoring ingeneem deur jou mond (of gesnuif?) of aangesmeer of so iets baaaie lood in jou potlood sit en dan sover gaan om renosters vrek te maak en te smokkel met die horing(renoster). Ek sou dink dit is genoeg rede om die renoster op die bewaringslys te sit, want wat de hel gaan diesulkes met die pap pietertjies doen as die goed(horings) opraak?

  • Hans Richardt

    WimC, goeie eenvoudige antwoord. Vraag bly, vervul renoster nog die natuurlike rol in eko-sisteem op plase? In wildtuin verstaan ek. Ek het al renosterhoring in bewysstukkamer geruik en amper gekots van reuk.
    My opinie, laat boere boer en produkte bemark. Beskerm dit wat wild is.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top